1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5915894

Besoekers aanlyn

Ons het 38 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Banier 3

Afrikaner

DAAR IS ‘N TYD VIR ALLES! VIR VREDE MAAR OOK VIR OORLOG

PERSVERKLARING

Die onlangse arrestasie van mnr. Harry Knoesen, leier van die Crusaders, asook die sogenaamde Boerelegioen se leier, genl. Izak van Zyl se uitsprake in die sosiale media, is tekenend van die langdurige onreg waaraan die Afrikanervolk sedert 1994 blootgestel is.

Slagtersnek MonumentDie AVP wil egter maan dat ons volksgenote nie perspektief moet verloor en op sleeptou geneem word wat die Boeremagellende van slegs twintig en meer jare gelede gaan herhaal nie. Daarmee wil ons nie sê dat u, u paraatheid om uself te beskerm moet verslap nie. Dit is egter sinloos om uself bloot te stel aan vervolging deur deel te neem aan aksies wat onverantwoordelik in die openbaar verkondig word sonder dat dit die geringste kans het om ‘n bydrae tot ons vryheidstryd te maak.

Hoewel ons volk in ‘n eensydige oorlog van lae intensiteit gewikkel is, is ons sterkste en mees effektiewe wapen, huidig steeds die politiek. Dit is op hierdie terrein waar die AVP opereer en ons be-ywer om u te oorreed om u tyd en energie aan te wend. Politiek is ook ‘n vorm van oorlog en wanneer die hele Afrikanervolk in saamhorigheid op hierdie terrein skouer aan die wiel sit, sal dit ons Afrikanernasionalisme soos ‘n golf laat aanrol wat nogmaals die wêreld sal verstom soos tydens en na die Anglo Boere Oorlog!

Vermy betrokkenheid in en aan aksies wat die potensiaal het om u uit die stelsel van verset, Slagtersnek Bezuidenhoutversorging van u gesin en ‘n bydrae in ons vryheidstryd tot gevolg gaan hê. Die gebruik van Christenterme, Godsdiensterme, vrees en geweld is nie nou bevorderlik vir die stryd waarin ons gewikkel is nie. Dit is opregte afhanklikheid van God, ons Hemelse Vader, soos by Bloedrivier waar ons hulp setel en sal kom op die regte tyd en plek, waarvoor ons gereed en veral geestelik toegerus moet wees!

Die AVP het begrip en simpatie met diégene wat bereid is om hulle lewens op te offer vir ons volk se vryheid. Dit is egter sinloos om ‘n lewe, vaardigheid en bereidwilligheid op onverantwoordelike wyse in die doofpot te stop wanneer u emosie in hierdie tyd van verwarring en verdeeldheid op onverantwoordelike wysegebruik word om u saam te sleep op ondeurdagte offensiewe paaie. Rig u tyd en energie op die bevordering van die beginsel van nasionalisme. Dit is daar waar ons mekaar weer sal vind! Daar is ‘n tyd vir alles! Vir vrede maar ook vir oorlog

Groete in verset, ook teen verdeeldheid

Danie Varkevisser.

Leier Afrikaner Volksparty.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie