1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5915767

Besoekers aanlyn

Ons het 33 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Banier 3

Afrikaner

BY DIE EINDE VAN DE KLERK SE REËNBOOG.

Klaas WaarseggerBy die ent van dié reënboog lê daar ‘n pot. ‘n Pot drek en die groen gras groei daarom. Volgens de Klerk is dit waar hemel en aarde bymekaar sou kom. Hy het gedink dat niemand ooit agter die waarheid sou kom. Ongelukkig het die Guptas vir nr.1 gevra, hoe die pad loop om daar uit  tekom. Die goud is gesteel en dit het die land suur bekom. Nou weet ons gelukkig almal wat bedoel was met hemel en aarde in ‘n reënboogland. ‘n Pot drek vir ‘n ieder en elk sonder visie, vars gebrou!

Nou vra jy my hoe twee derde van ‘n volk aan valse waarhede kon glo. My vriend, ontmoet sommige van gister, maar ook vandag se politici. Hulle lieg, bedrieg, verdraai en verdoesel, verduister, verwoes en steel selfs jou lewe. As jy jou kom kry het jy ook jou land verloor. Al wat oorgebly het is die verblindende, veelkleurige reënboog tussen êrens en nêrens! Wat het jy nou eintlik verwag om te kry tussen die wigte en teëwigte wat mekaar moes bestry?

Die staat is gelaai met tronkvoëls, sangomas, rassiste, psigopate Xenofobe, narciste, akrobate, narre en skobbejakke. Hulle skaterlag en giggel onbeheersd oor die reënboog. As hulle uitgevang word herroep en ontplooi hulle hulleself regstellend.

“Numero uno” is ‘n onwaardige en ondankbare mens. Sy dwelmdenke is onverruklik verweef in skisofrenie, supernovas en die kleurspektrum van ontploffings. Hy het nou bevind dat ‘n mens nie aan ‘n reënboog kan vashou nie want jou arms is te kort en die wit skyn is te verblindend deurdringend. Dan is daar nog die oranje en die blou wat die blanje in hul arms hou! Wat ‘n konsternasie my basie, op die reënboogstasie.

In ‘n neutedop en terwille van spasie, tussen êrens en nêrens het dié reënboog gestalte gekry. Vorster se détante (‘n Maorie of twee), PW se drie kamer parlement met net een stel toilette en dan FW se onnasionale reënboog waar swart en wit slegs teorie is, vertel die storie. Wat agterna gebeur het ervaar jyself. Kom ons praat nou sinvol oor die toy,toy, Koi,Koi die San en die nuwe Mfecane (etniese suiwering oftewel volksmoord). ‘n Geknelde land in verskrikking! Dié reënboog, het sy glans verloor in die donkerte van Afrika!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie