BREDELL GELOFTEFEES
Maandag 16 Desember 2019 – 09:00
Laerskool Bredell
H/v 3 de Laan en 6 de straat Bredell
U word hartlik uitgenooi na ons Geloftefees sodat u weereens die besondere betekenis van Geloftedag by u en u kinders kan inskerp en eer en dank aan ons Hemelse Vader kan bring.
As jy aan die Here jou God ‘n gelofte doen moet jy nie versuim om dit te betaal nie (Deut. 23:21)
Die gelofte soos voorgelees deur Sarel Cilliers aan die Voortrekkers in die laer van Andries Pretorius, gedurende die week voor 16 Desember 1838 te Bloedrivier
Hier staan ons voor die heilige GOD
van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen
dat as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar
as 'n dankdag soos 'n sabbat sal deurbring,
en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders
sal sê dat hulle met ons daarin moet deel
tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.
Kontak: Johan Theunissen – 083 2638 007