1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6456553

Besoekers aanlyn

Ons het 22 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

TUSSEN DIE WAARHEID EN DIE LEUEN SKUIL DAAR ONSEKERHEID

Die waarheid en die LeuenKan die mens se sinne so verblind word dat hy nie die waarheid van die leuen kan onderskei nie? As dit moontlik is, wat ís dit dan wat die onderskeidingsvermoë van die mens só vertroebel dat hy onoortuigd van of die waarheid of die leuen, binne die grysgebied van neutraliteit, die “goue”middeweg van ontkenning betree. Alles is reg en almal moet hulle siening gegun word en daarom onbetrokke en onoortuigd van reg of verkeerd, almal se vriend en alles se onvoorwaardelike ondersteuner. Die Engelsman sê, “I’ve got principals, but if you don’t like them, I’ve got others!”

WAT SÊ DIE BYBEL

Vanuit Bybelse perspektief bestaan daar onder andere twee feitlikhede met betrekking tot die leuen. Die eerste het te make met die stryd tussen lig en duisternis waar die Satan beskryf word as die vader van die leuen. Só geslepe en só verleidelik dat hy bestempel word as instaat om homself voor te doen as God en selfs op die troon van God sal sit asof hy God is.

Tweedens dat God self die krag van die dwaling sal stuur om die leuen te glo aan hulle wat die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

II THESSALONICENSE 2: 3 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

FOPNUUS

Die nuwe woord vir vir leuen of liegstories is simptomaties van die leuenwêreld waarin ons woon, waar die leuen in sy moderne gekamoufleerde baadjie van versagting deur nuwe woorgebruik, by die waarheid verby gesnel het. Onopgemerk figureer hy in die grysgebied van ontkenning waar daar ‘n ontvanklikheid bestaan sodat die waarheid eintlik beskaam word wanneer iemand sou waag om dit te probeer verdedig.

Openlike verkondiging van die leuen oor gronddiefstal deur dit grondhervorming te noem.

Openlike verkondiging van die leuen vir finansiële diefstal deur dit BBBEE (Broad Based Black Economic Empowerment) te noem.

Openlike verkondiging van die leuen van gelykheid deur die verheffing van onverdienstelike onbevoegdheid.

Openlike leuens oor ‘n virus pandemie deur kunsmatige manipulering van Covid 19 verspreiding en sterftes teneinde die Nuwe Wêreld Orde se “Een Wêreldregering, Een Wêreldtaal, Een Wêreldgodsdiens en Een Wêreldgeldstelsel af te dwing.

Dit is eers as jy op hierdie gebeure terugkyk dat jy besef dat hier iets drasties verkeerd is! Met die hele hoofstroom media wêreldwyd, feitlik al die regeringsleiers, dokters, professors, geldmagnate, wat tenspyte van wetenskaplik bewese feite tot die teendeel, almal saamwerk om die wêreldbevolking te beheer met ‘n leuen, dat ‘n gelowige begryp dat die Kommunisme alles behalwe dood is!

Die onsekerheid wat deur ‘n persepsie geskep word omdat ons gees van onderskeiding só afgestomp geraak het dat ons liewer sal buig onder die leuen as om in verset te kom in geloof op sterkte van die waarheid! Wat ‘n waansinnigheid dat die mens so verblind geraak het dat selfs die Woord van God en wonderwerke vanuit ons eie geskiedenis nie meer afdoende verweer is teen die aanslae van die bose nie!

Dat Voorpost in België se Den Haag, ‘n plakaat om Mandela se nek gaan hang het om vir al dié wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid van die terrorisme, tot die waarheid wakker te maak, is ‘n lig in die duisternis in Europa! Hulle is dáár voorwaar die VOORPOS van politieke nugterheid en moed en durf, ‘n inspirasie vir strydende Afrikaners. Die AVP sê dankie aan veral daardie vier manne en die organisasie wat deur hulle verteenwoordig word. Dít is sigbare weerstand teen die leuen wanneer jy bereid is om in die bres te gaan staan terwyl niemand anders die moed het nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie