1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6406316

Besoekers aanlyn

Ons het 22 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DUITSLAND, DIE VERENIGDE KONINKRYK, EN DIE VSA HET 'N ' ONGEKENDE ' BRIEF AAN RAMAPHOSA GESTUUR

Dit was in Februarie 2019! Die brief het onder andere gesê: “dat daar 'n "duidelike, ongekwalifiseerde en gemanifesteerde politieke verbintenis tot die oppergesag van die reg, die onafhanklikheid van die regbank en tot eerlike en etiese sakepraktyke" moet wees.

Lande wat hierdie memorandum onderteken het was Duitsland, die Verenigde Koninkryk, die VSA, Nederland en Switserland wat aan die presidensie geskryf het deur hul missies in Pretoria, en gewaarsku dat Suid-Afrika duidelik teen korrupsie moet beweeg.

Dit is nou een jaar en vyf maande later en die ANC regime het hom afgevee aan daardie memorandum. Van alles wat daarin staan het dadels gekom. Daar is nou nog niemand toegesluit vir korrupsie van etlike miljoene tot miljarde rande wat gesteel, weggeraak, sonder goedkeuring aangewend of bloot net verduister is nie.

Daar is wel mense toegesluit wat die K-woord gebruik of hulle lewens of eiendom probeer beskerm het, of gedreig omdat hulle die ou landsvlag gewaai het! Mense word gearresteer en toegesluit wat die onwettige inperkingsreëls oortree, terwyl bewese volksmoord op die Afrikanervolk deur die vingers gesien en ontken word.

 

Is daar nog mense wat die mening toegedaan is dat daar vir ons hulp van hierdie lande gaan kom as hierdie powere, politieskorrekte memorandum die somtotaal van hulle hulp is aan 'n volk wat op ongeregtige wyse, waartoe hulle almal behulpsaam was, besig is om uitgewis te word? Dit net vir die ekonomiese voordeel wat hulle ten koste van ons voortbestaan daaruit verkry het?

 

Dr. H.F. Verwoerd se waarskuwing aan Harold Macmillan na sy “Winds of Change’ toespraak dat: “Ons matig ons dit nooit aan om die toepassing van ander beleidsrigtings in die gebiede waarvoor u (Brittanje) verantwoordelik is te kritiseer nie, maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigtings groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.”

 

Kan daar in die lig van wat ons volk vandag beleef nog enige twyfel wees dat dr. Verwoerd se insig én vêrsig in die politiek, elke leier van elke volk wat hom destyds kritiseer het, nie net in die skadu stel nie, maar hulle onvermoë as leiers vir die tyd waarin hulle leiding moes gee, soos vrot appels in ‘n vrugtebak met net een goeie en gesonde appel, blootlê!

 

Afrika as aanskouingsles vir die gehele blankedom in die wêreld is besig om na Suid Afrika te verskuif. Mag die huidige leierskorps van die wêreld iets daaruit leer en die nodige aanpassings maak terwille van elkeen van hulle volke se oorlewing!

Laat elke ras gegun word om homself te wees volgens sy eie aard en behoefte en dan oor homself te regeer binne sy eie grondgebied sonder die inmenging van magte en volke van buite.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie