1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6456643

Besoekers aanlyn

Ons het 24 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

TYDENS ANC SE “VIRUSBEHEERMAATREËLS”

Polisie rampbestuurDie “ongelooflike, kundige en tydige” beheermaatreëls wat die “bekwame president” van Suid Afrika aangelê het en waarmee die “pandemie” volgens sy lofbetuigers grootliks aan bande gelê is, word oraloor hoog aangeprys.

Hy kondig ‘n Nasionale Ramptoestand af en nie ‘n Nasionale Noodtoestand nie. ( Not a National state of emergency but a National state of disaster!)

In sy toespraak Sondag 16 Maart, 2020 -.”We have now declared a national state of disaster in terms of the Disaster Management Act. This will enable us to have an integrated and co-ordinated disaster management mechanism that will focus on preventing and reducing the outbreak of this virus.

Volgens Ramaphosa dus, is die Ramptoestand verklaar, hoofsaaklik om die “virus te voorkom en te bekamp.

Dit is nodig dat die verskil tussen ‘n Nood- en Ramptoestand van nader bekyk word, aangesien die regime in hulle bespreking van watter maatreëls die mees toepaslike sou wees, ook ‘n Noodtoestand oorweeg het.

“The decision to declare a national State of Disaster came at Sunday’s Cabinet meeting that, Daily Maverick is told, also seriously considered a State of Emergency.” ...... That a State of Emergency is not off the table emerged on Wednesday when Ramaphosa met the leaders of political parties represented in Parliament at his official Tuynhuys offices in the parliamentary precinct.

Dat SUID AFRIKA nou met ‘n ramp te make het is onteenseglik waar! Misdaad neem onbeheersd toe, plaasaanvalle duur onverpoosd voort, ramppokkeroptrede in die stroping van kosvoorrade van vragmotors af, vernietiging van bykans tweehonderd skole met die totale vernietiging van die kleinsakesektor in die vooruitsig terwyl die patrollering van woonbuurtes en plase deur Cele verbied word, sal die woord “ramp” heeltemal ontoereikend word om die toekoms onder ANC bewind te beskryf!

Ons haal aan uit ALET RADEMEYER se artikel om u ‘n aanduiding te gee van die verskil tussen Ramp en Nood soos wat Marnus Kamfer dit beskryf.

RAMPE, NOODTOESTANDE EN AFSONDERING. WAT IS DIE VERSKILLE? EN HOE RAAK DIT MY?

DEUR ALET RADEMEYER | MAR 23, 2020

Deur Marnus Kamfer

Op 15 Maart 2020 het pres. Cyril Ramaphosa ’n nasionale ramptoestand afgekondig. Hy het die bevoegdheid in terme van die Wet op Rampbestuur 57 van 2002. Die doel van hierdie wet is om voorsiening te maak vir ’n geïntegreerde en gekoördineerde rampbestuursbeleid wat fokus op die voorkoming of vermindering van die risiko van rampe, verligting van die felheid van rampe, noodgereedheid, vinnige en effektiewe reaksie op rampe en na-ramp herstel en rehabilitasie. Voorts maak dit voorsiening vir die instelling en werking van nasionale, provinsiale en munisipale rampbestuursentrums, vir rampbestuurvrywilligers en aangeleenthede wat daarmee verband hou.

Artikel 27 van die wet op Rampbestuur wet 57 van 2002 bepaal dat ’n ramptoestand verklaar kan word wanneer:

Bestaande wetgewing en gebeurlikheidsmaatreëls nie genoegsaam voorsiening maak vir die nasionale uitvoerende gesag om effektief met die ramp te handel nie; of

Ander besondere omstandighede die verklaring van ’n nasionale ramptoestand regverdig.

Artikel 27(2) bepaal dat die aangewese minister ná die verklaring van ’n ramptoestand regulasies mag uitvaardig wat met onder meer die volgende handel :

  1. Die vrystelling van enige beskikbare hulpbronne van die nasionale regering;
  2. Die vrystelling van personeel van ’n nasionale staatsorgaan vir die lewering van nooddienste;
  3. Die implementering van rampbestuursplanne of dele daarvan wat van toepassing mag wees;
  4. Ontruiming van ’n deel van of die hele bevolking in die geteisterde gebied indien dit nodig is vir die behoud van lewens;
  5. Die regulering van verkeer in die geteisterde gebied;
  6. Die regulering van persone of goedere in die geteisterde gebied;
  7. Die beheer en besetting van persele in die geteisterde gebied;
  8. Die voorsiening, beheer of gebruik van tydelike noodhuisvesting;
  9. Die opskorting of beperking van die verkoop, verspreiding of vervoer van alkoholiese drank in die geteisterde gebied;
  10. Die installering van tydelike kommunikasieverbindings na, van of binne die rampgebied;
  11. Die verspreiding van inligting wat tydens die ramp benodig word;
  12. Noodverkrygingsprosedures;
  13. Die fasilitering van reaksie en na-ramp herstel en rehabilitasie;

Ander stappe wat nodig is om die eskalering van die ramp te voorkom, of om die gevolge van die ramp tot ’n minimum te beperk; en

Stappe om internasionale bystand te fasiliteer.

Die regulasies mag slegs uitgevaardig word in soverre dit nodig is vir die doeleindes van:

Bystand aan en beskerming van die publiek;

Voorsiening van noodleniging aan die publiek;

Beskerming van eiendom;

Voorkoming of bestryding van ontwrigting; en

Die hantering van die vernietigende en ander gevolge van die ramp.

Weens die feit dat ’n ramptoestand geweldig inbreuk maak op die regte van indivudue, bepaal artikel 27(5) dat ’n ramptoestand drie maande nadat dit verklaar is, verval. Andersins mag die minister dit vroeër beëindig met ’n kennisgewing in die Staatskoerant. Dit kan egter ook met ’n maand op ’n keer verleng word met ’n kennisgewing in die Staatskoerant.

NOODTOESTAND

Noodtoestande word gereguleer deur die Wet op Noodtoestand 64 van 1997.

Artikel 37 van die Grondwet, synde die hoogste gesag in die land, bepaal dat ’n noodtoestand slegs ingevolge ’n Parlementswet verklaar mag word en ook slegs wanneer die voortbestaan van die nasie deur oorlog, ’n inval, algemene oproer, wanorde, ’n natuurramp of ’n ander openbare noodgeval bedreig word en die verklaring nodig is om die vrede of orde te herstel.

Artikel 1 van die Wet op Noodtoestand bepaal dat die president per proklamasie in die Staatskoerant ’n noodtoestand kan verklaar. Die redes vir die proklamasie moet vermeld word en die proklamasie kan ter enige tyd weer deur die president herroep word.

Artikel 2 van dié wet handel met noodregulasies wat deur die president uitgevaardig kan word. Die regulasies kan voorsiening maak vir :

Die verlening van bevoegdhede aan persone of liggame, soos vermeld in die regulasie, om bevele, reëls of verordeninge uit te vaardig met die bedoeling om wet en orde te herstel en om voldoende voorsiening te maak vir die beëindiging van die noodtoestand of om te handel met omstandighede wat as gevolg van die noodtoestand ontstaan het of waarskynlik sal ontstaan; en

Die oplegging van strawwe vir ’n oortreding van of versuim om te voldoen aan die gemelde bevele, reëls of verordeninge. Hierdie strawwe kan die verbeurdverklaring van goedere, eiendom of instrumente insluit waarmee of in verband waarmee die misdryf gepleeg is.

Artikel 3(b)(i) bepaal dat die strawwe soos hierbo bespreek, nie tronkstraf vir ’n tydperk van drie jaar mag oorskry nie.

Artikel 3(b)(iii) bepaal verder dat daar nie gewysig mag word aan ’n wetsbepaling aangaande die kwalifikasies, nominasie, verkiesing of ampsduur van lede van die parlement of ’n provinsiale wetgewer nie.

Ook nie aan die sittings van die parlement en provinsiale wetgewer nie, ook nie aan die bevoegdhede, voorregte of immuniteite van die parlement of ’n provinsiale wetgewer of van die lede van die komitees daarvan nie.

Die Nasionale Vergadering kan regulasies, bevele, reëls of verordeninge wat uitgereik is, ingevolge die president se magte kragtens die noodtoestand, afkeur. Die Nasionale Vergadering kan voorstelle aan die president maak met betrekking tot regulasies, bevele, reëls en verordeninge.

Artikel 37(2)(b) van die Grondwet bepaal dat ’n noodtoestand en alle regulasies, bevele, reëls of verordeninge wat daarvolgens uitgereik is, slegs vir ’n tydperk van 21 dae geldig is.

Die Nasionale Vergadering kan stem dat die tydperk verleng word, maar dit mag nie die tydperk van drie maande op ’n keer oorskry nie.

Artikel 37(3) van die Grondwet bepaal dat die howe ook oor die bevoegdheid beskik om te beslis oor die geldigheid van ’n noodtoestand, die verlenging daarvan en die geldigheid van enige aksies, regulasies, bevele, reëls en verordeninge daarvolgens uitgereik.

Artikel 37 handel met die grondwetlike regte van individue waarby daar ingemeng mag word en tot watter mate daarby ingemeng mag word.

Artikel 10 en 11 van die Grondwet wat handel met menswaardigheid en lewe, geniet egter te alle tye voorkeur en daar mag onder geen omstandighede daarop inbreuk gemaak word nie. Daar kan ook nie bepaal word dat die regering of enige ander persoon vrygestel word van vervolging weens ’n misdryf nie.

Marnus Kamfer is AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie