1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6364221

Besoekers aanlyn

Ons het 66 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GEHEIME SAMESWERING, DIE ONDERGANG VAN GEREGTIGHEID SEDERT DIE 1960’s

Broederbond skakelsDit was in hierdie eeu dat die aanslag op alles wat waardevol, eerlik, geregtig, Godgerig en ewigheidswaarde gehad het, met onheilspellende en diaboliese geheime en onderduimse sameswerings, met oorgawe aangetas is en momentum gekry het met verloop van tyd, tot vandag toe!

Dit het nie gestuit vir moord op kinders, individuele mense, leiers en selfs volke nie! Die huidige blootlegging van kinderhandel, pedofilia en afstootlike seksuele misbruik van klein kindertjies, jong meisies en seuns deur hooggeplaastes, wêreldwyd en selfs sprake van hier by ons, het die noodsaak vir die skyn van lig op die verderflikheid van wat bekendstaan as “Conspiracy Theories” ten einde dit as fiksie te kan afmaak, onontbeerlik gemaak, veral omdat dit nie teorië is nie maar werklike en vernietigende sameswerings!

Die AVP sal in ons land daarin voorgaan en aanhou om wat in die donker gebeur agter deure en grendels en wat ons volk saam die donker ingesleep het, bly ontbloot soos wat ons inligting daaroor beskikbaar raak.

Wat hier onder volg was die tydige waarskuwings en ontleding van wyle mnr. Jaap Marais, opgeteken in een van sy boeke: “AFRIKANERNASIONALISME EN DIE NUWE SUID AFRIKA”. Een van vele Afrikanerleiers wie se insig en kundigheid wat die ellende wat ons vandag ervaar sou kon afweer! Deur die wanstaltige indien nie waansinnige politiieke denke van karakters soos de Klerk, Botha, Meyer en Kortbroek was dié waarskuwings nie net aangehoor en as snert afgemaak nie, dit is verdaggemaak, aangeval en as leuens en karakterskending bestempel. Daarin is hulle ondersteun deur feitlik elke kabinetslid van hulle tyd, vervalle kerke, kerkleiers en kerkorganisasies wat hulle argumente verskuil en probeer regverdig het in die selektiewe vertolking van God’s Woord.

 

U moet dit asseblief met aandag lees en aan u kinders en hulle kinders oordra terwille van die kennis wat so broodnodig is om sinvolle en ingeligte besluite te kan neem wanneer dit nodig is! Wat u hier gaan lees is feite wat gekulmineer het in die gevolge wat Marais voorspel het en wat ons vandag beleef!

 

Broederbond as wegbereider vir Swart regering

In 1987 is in 'n publikasie van die Universiteit van Pretoria se Departe-ment van Staatsleer oor "Politieke Hervorming in Suid-Afrika" 'n uiteen-setting deur my gegee van die verwagte konstitusionele stappe deur die Regering aan die hand van 'n Broederbond-dokument van 1986.

In die artikel is onder andere voorspel dat die NP met die ANC sou begin onderhandel en die beginsel van 'n Swart regering sou aanvaar, soos drie jaar later in 1990 gebeur het.

Die tersaaklike deel van die stuk volg hier onveranderd, soos dit verskyn het:

Die mees betekenisvolle aanduiding van konstitusionle beplanning in Nasionale Party-kringe is die Werksdokument van die Afrikaner-Broe-derbond wat verlede jaar aan sy afdelings gesirkuleer is.

 

Die betrokke Werksdokument sny oor die hele sosiale en politieke be-stel, en die terminologie stem in hoe mate ooreen met die van die Nasionale Party in sy publikasies. Die moontlikheid is nie uitgesluit dat dit op-gestel is in noue samewerking met die Departement van Konstitusionele Ontwikkeling nie.

Daar word in die dokument verklaar dat "groepsbelange oor kleur-grense heen kan strek"; "die afskaffing van statutere, diskriminerende maatreels moet beskou word as voorwaardes vir voortbestaan"; "diegren-se van taal- en kultuurregte van groepe is nie so vas omlyn dat dit as die ver-trekpunt vir die skepping van alle strukture beskou kan word nie"; "daar behoort dus bewustelik daarteen gewaak te word dat taal- en kulturele regte kunsmatig so breed vertolk word dat eksklusiewe Blanke beheer oor sake wat ander ook raak, in die nuweprosesse behoue bly"; "etnisiteit impliseer nie die verabsolutering daarvan nie", ens. ens. Dit is betekenisvol dat by paragraaf 2.8 verklaar word: "Almal moet die terminologie wat gebruik word, eenders vertolk".

Samehangend met bogenoemde idees, maar in 'n mate tot negative-ring daarvan, word dit dan gestel: "vryheid van assosiasie, insluitend die reg om te assosieer en nie te assosieer nie, is relevant — dit behels dus ook erkenning van die vorming van ope groepe".

Botsende stelsels

Die gedagte is derhalwe dat rassevermenging naas rasseskeiding 'n er-kende leefwyse moet wees. Dit skep die voorwaarde vir botsende stelsels en vir 'n geleidelike verdringing van rasseskeiding deur rassevermenging. Dit gaan hier om iets soortgelyks as die Wet van Gresham in die geldwe-se, naamlik dat slegte geld goeie geld verdring. In die samelewing vereis rasseskeiding sterk dissipline, aansienlike inspanning en strawwe maatreels van die owerheid, net soos die handhawing van 'n monetere stelsel waarin die geldeenheid self waarde het, soos in die geval van goud of silwer. Sodra papiergeld ook as betaalmiddel erken word, verdwyn "die goeie geld" uit sirkulasie.

 

Aan die ander kant is 'n beleid van rassevermenging 'n "laat-maar-loop-stelsel" wat geen dissipline of inspanning of strawwe maatreels van die owerheid vereis nie. Weens die menslike aard is die geneigdheid na 'n bestel wat min inspanning en dissipline vereis, en is die natuurlike gang van sake dat die "laat-maar-loop-stelsel" die oorhand kry, veral met be-hulp van die media, wat dit as navolgenswaardig voorhou, soos sommige media in Suid-Afrika reeds rasgemengde huwelike aanbied.

Die feit dat die Broederbond ingryping in die sosiale orde as 'n voorwaarde vir ingrypende grondwetlike verandering behandel, dui daarop dat daar besef word dat die grondwetlike bestel moet rus op 'n sosiale on-derbou wat in ooreenstemming daarmee is.

Nuwe orde

Hoe ver die denke in die rigting reeds gevorder het, blyk uit die feit dat die Broederbond in die betrokke dokument die scenario vir die beoogde grondwetlike bestel redelik volledig skets sover dit die Swartes se posisie betref.

"Dit is dus nodig" word verklaar, "dat alle burgers van die staat effek-tief moet kan deelneem aan die wetgewende proses, sowel as die proses waardeur die regering aan bewind gestel word". (Par. 3.4) Verder: "Dit beteken deelname op alle vlakke van besluitneming en in alle prosesse wat hulle belange mag raak". (Par. 3.6)*

(*   Dit en wat daarna volg, is byna presies wat mnr. De Klerk as NP-bcleid aangekondig het op 2 Februarie 1990.)

 

Hierna volg een van die paragrawe wat konkrete inhoud aan die staat-kundige model gee. "Dit beteken", lui dit "dat almal moet kan dien op die hoogste wetgewende en uitvoerende vlakke, wat ook al die toekomstige staatkundige stelsel. Dit kan inderdaad ook beteken dat in sommige model-le die staats- en of regeringshoof nie noodwendig 'n Blanke is nie (soos trouens tans nie uitgesluit is nie), maar die amp moet sodanig ingeklee en deur die uitvoerende gesag ingebind word dat die mag daaraan verbonde nie vir groepsoorheersing aangewend kan word nie". (Par 3.7)

Swart regering en geen waarborg

Die aanvaarding van die moontlikheid van 'n Nieblanke staatspresi-dent impliseer dat hy deur 'n Nieblanke meerderheidsstem verkies sal kan word. En in 'n volgende paragraaf word die betoog deurgetrek na die logiese konsekwensie. "Dit beteken", word verklaar, "dat daar nie meer'n Witverskanste regering kan wees nie. Daar kan egter ook nie 'n Swartver-skante, of byvoorbeeld 'n Zoeloe-verskante, regering wees nie. Die meer-derheid van die regeringslede kan wel Swart wees, maar die stelsel en prose-dure moet so werk dat al die groepe effektief kan deelneem en nie deur een groep gedomineer word nie". (Par. 3.9)

 

Met die aanvaarding van die vooruitsig van 'n Swart meerderheidsregering is die eerste groot woord gespreek. Die betekenis daarvan word be-klemtoon deur die derde laaste paragraaf. '"n Toets wat ons vir die aan-vaarbaarheid van 'n stelsel rnoet aanle", lui dit, "moetaltyd wees wat in ons belang sou wees indien ons byvoorbeeld in opposisie beland". (Par. 4.3) Daarmee word enersyds gesuggereer dat die Blankes uit die regerings-mag sal verdwyn en in opposisie teen 'n Swart regering te staan sal kom en andersyds dat daar op een of ander wyse voorsiening gemaak kan word om die Blankes se belange te beskerm, indien dit sou gebeur. Maar met byna skokkende abruptheid word in die daaropvolgende sin verklaar: "Verder moet ons ook daar op let dat menslik gesproke daargeen waarbor-ge bestaan nie. Ons moet in terme van berekende risiko's dink..." *

(* De Klerk het dus as Broederbondlid aanvaar dat daar geen waarborg vir Blankes se regte kan wees nie.)

 

Daarmee is die tweede groot woord uit: Al die gerusstellings dat daar nie groepsoorheersing sal wees nie, dat die regte en aspirasies van groepe beskerm sal word, dat die staatshoof se mag ingebind sal word sodat daar nie groepsoorheersing sal wees nie, dat die prosedure so sal werk dat die groepe nie deur een groep gedomineer sal word nie, ensovoorts, is daarmee weggevee. Die slotsom is dat die Blankes hulle daarmee moet ver-soen dat hulle politieke mag oorgedra sal word aan 'n Swart meerder-heidsregering, dat die Blankes in oppposisie sal beland, met die waar-skynlikheid van geen waarborg van enige regte nie. Dit is in elk geval die nugtere verwagting in die Iig van die politieke lot wat ander Blankes in Afrika getref het nadat hulle ingestem het tot die beginsel van magsdeling met Swartes. Grondwette en handveste van regte was stukkies papier en is na willekeur misken of herroep, sonder dat die Blankes enige beroep op beskerming gehad het.

ANC betrek by politieke mag

Waar die Broederbond tot hierdie naakte erkenning gevoer is, kon die noodwendige voortvloeisel daaruit, a l'Afrique, nie vermy word nie. Dit is dat, soos in Kenia, Zambie en Zimbabwe, die terroriste-organisasies as gelykes aan die grondwetgewende proses moet deelneem. Die slotpara-graaf van die Broederbonddokument lui dan ook soos volg: "Dit is nood-saaklik dat verteenwoordigers van verskeie magsgroepering aan die opstel van 'n nuwe grondwet deelneem. Daar moet getrag word om die wyds moontlike verskeidenheid tot deelname te beweeg. Dit sluit groeperinge in wat deur hulle nie-deelname of uitsluiting 'n nuwe grondwet kan laat mis-luk, al voldoen hulle aan die besliste voorvereiste van die afswering van ge-weld". (Par. 4.5)

 

Daar kan geen twyfel aan wees dat hierdie enigsins kriptiese beskry-wing die ANC identifiseer as die groepering wat moet voldoen aan "die voorvereiste van die afswering van geweld". Wat in hierdie paragraaf be-skryf word, is die gestandaardiseerde wyse waarop 'n terroriste-organisa-sie sy eerste vroee greep na die hefbome van mag maak. Die terroriste-oorlog kan nie deur horn gewen word nie. Dit kan net by die konferensie-tafel verloor word deur die staat wat aangeval word.

Dit is vanselfsprekend dat as die Kommunisties-beheerde ANC deel moet he aan die opstel van 'n grondwet, hy ook deel moet he aan die handhawing en toepassing van die grondwet, en dat dit aan horn onbe-twisbare reg gee om deel te he aan die regeringsmag. Vanaf so 'n eerste vastrapplek in die mag word met onverbiddelikheid op velie wyses ge-druk en gebeur na groter vastrapplek. En uit die aard van die saak word die morele en prinsipiele weerstand al minder—totdat dit kraak en breek voor "die historiese noodwendigheid" van die Marxisme. So het Suider-Afrika stuk-vir-stuk voor die Kommunistiese imperialisme geval.

 

Dat die Broederbond hierdie waarskynlike uiteinde van ANC-deelna-me aan 'n grondwetlike konferensie insien, moet aanvaar word, anders moet die veronderstelling wees dat die opstellers van die dokument polities oningelig en stompsinnig moet wees, wat seker nie die geval is nie.

Die aanskouingsles van Afrika is dat wanneer daar begin word met magsdeling oor die rassegrense, dit 'n onophoudelike proses word wat sy eie momentum ontwikkel tot die laaste paaiement van magsdeling betaal is in die vorm van magsoordrag.

(Hierdie vooruitskouing van 1987 is dus werklikheid in 1990).

NP-leiers gebind deur Broederbond

EK het op 16 Februarie 1987 die volgende brief hieroor gerig aan die toenmalige provinsiale leiers van die NP, naamlik mnr. FW de Klerk, mnr. Chris Heunis, mnr. Kobie Coetsee en mnr. Stoffel Botha:

"In die komende algemene verkiesing wil u party 'n mandaat he vir magsdeling met die Swartes van Suid-Afrika. U het egter nog geen aanduiding gegee van wat die aard en omvang van die magsdeling sal wees nie. Waar dit so 'n ernstige saak is, is dii versuim onrusbarend.

"Dit is veral onrusbarend omdat die Broederbond, waarvan u 'n lid is, in sy onlangse geheime werksdokument met die titel 'Basiese staatkundige voorwaardes vir die voortbestaan van die Afrikaner', 'n uiteensetting van magsdeling met Swartes gegee het wat van uiters ingrypende aard is.

"In die geheime dokument word die terminologie gebruik wat eie aan u party geword het, soos byvoorbeeld 'voortbestaan in geregtigheid', 'groepsregte wat nie verabsoluteer moet word nie', 'deelname op alle vlakke van besluitneming', 'magsdeling moet sodanig wees dat daar nie groepsoorheersing sal wees nie', 'die regte en aspirasies van groepe moet beskerm en bevredig word', ens.

"Die Broederbond-dokument gaan egter veel verder en gee duidelik in-houd aan hierdie frases deur onder andere te se dat die beoogde magsdeling met Swartes 'inderdaad kan beteken dat in sommige modelle die staats- en/ of regeringshoof nie noodwendig 'n Blanke is nie', en dat 'die meerderheid van die regeringslede wel Swart kan wees'. (Par 3.7 en 3.9)

 

"Hieruit is dit duidelik dat hoewel die waarheid nog effe vermom word deur woorde soos 'in sommige modelle', die Broederbond horn in die ge-heim verbind het tot aanvaarding van 'n Swart meerderheidsregering en 'n Swart (of Nie-Blanke ) President

"Wat hierdie slotsom beklemtoon, is die stelling by par. 4.3 van die Broe-derbond-dokument, naamlik dat die toets vir aanvaarbaarheid moet wees wat in ons belang sou wees 'indien ons byvoorbeeld in opposisie sou be-land'. Dit beteken dat die Broederbond in vooruitsig stel en erken dat vol-gens sy konstitusioneleplan die Blankes in opposisie sou kan beland teen 'n Swart meerderheidsregering. En dan word in die paragraaf verder gese: 'menslik gesproke kan daar geen waarborge bestaan nie', dit wilse die her-haalde versekerings dat die aspirasies van groepe wat beskerm en bevredig moet word' en dat daar 'nie groepsoorheersing' moet wees nie, is ydel praatjies. °n Swart meerderheidsregering sal uiteraard die veiligheidsmag-te beheer en sal die Blanke opposisie en Blanke volk magteloos en regteloos laat: daar is geen waarborge nie.

Skuld aan kiesers

"Hoe ver die Broederbond al van links geinfiltreer en gekondisioneer is, blyk uit die laaste paragraaf van die geheime dokument waarin gese word dat die wyds moontlike deelname aan die opstel van 'n grondwet verseker moet word, en dan word verklaar dat ook 'dié wat moet voldoen aan die spesifieke vereiste van die afswering van geweld', ingesluit moet word — 'n onmiskenbare identifisering van die ANC.

"Dit is derhalwe onbetwisbaar dat die Broederbond die ANC in 'n na-sionale konvensie by die opstelling van 'n nuwe grondwet betrek wil he. En natuurlik as die ANC 'n grondwet help opstel vir Suid-Afrika, sal die ver-bod op die ANC opgehef moet word, sal hy sy bedinging uitoefen deur re-wolusiegerigte aksies, en sal die Regering as 'n deelnemende party aan so 'n konvensie feitlik verlam wees. Dit is presies waarna die Kommunistiese Party strewe. Uit so 'n konvensie moet 'n regering kom waarin die ANC verteenwoordig sal wees, metsy Kommunistiese beheer. Dit is diepolitieke resep waarmee die Kommuniste hulle magsgreep gewoonlik uitvoer: hulle frontorganisasie (die ANC) moet net eers deel van die regering word.

 

"Niemand kan so naief wees om te dink dat die Broederbond nie weet dat dit is waarop sy geheime grondwetplan sal uitloop nie. Die indruk is on-ontwykbaar dat die Broederbond gebruik word om onder Afrikaners hierdie ondermynende idees en verwoestingspolitiek te bevorder.

"U is lid van die Broederbond, soos die groot meerderheid van u mede-Kabinetslede, die Staatspresident inkluis, en die groot meerderheid van die NP-koukus.

 

"U skuld dit aan die kiesers om te verklaar hoe dit moontlik is dat die Broederbond hierdie infame geheime plan vir 'n Swart meerderheidsregering, met die Kommunisties-beheerde ANC daarby ingesluit, onder sy lede kan propageer as u en ander belangrike NP-figure wat Broederbondlede is, nie daarmee akkoord gaan nie.

"Uit my kennis van Broederbondprosedure tydens my lidmaatskap van 1949 tot 1972 is dit heeltemal ondenkbaar dat die Broederbond so 'n radi-kale dokument sou uitvaardig sonder die medewete en goedkeuring van die Broederbondlede wat NP-leiers is. Die feit dat na verloop van maande waarin hierdie ondermynende dokument openbaar gemaak is, u of enige ander NP-leier dit nog nie gerepudieer het nie, bevestig my afleiding dat u en ander NP-leiers nie beswaar teen die dokument het nie, of dat u magteloos is teen die geknoei van die Broederbond.

"U staan beskuldig daarvan dat u deur u Broederbondlidmaatskap deel het aan hierdie verraderlike gekonkel agter die rug van die Blanke volk om die ANC deur 'n nuwe grondwetlike proses in die regering te laat deel as voorspel tot 'n noodwendige Kommunistiese oorname as eindresultaat.

"Ek wil u vra om aan die kiesers van Suid-Afrika duidelik te se hoe u u Broederbondlidmaatskap regverdigas u nie hierdie geheime geknoei goed-keur om die Blankes uit te lewer aan 'n proses wat noodwendig sal lei tot 'n toekomstige Swart Kommunistiese regering".

Beteuterde antwoord

Daarop het mnr. FW de Klerk geantwoord. Sy brief was baie kort. Die tersaaklike deel het soos volg gelui:

"Ek erken ontvangs van u brief van 16 Februarie 1987. U het ditgoedge-dink om ook 'n gelykluidende brief aan die ander drie Provinsiale Leiers van die Nasionale Party te skryf.

 

"Namens die vier Provinsiale Leiers van die Nasionale Party wens ek mee te deel dat ons geen behoefte daaraan het om per korrespondensie of andersinds met u in dispuut te tree oor dokumente van ander organisasies nie".

Dit is 'n ongelooflik beteuterde en waarheidontwykende antwoord op 'n brief waarin 'n saak van die grootste politieke belang uitvoerig behan-del is, met uiters sterk morele implikasies vir De Klerk en sy kollegas. Die brief het aan hulle die geleentheid gegee om 6f die Broederbonddoku-ment te repudieer of dit te onderskryf. Dit is wat politieke eerbaarheid vereis het.

 

Die antwoord kan net beteken dat hoewel De Klerk en sy kollegas as Broederbondlede reeds in 1986 verbind was tot aanvaarding van die Kom-munisties beheerde ANC as gespreksgenoot oor Suid-Afrika se toekoms en tot die beginsel van Swart regering, sonder enige waarborge vir die Afrika-nervolk se waardes en regte, hulle verkies het om die kiesers daaroor be-drieglik in die duister te hou.

Hulle het dus as NP-leiers 'n geheime agenda gehad, en het kiesers mislei oor die ingrypende beleid waartoe hulle verbind was weens hulle Broederbondlidmaatskap.

 

Geen party en geen partyleier kan met selfrespek daarop aanspraak maak nie dat die gebruik van sulke oneerbare politieke metodes aan horn 'n mandaat besorg. De Klerk en sy kollegas se aanspraak dat hulle 'n man-daat het vir hulle uitverkoping van die Blankes aan 'n stelsel van een mens, een stem, Swart meerderheidsregering en medeseggenskap van die Kommunistiese Party deur die ANC, is vals en blote bedrog.

Wat net so belangrik is, is dat die Broederbond nou geidentifiseer is as 'n instrument van verraad van die Afrikanervolk.

Menseregte-akte moet Swart regering onomkeerbaar maak

Die aandrang op "onomkeerbaarheid" van die staatsorde waarop af-gestuur word, hou duidelik verband met die plan om 'n Akte van Mense-regte in 'n nuwe grondwet in te skryf.

Hierdie aspek van die saak is wesenlik aan die beplanning van 'n stel-seJ waardeur teeristanders van 'n rasgemengde staat onder 'n Swart rege­ring magteloos gestel moet word.

 

Die HNP se standpunt hieroor, soos vroeer in DIE AFRIKANER ge-publiseer, is met geringe wysigings en toevoegings aan die Suid-Afrikaan-se Regskommissie voorgele toe kommentaar gevra is oor die wenslikheid al dan nie van 'n Akte van Menseregte in Suid-Afrika:

Die inkorporering van 'n Handves van Menseregte in die Suid-Afrikaan-se Grondwet word bepleit vanuit sekere regsakademiese kringe.

 

Daar word aangevoer dat so 'n verklaring 'n doeltreffende wyse sal wees waar­op beskerming gebied kan word aan individuele regte van alle persone. S6 'n verklaring, lui die argument, staan bokant die tydelikheid, veran-derlikheid en onvoorspelbaarheid van politieke wisselinge. Derhalwe sal geen individu enige rede tot kommer oor die stand van sy regte he nie, omdat watter regering ook al die bewind voer, hy aan die bepalings van die menseregtedeklarasie onderworpe sal wees en binne die beperkings daarvan sal moet optree. Die Verklaring sal verhewe staan bo ander wet-te weens die onbuigsaamheid daarvan: 'n twee-derde of selfs groter meer-derheid (of 'n sogenaamde konsensusbesluit) word vereis om die bepa­lings ongedaan te maak. Derhalwe is dit geinsuleer teen sosio-politieke veranderinge, onaangetas deur magsverskuiwings en bied dit 'n klinkkla-re en permanente beskerming van regte.

 

Die politieke swakhede van voormelde argument is so duidelik dat dit byna geen kommentaar behoef nie. Om te dink dat 'n blote grondwetlike dokument in die pad kan staan van politieke magte wat dit wat in die do-kument vervat is, wil vernietig, grens onteenseglik aan wensdenkery. Po­litieke magsvergryp word nie voorkom deur teoretiese verklarings nie, maar deur teenoorstaande politieke magte wat mekaar bedwing en balan-seer.

Parlement moenie soewerein wees

Wat wel aandag verg, is die denkpatroon inherent by diegene wat De-klarasies van Menseregte voorstaan.

Die fundamentele vertrekpunt van protagoniste van die idee is dat be-paalde politieke instellings, soos die Parlement (waarin 'n bepaalde poli­tieke party dominant is) tot elke prys nie soewereiniteit mag uitoefen nie. Parlementere of soortgelyke vorme van politieke soewereiniteit mag nie die fondamentsteen van 'n konstitusionle bestel wees nie.

 

Wat in die plek daarvan gestel word, is die beginsel van regsoewereini-teit, wat kortliks soos volg moet fungeer: die grondwet moet die beginsel uiteensit waarvolgens politieke besluite geneem moet word; die grondwet moenie net die strukture en prosesse beskryf waarop die poli­tieke besluite geneem moet word nie, maar ook die ideologiese prinsipe vervat, as synde 'n maatstaf waarvolgens beslissings geneem word ; die grondwet moet derhalwe duidelik nie slegs die wyse nie, maar ook die po­litieke inhoud van besluite bepaal.

 

Die grondwet moet ook gekenmerk word deur die onbuigsame aard daarvan, wat inhou dat dit uiters moeilik vervang of gewysig kan word, so-dat die voor-die-hand-liggende implikasies daarvan is dat toekomstige re-gerings, ongeag of hulle met die beginsels in die grondwet saamstem of nie, verplig sal wees om daaraan gehoor te gee, die grondwet synde dan 'n regsdokument wat voorgee dat aan regsbeginsels daarin vervat uitvoering gegee moet word. Regerings, wat normaalweg kragtens die beginsel van politieke soewereiniteit oppermagtig is, word nou gereduseer tot agente, stewig gebind aan die voorskrifte van die grondwet en verplig tot die nou-gesette uitvoering daarvan. Nie die regering nie, maar die reg regeer nou.

Hof speel politieke rol

Regsoewereiniteit se tweede komponent is dat die howe die bevoegd-heid kry om die wetgewing van die regering te toets aan die hand van be­ginsels uiteengesit in die grondwet. Sou dit enigsins bots met die begin­sels , verklaar die hof dit eenvoudig ongel dig, sorg dat die grondwet stipte-lik nagekom word en verhoed dat regerings sodoende inbreuk maak op die regsoewereiniteit. Die hof word derhalwe die finale politieke besluit-nemer binne 'n "regsoewereine" bestel. Dikwels word dan ook voorge-stel dat sodanige toetsbevoegdheid nie deur gewone gemeenregtelike ho­we nie, maar deur 'n spesiale konstitusionele hof uitgeoefen moet word.

 

Die idee van 'n Deklarasie van Menseregte wat deel van 'n grondwet uitmaak, is een verskyningsvorm van die gedagte van regsoewereiniteit, oftewel die "rule of law". Die gedagte hier is dat die regte van individue in 'n dokument saamgevat moet word, duidelik uiteengesit moet word en derhalwe duidelik moet vasstaan sonder dat enige twyfel bestaan oor pre-sies wat dit behels. Hierdie regte is dan eweneens verskans, en dit is spesi-fiek juis die regte waarvan regerings nougeset hulle hande moet afhou, en wat net so nougeset nagekom moet word deur die howe.

 

Die protagoniste van die beginsel van regsoewereiniteit argumenteer dat dit juis die reg is — en niks anders nie—wat hulle binne die politiek in swang wil sien. Die terminologie wat gebruik word, is ook regsterminolo-gie en die indruk wat geskep word, is dat sodanige Deklarasie van Mense­regte, soos trouens die hele idee van regsoewereiniteit, koud staan teen-oor die politiek. Geen politiek ideologiese of morele idees word bevorder nie, nee, uitsluitlik die oppergesag van die reg.

Hierdie indruk wat sorgvuldig in stand gehou word en die ontkenning dat die "leerstuk" van regsoewereiniteit in 'n verklaring van regte enigiets anders as outentieke "reg" behels, kom egter onteenseglik neer op 'n stuk ooglopende intellektuele oneerlikheid.

In die eerste plek is dit opvallend dat ander soortgelyke deklarasies el­ders getuig van 'n onmiskenbare liberale inhoud. Hierdie deklarasies is 'n herkonstatering van die basiese liberale gelykheidsdogma, met sy eg uni-versalistiese en egalitariese waardes en terminologie. Min of geen ruimte word vir pluraliteit gelaat nie en woorde soos volk, taal, ras en groep is vreemd aan sulke deklarasies.*

In die tweede plek bestaan daar min of geen verskil van mening nie dat die hele "rule of law"-gedagte gebore is uit 'n liberale filosofiese denkatmosfeer. Dit was naamlik die Engelse juris, Dicey, wat met die ge-dagte van "rule of law" bekendheid verwerf het. Hoewel hyself geen voorstander van Verklarings van Menseregte was nie, sluit sy gedagte na alles tog by die idees aan wat ten grondslag van sodanige deklarasies le in soverre as wat Dicey ook die reg as die soewereine instansie binne 'n poli-tiek-grondwetlike sisteem voorstaan.

 

In die South African Law Journal van 1964 wys AS Matthews, destyds senior lektor in die regte aan die Universiteit van Natal, op die feit dat Di­cey inderdaad die bevordering van die liberalisme in grondwetlike ver-band bepleit het. Hy skryf onder meer; "He (Dicey) was not advocating the rule of any law, but the rule of law with a liberal content", 'n End ver-der laat die skrywer horn soos volg uit: "It is also true that because Dicey advocated not the rule of any law but the rule of a liberal law the expression rule of law is not entirely appropriate to describe the doctrine". En oor die onvermoe van Dicey om te besef dat hy horn in sy pleidooi vir 'n "rule of law" besig hou met 'n liberale "rule of law", se Mathews: "... Dicey's weakness was not that he wore spectacles — we all do — but that he was unaware of his spectacles, or rather, less aware of them than he should have been".

 

Aansluitende by hierdie betoog van Matthews moet kennis geneem word van regter FN Broome, voormalige Regter-president van Natal, se deurdagte toespraak voor die Instituut van Stadsklerke in Mei 1964. Die titel van sy toespraak was "Menseregte", "Human Rights".

Hy se onder andere:

"Nie almal wat in Suid-Afrika oor menseregtepraat, word deur sinistere bedekte motiewe aangespoor nie. Die meeste van hulle is waarskynlik edel-moedige mense wat slegs die goeie vir hulle medemens begeer. Maar laat ons nogtans op ons hoede wees. Ons moet nie die growwe fout begaan om te veronderstel dat elke liberaal 'n vermomde kommunis is nie, maar ons moet versigtig wees vir wat die President van 'n Amerikaanse universiteit onlangs 'onondersoekte liberalisme' genoem het en wat, na ek veronder­stel, vae, filosofiese liberalisme beteken wat geen verband met die praktiese werklikhede van die lewe het nie".

(*   Soos die Rcgskommissic se voorgcstelde Meiiseregte-akte in WerksCuk 25 bevestig.)

Die leerstelling van menseregte is niks anders as onondersoekte libera­lisme in hierdie sin nie".

Hiermee is die liberalisme en die universeel egalitariese inhoud van die "rule of law" doeltreffend blootgele.

Die protagoniste van die "rule of law" is dus inderdaad pleitbesorgers vir die liberale politiek.

Liberate dogma verskans

Na Dicey en met die ontwikkeling van die gedagte van regsoewereini­teit om ook tegelyk die idees van 'n onbuigsame grondwet, 'n Deklarasie van Menseregte en 'n toetsingsbevoegdheid van die howe te bevat, is die politiek nog dieper betree. Hierdie stelling kan gesubstansieer word deur 'n beeld te kry van hoe die grondwetlik-politieke stelsel sou fungeer in-dien bogenoemde idees verwerklik sou word.

 

In so 'n stelsel sou die politieke beleidsrigtings van die politieke partye oorbodig wees of ten minste 'n groot mate aan tersaaklikheid inboet. Watter standpunt die regering ook al op die politieke spektrum inneem, vanaf ver-links tot ver-regs — hy sal verplig wees om die beginsel van die Deklarasie te gehoorsaam. So 'n regering sal aan die Deklarasie gebonde wees, ongeag of hy die beginsels daarvan voorstaan en ongeag of hy die meerderheidsteun van die kiesers geniet, al dan nie. Deur die onbuig-saamheid van die grondwet en die toetsingsbevoegdheid van die howe sal hy verplig word om die Deklarasie gestand te doen. Met die instel en verskansing van die Deklarasie word 'n eenmalige politieke oorwinning behaal. Hierna is liberale dogma en egalitariese beginsels in die posisie van regering: is dit permanent amptelike staatsbeleid. Diegene wat dus 'n liberale politieke standpunt huldig, se probleem is finaal opgelos. In plaas van gedurig aan die politieke stryd deel te neem en die risiko's van politie­ke klimaatsveranderinge te trotseer, moet hulle nou slegs 'n enkele poli­tieke oorwinning behaal en die nodige kontitusionele strukture daarstel. Sou die politieke klimaat verander en 'n groep aan die bewind kom wat die idees van die Deklarasie teenstaan en wil verander, word so 'n groep tot politieke magteloosheid gereduseer. Nieteenstaande hulle oorwin­ning en nieteenstaande hulle standpunt ten gunste van 'n ander politieke program is hulle steeds verplig om die liberale idees van die Deklarasie uit te voer.

 

Die voormelde konstitusionele wysigings wat voorgestaan word deur ondersteuners van 'n Deklarasie van Menseregte is derhalwe 'n politieke strategic wat wesenlik verskil van die patroon van politiek, byvoorbeeld die parlementere demokrasie. Na die konstitusionele veranderinge is die liberale gedagte vir alle praktiese doeleindes op vaste en permanente voet geplaas. Enige politieke misstappe van toekomstige regerings word een-voudig deur die regbank — die hoofkwartier van die liberale idee — on-gedaan gemaak deur dit aan die hand van die Deklarasie ongeldig te ver-klaar. Onaantasbare "reg" word dus gemaak van 'n paar politieke idees.

Wil verandering verhoed

Die ironie is duidelik. Die idee van regsoewereiniteit spring weg as 'n liberale gedagte, maar loop uiteindelik uit op 'n verstarde vorm van onde-mokratiese totalitarisme en 'n dogmatiese konserwatisme wat probeer om as insulasie teen die fluktuasies van die geskiedenis te dien.

As dogmatiese konserwatisme probeer dit 'n enkele politieke oorwin-ning vir 'n idee wat juis eie aan 'n tydvak is, verewig asof dit wat in die De-klarasie vervat en in die konstitusie verskans is, vir altyd die gevoel van 'n veranderde gemeenskap en veranderde politieke magte weerspieel. In plaas van om gedurig deel te he aan die politieke stryd en s6 belange te be-vorder en te beskerm, word gepoog om deur die enkele politieke oorwin-ning finaal 'n utopie aan sekerheid te bewerkstellig en aan die onvoor-spelbaarheid van die geskiedenis te ontsnap.

Vrees vir verandering is hier die voor-die-hand-liggend implikasie. Verandering moet voorkom word deur die eenmalige samevatting van politieke idees in 'n Deklarasie en die skep van konstitusionele instru-mente om daaraan gevolg te gee.

 

Presies dieselfde beskuldiging as wat gewoonlik teen die Afrikaner ge-maak word — dat hy homself angsvallig wil beskerm deur statutere reel­ings — kan ingebring word teen voorstanders van 'n Handves van Mense-regte. Sou daar enige angsvalligheid verbonde wees aan selfbe-skermende statutere maatreels, is die voorstanders van so 'n Deklarasie angsvallig in die oortreffende trap, want waar 'n gewone wet bloot deur 'n gewone parlementere meerderheid verander kan word, word 'n veel gro-ter meerderheid vereis vir die wysiging van 'n verskanste grondwet. Ver-der handel 'n wet net oor enkele sake, terwyl 'n Deklarasie van Mense-regte 'n omvattende dokument is wat fundamentele beginsels oor 'n wye veld bevat.

 

Ten spyte van waarskynlik heftige ontkennings staan die voorstanders van verskanste deklarasies ook vyandig teenoor die demokrasie. Geen ruimte word gelaat dat ander politieke magte wat op demokratiese wyse aan die bewind kom, die bepalings van die verskanste grondwet en dekla­rasie kan verander nie. Die meerderheid se wil kan ongedaan gemaak word, net solank daar 'n meerderheid iewers in die verre verlede daar-voor was toe die grondwet en die Deklarasie aanvaar is. Afhangende van perspektief kan hierdie toestand beskryf word as of 'n liberale meerder-heidsregering uit die graf, of 'n klein liberale oligargie wat die septer swaai.

Dit is wat inderdaad in 1937 in die VSA gebeur het. Die destydse Roosevelt-regering wou wetgewing aanneem wat na die mening van die Amerikaanse Hooggeregshof gebots het met die verskanste grondwet. Die meriete van die Roosevelt-politiek daar gelaat, is dit 'n feit dat Roose­velt meerderheidsteun geniet het. Tog het die Hooggeregshof verskeie kere met 'n meerderheid van vyf teenoor vier die wetgewing ongeldig ver-klaar omdat dit volgens hulle met die grondwet gebots het. Die demokra-ties verkose Roosevelt-regering het horn vasgeloop teen 'n vorm van oli­gargie.

Hoewel protagoniste van verskanste grondwette en menseregverkla-rings hoog opgee oor die demokratiese waardes waaraan hulle getrou sou wees, bly hiervan dus weinig oor in die praktyk, meer nog, as daarop ge-let word dat hulle nie op gelyke voet in gesprek tree met diegene wat hulle teenstaan en ander politieke standpunte huldig nie. In plaas daarvan word die liberale opinie in wetgewing opgeneem en met regsterminologie versier ten einde 'n hoer gesag daaraan te verleen. Benewens baie ander dinge is die beweging vanaf liberaal-egalitariese politieke dogma na 'n konstitusionele verklaring van menseregte 'n maneuver waardeur die li­berale politikus politieke debat verruil vir juridiese uitspraak en waar­deur van teenspraak, wat eg deel van die politiek is, tot alleenspraak be-weeg word. In die proses word die opponent wat nie die liberale egalita-risme aanhang nie, gekriminaliseer, want nou verskil die opponent nie van liberale politiek nie, maar van die (liberale) "reg".

Die oorsprong van verskanste konstitusionele waarborge, deklarasies van menseregte en dies meer is die fundametele liberale dogma. Dit loop egter uiteindelik uit op 'n selfbeskermende ongelykheid en 'n verwerping van die demokrasie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie