1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6450219

Besoekers aanlyn

Ons het 21 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

POLITIEK: DIE REGTE WEG .... EN DIE SLEGTE WEG

Die slegte wegWanneer ek in hierdie bespreking na politiek verwys, verwys ek na die gedragslyn en handelswyse van ons regering. Nie die huidige onwettige regime nie, maar spesifiek na ons Afrikaner regering sedert 1948 tot en met 1994.

Onthou die geskiedenis

Met ‘n terugblik in ons geskiedenis, was dit nog nooit vir my moeilik om te begryp dat daar vir die Afrikanervolk op staatkundige gebied, nog altyd slegs twee weë oop was. Die regte weg en die slegte weg. Die gevolg daarvan was dat daar nog altyd meningsverskil was oor watter weg reg was en watter weg sleg was. Die verdeeldheid binne die Afrikanervolk wat die gevolg was van hierdie twee weë, is feitlik sinoniem met die Afrikaner se vryheidstryd en reis met ons saam sedert volkswording.

Wat kies ons?

Wat egter belangrik is in die keuse wat elkeen uitoefen, is om dit te meet aan jou keuse van watter weg oppad na jou ewigheidsbestemming, waar die Woord van ons hemelse Vader die regte weg ondubbelsinnig aandui en die wêreld waarin ons intussen moet leef en werk, allerhande aanloklike dwaalpaadjies vir jou voorhou. Die regte keuse bied lewe en die verkeerde keuse die dood!

In ons volk se lewe is dit ook nie anders nie. Ons kies, op demokratiese wyse nogal, vir die lewe en voorspoed van ons volk en uiteraard vir onsself, of vir sy agteruitgang en uiteindelik sy dood! Daarom kies ons nie vir mense of partye nie, maar vir ‘n staatkundige stelsel, ‘n gedragslyn, ‘n handelswyse gegrond in ‘n beginsel en beleid wat die potensiaal van lewe en vooruitgang het.

Genl JBM Hertzog 27 Augustus 1933 voor die Bosmanstraatse NG kerk PretoriaDie smelters van 1933

Na die “smelting” in 1933 (slegte weg) tussen die Nasionale Party onder die leiding van Genl. Hertzog (NP) en die Suid Afrikaanse Party (SAP) onder die leiding van Jan Smuts, wat toe die Verenigde Party (VP) geword het, het die Herenigde Nasionale Party (HNP) onder dr. Malan se leiding totstand gekom.(regte weg) Die verdeeldheid wat daardie handelswyse tot gevolg gehad het, het ‘n gedragslyn in die vooruitsig gestel wat nie in belang van die Afrikanervolk was nie en het feitlik onversoenbare verdeeldheid teweeg gebring

Die verkiesing van 1948

Die verkiesing van 1948 was dan juis geveg tussen Afrikaners wat van mekaar verskil het oor watter weg sleg was en watter weg reg was.Vir Jan Smuts was Suid Afrika te klein en het sy aandag en voorkeure eerder die buiteland bevoordeel as sy eie mense en Suid Afrika. Dít was vir hom en sy aanhangers die “regte weg”. Na die grootste oorwinning van sy loopbaan in 1943, is Jan Smuts van die VP in 1948 teen alle verwagting in verslaan onder die leiding van dr. D.F.Malan en adv. Hans Strydom van die HNP, wat Suid Afrika en Afrikaners se belange voorop gestel het. Voor die verkiesing van 1948 plaasgevind het, het die Afrikaner Party en die HNP hulle strydbyle begrawe en die Nasionale Party (NP) geword.

Afrikanerverdeeldheid voor 1948

Die verdeeldheid onder Afrikaners wat in daardie tyd bestaan het met hewige onderlinge twis. Is deur dr. Malan op verskeie herenigingskongresse tot samehorigheid opgeroep en uiteindelik weer in eenheid saamgebind. In een van sy toesprake het hy gesê: “Die Afrikanerdom het genoeg beginselvastheid om selfs ten koste van verdeeldheid en skeuring sy verlore pad te soek en weer terug te vind. Aan die anderkant egter het hy ook genoeg vaderlandsliefde om verdeeldheid nie ‘n dag langer te laat voortbestaan as wat volstrek nodig is nie. As dit anders was sou ons volk nóg gesonde groeikrag besit, nóg iets anders kon wees as die prooi van ‘n gedurige verbrokkelingsproses. Vir die herstel van sy verlore eenheid moet so ‘n volk daarom ywer net soseer as hy moet waak teen die verlies daarvan.”

Uiteindelik eenheid

Die eenheid wat daar in 1948 ontstaan het onder strydendes het gegroei onder die bestuur en beheer van dr. Verwoerd wat die gedragslyn van dr. Malan as beginsel in beleid gevestig het. Dr. Verwoerd het dié politieke beginsel verfyn en die noodsaaklikheid vir die implimentering daarvan verduidelik, dit gedebateer, internasionaal verdedig en op sterkte van navorsing en geskiedkundige voorbeeld, dit as die mees werkbare en haalbare beleidsrigting ontplooi met die Afrikaner se voortbestaan as primêreoogmerk. Hy het egter ook die ander volke in Suid Afrika se belange in terme van behoud van identiteit, taal, kultuur en uiteindelike onafhanklike selfbestuur in die vooruitsig gehad. Tot en met die veragtelike sluipmoord op hom op 6 September 1966, was dit die regte weg vir ‘n eensgesinde Afrikanerdom.

John Vorster en Henry KissingerBalthazar Johannes Vorster word Eerste Minister

Op 13 September 1966 Word Balthazar Johannes Vorster die sewende Premier van Suid Afrika in die plek van die vermoorde dr. H.F. Verwoerd. Na sy verkiesing beloof hy om Suid Afrika na die beste van sy vermoë te dien en om in die voetspore van Vewoerd en sy voorgangers te volg. By sy vvorstelling aan sowat drieduisend mense voor die Volksraad waar hy spontaan toegejuig is het hy ‘n kort toespraak gehou. Hy het die aanwesiges verseker: “ My pad sal die pad van Verwoerd wees.” Hy het gesê dat hy glo in die beginsels van die NP en die volle implimentering daarvan met alle gevolge wat dit inhou.

Skeuring in die NP

Die eerste skeuring in die NP sedert 1948 se oorwinning, vind plaas slegs drie jaar nadat Vorster Eerste Minister geword het. Dit was drie jaar van interne stryd as gevolg van Vorster se feitlik onmiddellike afwyking van dr. Verwoerd se beginsels in sy sportbeleid, diplomatieke bande met swart state, bevoordeling van die Engelse en sy “uitwaartse beleid” Dit tenspyte daarvan dat hy die Afrikanervolk gerusgestel het dat die mandaat wat aan dr. Verwoerd opgedra was, soos ook aan sy voorgangers,gestand nagekom sou word. Daarbenewens wend Vorster ook die veiligheidspolisie aan om sy politieke opponente te monitor en te intimideer. Die party skeur nadat Vorster onder andere, vier “ultra regses” uit die Nasionale Party dryf en hulle die Herstigte Nasionale Party stig op 25 OKTOBER 1969

Vorster en PW Botha wat na hom Eerste minister geword het, se afwyking van die handelswyse en gedragslyn van dr Verwoerd, om in lyn te kom met die eise van die geldmag en internasionale Imperiale moondhede, was volgens geskiedkundige bewys, nie in belang van Suid Afrika of sy inwoners nie en het onvermydelik tot konfrontasie binne die NP gely.

AFRIKANEREENHEID TOT NIET!

Die Afrikanereenheid van Malan, Strydom en Verwoerd was vernietig en het die Afrikanervolk meer verdeeld as ooit gelaat.

In sy verhandeling oor die tydperk van Balthazar Johannes Vorster en die “Verlig-en-Verkrampstryd”, van J A du Pisani, skryf prof. J H le ROUX in sy voorwoord dat die doel van du Pisani se studie poog om die verdeeldheid van daardie tydperk te ontleed en te beskryf ten einde die aard en die wese daarvan te probeer bepaal. Du Pisani se verhandeling spruit uit navorsing in opdrag van die Instituut vir Eietydse Geskiedenis (INEG) van die Vystaatse Universiteit oor die politieke loopbaan van B.J. Vorster.

Uit du Pisani se studie is daar twee sake wat vir die bepaling van die aard en wese van die verdeeldheid in Afrikanergeledere, vir my van besondere betekenis is. Die eerste is die verstedeliking van die twintigste eeu van Afrikaners wat van 29% in 1911, gestyg het tot 75% in 1960. Die beskermde tradisionele aard van die plattelandse na die stad se Afrikaner, het ‘n wesentlike invloed gehad in terme van die jeug se toenemende blootstelling aan sekulêre invloede.

Breyten BreytenbachDie sestigers se invloed

Die sestigers se banale en immorele “letterkundige” vrypostigheid was ‘n duidelike bewys van die verval van behoudende Afrikanerwaardes. Die weerbarstige en uitdagende ingesteldheid van die jongmense van daardie era was die voorloper van die aantasting van die bestaande orde. Die deur was oop vir die “winde van verandering” waarvan ons die gevolge vandag beleef! Genadiglik leef van daardie jonges ook nog vandag om hulle destruktiewe opstandigheid se gevolge te kan sien en beleef.

Provinsialisme

Die tweede saak is die een van Provinsialisme. Dit is algemeen bekend dat die Kaapprovinsie se Afrikaners wat gekies het om daar te bly onder Engelse bewind en invloed, baie meer liberaal was as die Afrikaners wat uitgewyk het na die binneland. Onder die uiterste ontbering, verguising en oorloë, moes hierdie trekker Afrikaner Suid Afrika ontworstel het aan die wildernis, beskaaf en opgebou het tot Eerstewêreldstatus. Sy nederige afhanklikheid van sy Skepper wat hom telkens in bonatuurlike situasies gehoor roep en gered het, het sy waardes getemper en verseël as onderbou vir sy lewens-en –wêreldbeskouing waarmee sy kinders en nageslag opgevoed is.

Wat myns insiens egter die grootste invloed gehad het met betrekking tot die verdeeldheid in Afrikanergeledere, was die pers en media wie se invloed tot vandag toe ‘n reuse aandeel het in die vorming van mense se menings. Bygesê, nie net onder Afrikaners nie, maar regoor die wêreld! Verdeeldheid wat deur die Kaap se Burgerkoerant onder aanvoering van die liberale Piet Celliers gedryf is in die Afrikaner se stryd om behoud van sy politieke waardes, kan nie gering geskat word nie!

‘n Volk se verweer teen invloed van buite

‘n volk se enigste verweer teen botsende invloede van buite, lê in die opvoeding van sy jeug. Godgebondenheid, Skrifkennis en geloof, Patriotisme en selfbetuiging, is onontbeerlike faktore vir die bewaring van identiteit, van beskawing, van sedelike en morele waardes. Daarmee saam is ‘n grondige kennis van jou volk se geskiedenis, sy strewe en sy stryd, sy geloof en sy volharding om geregtigheid, waarheid en werklikheid te handhaaf om te kon bereik en beskikbaar te maak deur God se genade, dit wat vir die nageslag nagelaat word om verder daarop te kan bou.

Die Vyand se taktiek

Die ongure taktiek wat aangewend word om mense te laat afwyk van die bestaande orde is die skep van kwetsende etikette soos bv. ultraregses, twissoekers, verkramptes, ultrakonserwatiewes, alles name wat aan mense toegedig is wat bloot net gebly het wat hulle nog altyd was en daarvoor gestry het! Daardie tendens is blywend en Nasionaliste word vandag rassiste genoem bloot omdat hulle blank is en veral wanneer hulle vir hulle reg opstaan of hulleself betuig!

Die afwyking van die regte weg wat gevolg en plavei is deur dr. Verwoerd en sy voorgangers, was en is in die tyd waarin ons leef, ongetwyfeld die heel grootste oorsaak van nie net verdeeldheid in ons volk nie, maar van verval en agteruitgang, oppad na selfvernietiging. Voortgang op hierdie “slegte weg” se gevolge lê soos rommelhope rondom ons vir almal om te sien en tog sluit die meeste van ons ons oë en ore daarvoor, word daar polities “korrek” opgetree en gepraat, toegewings gemaak, onderhandelings gevoer en verskoning gevra vir wat ooglopend reg is soos wat F.W.de Klerk onlangs gedoen het oor sy stelling dat Apartheid nie noodwendig ‘n misdryf teen die mensheid is nie!

Die inwerking van die liberalistiese Humanisme wat die jonger politici, die burgerregdrywers, die mensereg aanhangers en geestelik verdwaaldes laat volhard op hierdie vernietigende weg, het nie sy oorsprong in iets wat blywend en opbouend is nie. Dít is ideologies van aard, (fancifull speculation) denkbeelde van ‘n verdorwe verstand wat destruktief in sy voortgang gerig is op die vernietiging van Nasionalisme! Dit stuur opsigtelik op ‘n afgrond af, terwyl die res van die blanke wêreld daarbuite, wat bygedra het om ons volk te dwing om ons gedragslyn en handelswyse, gevestig in beginsel en beleid terwille van voortbestaan, te laat vaar teen ons eie beterwete, nou self tot besinning geruk word. In ons Afrikaner politiek is dit sigbaar én voelbaar, ‘n slegte weg!

Dr. HF VerwoerdHoor u die roep uit die bloed van Verwoerd?

Die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd behoort vir ons Afrikaners die duidelikste aanduiding te wees dat daar vyandige magte is wat ons van die “regte weg” wou afdwing. Wat vanweë dr. Verwoerd se oortuiging van die reg van ons gedragslyn, gerig deur beginsel en beleid in belang van almal in Suid Afrika, nie afgedreig, ge-intimideer of polities gedwing kon word om toe te gee nie, maar met moed en volharding in belang van sy volk in besonder, maar breër in belang van die ganse blankedom, nie van koers gedruk kon word nie.

In dr. Verwoerd se bloed op die vloer van die parlementsgebou, het die aandrang tot volhardiing na Afrikaners geroep. Sommige het gehoor, ander het vir verskeie en sommige onverklaarbare redes, gekies om nie te hoor nie! Feit is dat die afwyking van die regte weg deur sy opvolgers, Vorster, Botha en de Klerk, weer verdeeldheid onder Afrikaners gebring het! Die verskil is dat dit hierdie keer ons volk in die grootste benouing laat beland het wat ons nog ooit in verkeer het! Dat daar Afrikaner en Afrikanerorganisasies is wat op hierdie “slegte weg” voortploeter ten koste van ons land en ons volk, belemmer samehorigheid en verhoed dus die moontlikheid van noodsaaklike Afrikanereenheid.

Dr. DF MalanAfrikaner, luister weer na dr. Malan!

Daarom, opnuut dr.Malan se vraag: Het ons Afrikanerdom nog genoeg beginselvastheid om selfs ten koste van verdeeldheid en skeuring ons verlore pad te soek en weer terug te vind? Aan die anderkant, het ons ook genoeg vaderlandsliefde om verdeeldheid nie ‘n dag langer te laat voortbestaan as wat volstrek nodig is nie? As dit anders is sou ons volk nóg gesonde groeikrag besit, nóg iets anders kan wees as die prooi van ‘n gedurige verbrokkelingsproses. Vir die herstel van ons verlore eenheid moet ons volk daarom ywer net soseer as ons moet waak teen die verlies daarvan!

Laat ons daarom ag slaan op die geskiedkundige riglyne om instaat te kan wees om die slegte weg te vermy en in eensgesindheid saam te kom op die regte en gebaande weg terwille van ons volk, maar ook terwille van die ganse blankedom! Laat ons elkeen dus onself afvra, is ek op die regte weg?? Indien nie, of self indien wel, wat dra u by om Afrikaners wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort, bymekaar te bring?

 

Danie Varkevisser

Leier van die Afrikaner Volksparty

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie