1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6364177

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GETALLE POLITIEK WYS SY TANDE VIR SUID AFRIKA SE EKONOMIE

De Klerk vra verskoningTerwyl blanke kleinsake tot niet gaan en sommige ander sukkel om te bestaan na aanleiding van die onoordeelkundige inperking deur die regime, word biljoene rande selektief aan staatsorganisasies uitgedeel waarvan die Taxibedryf die grootste ontvanger is. ‘n Maksimum van R350 miljoen rand per organisasie volgens Fikile Mbalula

R5,000.00 per huurmotor as vergoeding vir die “verlies” tydens die Covid 19 inperking, is nie genoeg nie, eis die taxi eienaars. Dit moet tenminste R20,000.00 per huurmotor wees. R1.135 biljoen rand wat in die taksiebedryf ingepomp sal word, is net ‘n gedeeltelike verligting vir die inperking, het die Transport minister Fikile Mbalula gesê.

Terwyl die Suid Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) se nasionale segsman, Thabiso Molelekwa kla dat die taxibedryf nie deur die regime gesubsidieer word nie en hulle dus geregtig is op vergoeding vir hulle verlies as gevolg van die Corona virus, laat dit ‘n mens wonder.

As hulle hieroor so ‘n bohaai opskop en staak, waarom so stil oor die brandstofprys? Wat van die regime se hulp met die aankoop van hulle voertuie? Met ‘n ekonomie wat laer as rommelstatus voortstrompel en ‘n groeikoers wat net ellende voorspel, kan hierdie soort van eise, indien daaraan toegegee word,onherstelbare skade aanrig aan die reeds flenter ekonomie.

Indien die regime dit weier, bestaan die potensiaal vir verdere taxistakings en gevolglike werksverlies en verlies aan inkomste van pendelaars. Dit sal noodwendig lei tot onlus en verdere vernietiging van eiendom van onskuldige landsburgers, staatseiendom en infrastruktuur.

Die voorspelde gevolge van die afwyking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling, hou net nie op nie! Getallepolitiek, die “gelykheidsbeginsel” van Een-mens-een-stem wat in “die mees moderne demokratiese” grondwet van die eeu beliggaam is, deur die ANC beding saam met de Klerk en sy aanhangers, is besig om alles in sy pad te verteer soos wat Albert Schweitzer gewaarsku het uit sy meer as twintig jaar se ervaring in Afrika.

Kom F.W., kom erken en bely voordat jy jou laaste asem uitblaas, dat jy die Afrikanervolk mislei het, dat jy saamgesweer het met die vyande van ons volk en dat jy jammer is daaroor! Dan kan ‘n mens darem voordat jy ons verlaat nog ‘n mate van respek vir jou herwin. Mag jou gewete jou daartoe dwing sodat jy in vrede met jouself jou ewigheidsbestemming kan tegemoet gaan.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie