1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5915861

Besoekers aanlyn

Ons het 36 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Banier 3

Afrikaner

AS DIE REMME FAAL TEEN ‘N AFDRAAND ........

NG KERK LOGODie NG Kerk se beginselafwyking in 1986 toe hulle apartheid as ‘n sonde verklaar het onder leiding van die Afrikaner Broederbond, het geleidelik momentum gekry en storm nou volstoom na benede!

Met apartheid afgehandel as ‘n “euwele beleid” en in pas met die kommuniste, die wêreldraad van kerke en elke ander vyand van die Afrikanervolk, is die wiele nou besig om af te kom! Namate kerkgangers die Woord van God bo die verkose liberaliste in sinodes, ringe en kerkrade se humanistiese en politiekkorrekte dwalings begin stel oor homoseksualisme en dieselfdegeslag huwelike, is die uiteindelike verplettering van diesulke kerke, onvermydelik!

 

Daar is egter nog altyd die genadelike weg van bekering oop vir hierdie onbesonne moedswilligheid om in lyn en in pas te bly met die wêreld wat deur satan beheer word.

Met verdeeldheid soos hieronder aangedui, sal die kerk nie bly staan nie!

Goudland Sinode hoef nie te skrik vir koue pampoen nie

2019-11-11 Daniel Louw

NG Kerk: Skeuring dreig ná besluit oor homoseksualiteit (8 Nov 2019)

Dit is duidelik dat die liberales in die NG Kerk nou probeer wal gooi. Hulle besef dat daar ‘n beduidende hoeveelheid gemeentes is wat bereid is om weg te breek van die NG Kerk en nou kom hulle met allerhande bangmaakpraatjies.

Goudland Sinode hoef nie te skrik vir koue pampoen nie

Op die voorblad van Beeld van Vrydag 8 November 2019 is berig dat adv. Dewyk Ungerer, die algemene sinode se aktuarius, gesê het dat – indien die sinode Goudland uit die algemene sinodale verband tree – regsekerheid oor ’n paar “kernkwessies” gekry sal moet word. En eerste wat hy noem, is dat dominees dalk hulle bevoegdheid kan verloor.

Dit is niks anders as gruwelike intimidering nie en is geheel en al onwaar.

Die berig sê tereg dat Goudland oorweeg om uit die algemene sinodale verband te tree op grond van artikel 37. Dié artikel lui: “Dit staan die samestellende kerke vry om met behoud van alle regte, voorregte, besittings, naam, ensovoorts, uit die algemene sinodale verband te tree wanneer hulle so ’n stap voor God in die lig van sy Woord kan regverdig.”

Klaarblyklik beteken “alle regte” vir adv. Ungerer nie alle regte nie. Helaas is dit nie moontlik om aan iemand te verduidelik dat alle regte in Afrikaans nie maar net sekere regte beteken nie, maar inderdaad alle, maar dan alle regte beteken.

Adv. Ungerer wat volgens u berig ’n “kerkregkenner” is, moet tog wéét dat die eerste reël van kerkregtelike eksegese is dat die konteks in ag geneem moet word. Dan moet mens eerstens die agtergrond en ontstaansgeskiedenis van dié vreemde artikel ken. Dit word vreemd genoem omdat die Ned. Geref. Kerk die enigste Gereformeerde Kerk is wat so ’n artikel in sy kerkorde opgeneem het.

Artikel 37 van die Kerkorde spruit uit die wantroue tussen die destydse 5 selfstandige/onafhanklike sinodes of kerke wat uiteindelik die algemene sinode gevorm het: die drie selfstandige kerke van die twee boere republieke en Natal aan die een kant en die Kaapse Kerk (die kerk in die “kolonie”) aan die ander kant, met Suid-Wes-Afrika (wat van die Kaapse Kerk afgestig het) min of meer op die kantlyn.

Dié selfstandige kerke wou nie hulle selfstandigheid (onafhanklikheid) heeltemal inboet nie. Met die Anglo-Boereoorlog nog vars in die geheue, die weiering van die Kaapse Kerk om die Voortrekkers pastoraal te versorg en hulle vrees – gewaan of nie – vir die Engelse invloed, kon die eenheid-strewe in die Ned. Geref. Kerk met Uniewording nie momentum kry nie, maar het dit meer as 50 jaar geduur tot die algemene sinode in Oktober 1962 tot stand gekom het.

Die destydse Federale Raad van Ned. Geref. Kerke en die Kommissie van Aktuarii wat hulle aangewys het om die eerste kerkorde van die algemene sinode te finaliseer, het dié kerkorde die “akte van vereniging” van die samestellende sinodes genoem. Om bogenoemde vrese te besweer, is nie net artikel 37 nie, maar ook artikels 36 en 44 vir hierdie akte van vereniging geformuleer.

Met name is artikel 44 geformuleer omdat die kerke in die eertydse Boere Republieke gevrees het dat die Kaapse Kerk hulle op teologiese dwaalweë kon voer. Vandaar dat artikel 44 bepaal dat die wysiging van die Belydenis alleen kan geskied nadat elke sinode afsonderlik met ’n twee-derde-meerderheid ten gunste daarvan besluit het.

Genoemde 3 artikels verskans die selfstandigheid van die samestellende sinodes.

En artikel 36 lui: “Die samestellende kerke of sinodes behou volle seggenskap oor hul eiendomme, finansies, werksaamhede, ensovoorts, wat hulle voor toetreding tot die algemene sinodale verband gehad het of daarna verwerf, behalwe die wat volgens die Kerkorde aan die Algemene Sinode oorgedra is of sal word, of deur die Algemene Sinode in trust gehou word.”

Kundige kerkregtelike uitleg van dié artikel sal wéét dat die “werksaamhede” waarvan gepraat word in die konteks van die Kerkorde duidelik omskryf word, bv. in artikel 3. Dáár word bepaal dat die Kerkorde “… ’n aantal bepalinge gegee vir die lewe en werk van die Kerk …” en artikel 3.2 sê: “Hierdie bepalinge handel oor die ampte in die Kerk, die vergaderinge van die Kerk, die werksaamhede van die Kerk, regering en tug van die Kerk en die betrekkinge van die Kerk na buite.” Enigiemand wat ter sake kundig is, wéét dat artikel 3.2 inderwaarheid die “opskrifte” van die 5 hoofstukke van die Kerkorde is.

Hoofstuk 4 (artikel 48 – 58) handel dus oor genoemde werksaamhede of die “arbeid” van die kerk. Die eerste (vernaamste) werksaamheid, is die openbare erediens. Artikel 48.3 bepaal: “Die leiding van eredienste berus by een van die volgende persone: 48.3.1 die predikant van die plaaslike gemeente”.

Artikel 36 bepaal onomwonde dat die samestellende sinodes volle seggenskap oor hul werksaamhede behou. Hoe kan Ungerer dan vra: “Waar sal Goudland dominees kry wat gelegitimeer is as hulle uit die verband tree?” Goudland se gemeentes – trouens enige gemeente sal self besluit wie hulle wil beroep, dankie! En die beroepe dominee sal ook sonder enige inmenging vry wees om ’n beroep te aanvaar of te bedank.

Net so onsinnig is sy volgende vraag: “En sal hulle dan ’n dominee van binne die NG Kerk kan beroep?” Adv. Ungerer is ook bestuurder Predikantesake. Weet hy dan nie dat alle dominees binne die Ned. Geref. Kerkfamilie en selfs ook dominees uit ander gereformeerde kerkgenootskappe (met inagneming van spesifieke vereistes wat ’n kerk kan stel) bv. die Hervormde Kerk, die Gereformeerde Kerke in SA, ens. beroepbaar is na enige Ned. Geref. Gemeente nie?

Wat meer is: adv. Ungerer wéét dat die enigste manier waarop enige predikant van sy/haar bevoegdheid ontneem kan word, ’n skuldigbevinding by ’n tugverhoor deur ’n ring is, of indien die predikant self bedank. Hoe kan hy dan dreig dat dominees dalk hulle bevoegdheid kan verloor as Goudland met behoud van alle regte uit die algemene sinode tree?

Artikels 36 en 37 saamgelees maak dat die “met behoud van alle regte, voorregte, besittings, naam, ensovoorts” ’n ondeurdringbare vesting teen enige oorheersing deur ’n algemene sinode is.

’n Noodsaaklik regstelling moet ook gemaak word. Dit is nie korrek om die handelinge van Goudland “kerkskeuring” te noem nie. Artikel 37 praat alleen van uittrede uit die algemene sinodale verband. Toe die algemene sinode in 1962 tot stand gekom het, is daarvan afgesien om van die algemene sinode – soos dit destyds gebruiklik was – as ’n “daadwerklike organiese eenheid” te praat, maar is daarna as ’n blote “organisatoriese” eenheid genoem. Dáárom het wyle prof. Willie Jonker (in ’n artikel in die Ned Geref Teologiese Tydskrif) geskryf dat die algemene sinode “… eintlik alleen maar ’n soort koördinerende vergadering… weinig meer as die Federale Raad van Kerke” is.

Onderteken deur:

Dr. G. J. Duursema, dr. J. H. Ernst, ds. H. M. Janse van Rensburg en ds. T. Danzfuss.

Al vier ondertekenaars was lid van die Algemene Taakspan Regte van die algemene sinode en aktuarii van hul onderskeie sinodes. Dr. J. H. Ernst was die vorige aktuarius van die algemene sinode.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie