1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6344722

Besoekers aanlyn

Ons het 39 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

AFSKAF VAN KONTROLE OOR SUID AFRIKA SE BETAALMIDDEL

Arcas van RooyenDaar word in die media bespiegel oor die regime se visier wat aanlê op die afskaffing van kontrole in buitelandse uitruiltransaksies.

Wat sal die implikasie hiervan op die ekonomie wees indien kontrole van die Rand opgehef word?

Eerstens, die wisselkontrole van `n  Staat deur die banksisteem in die handel van goud en uitelandse geldeenhede, beperk private en kapitaalbewegings. Sover my kennis strek het omtrent alle lande een of ander kontrole.

Daar sal voordele wees om kontrole af te skaf, maar terselfde tyd ook kompenserende nadele.
Soos (Business Maverick )dit uitspel sal die voordeel om dit af te skaf,ook voldoen aan Rhamaphosa se standpunt dat dit internasionale beleggings sal aanmoedig.

Dit is volgens hom van die allerhoogste belang om `n beleggingsomgewingsveld te skep wat aanloklik en kompeterend sal wees vir potensiële beleggers om vrylik hul geld te belê, wetende
dat dit sonder kontrole en regulasies uit die land geneem kan word. Dit moet egter volgens Business Maverick, nie gesien word as `n wonderkuur vir SA nie.

`n Land soos SA wat `n ekstreme tekort op die balans van paaiemente op die lopende rekening toon sal moet kontrole kan uitoefen om byvoorbeeld ingevoerde produkte te kan beheer en valuta in te perk. In agenome dat SA se staatskuld  se vooruitsigte nie net verdoemend is nie, maar afgryslik,  as daar na die vooruitskatting op `n grafiek gekyk word.

In 2008 was die skuld as persentasie van BBP 26%. Nou mik dit na 71.4% by 2024 oftewel R4380 Miljard. Vir die huidige beloop dit al 61.6%. Ander ekonomiese faktore wat in ag geneem moet word is ons peperduur staatsdiens se salarisse as % van BBP.

 Suid Afrika        14.6%
 Brasilie              13.4%
 Mosambiek      11..0%
 Italia                  9.5%
 Zambia              9.2%
 V.S.A                  8.8%
 Angola               7.37%
 India                  5.9%
 Nigeria              2.1%
In my beskeie mening sal dit roekeloos wees vir `n Land soos SA om nou Kontroles af te skaf in die lig van mense se vrese vir veral die wolk van grondonteining sonder vergoeding, wat dreigend en donker oor Suid Afrika hang en Eskom wat belastingbetalers se geld opvreet, ensovoorts. Dink net as kontroles nie meer bestaan nie, hoeveel geld uit die Land sal stroom.... in Triljoene!


 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie