1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5611338

Besoekers aanlyn

Ons het 87 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Die 1996-grondwet as maatstaf vir Afrikanerskap

All constitutions seek to articulate... the shared aspirations of a nation; the values which bind its people... the national ethos which defines and regulates that ethos; and the moral and ethical direction which that nation has identified for its future.... The South African Constitution ... represents a decisive break from, and a ringing rejection of, that part of the past which is disgracefully racist, authoritarian, insular, and repressive ...   S v Makwanyane

The Preamble ... should not be dismissed as a mere aspirational and throat-clearing exercise of little interpretive value. It connects up, reinforces and underlies all of the text that follows.

                        S v Mhlungu

 

Die 1996-grondwet stel in sy aanhef onder meer die volgende:

We, the people of South Africa,

Recognize the injustices of our past;

Honor those who suffered for justice and freedom in our land;

Respect those who have worked to build and develop our country;

And

Believe that South Africa belong to all who live in it, united in our diversity.

Wat sê die 1996-grondwet oor die verlede en spesifiek die Afrikaner se verlede?

Dit beskou dit as misdadig. By implikasie is alle Afrikaners wat daaraan deel gehad het misdadigers. Die spesifieke verwysing is natuurlik na die beleid van apartheid.

Vandag word Afrikaners opgeroep om in terme van hierdie Grondwet te stem en deel te hê aan ‘n bestel wat daarop gerig is om die verlede van die Afrikaner uit te wis. Dit sluit in sy Christelike grondslag, sy geskiedenis, sy eienaarskap, sy posisie in die werksplek, en uiteindelik, sy bestaansreg.

Afrikaners wat die parlement betree, sweer met ‘n eed dat hulle hierdie Grondwet sal verdedig en uitbou. Hulle moet dus help om uitvoering daaraan te gee dat die Afrikaner uitgewis word in hierdie land.

Nou moet ons onthou dat ‘n grondwet die hoogste wet van ‘n land is en lotsbepalend vir die gestalte van die hele staatshuishouding. Dit is die grondslag van ‘n samelwing, waarop daardie samelewing gebou word.

As Christelike beginsels ingebou is in ‘n grondwet, sal Christelike beginsels die toon aangee. Indien nie, sal dit wat in plek daarvan gestel word, ‘n humanistiese lewensbeskouing soos ingebou in die 1996-grondwet, die pas aangee. Boonop gaan dit gepaard met ‘n ingeboude vyandigheid teenoor die Afrikaner en sy verlede.

 

Met die aanvaarding van die 1996-grondwet het diegene wat daartoe ingestem het en dit vandag nog onderskryf, hulle Afrikanerskap verloën. Daar kan tog geen ander gevolgtrekking gemaak word nie. Hulle het boonop, al sal hulle dit ten sterkste ontken, hulle diepste geestelike waardes en God verloën.

 

 

Die 1961-grondwet het as uitgangspunt gestel:

In nederige erkentlikheid teenor die Almagtige God,

Die Skepper en die Onderhouer van nasies.

Dit was die basis van die republiek. Dit was die fondament. Dit het aan die land sy stukrag gegee. Dit het aan die Afrikaner selfrespek gegee. Dit was gebou op die Rots van nasies. Christenskap was ononderhandelbaar.

In terme van die 1996-grondwet is Afrikanernasionalisme buite aksie gestel, omdat enige keuse vir die volk en sy verlede per definisie diskriminasie daarstel wat verbied word en teen die grein van die 1961-grondwet ingaan. Die huidige Grondwet het ‘n liberale basis waar God misken word en gelykheid nagestreef word. Dit het nasionalisme verbode verklaar en enige debat in die parlement en in die bedeling kan net binne die raamwerk van hierdie grondwet plaasvind. Liberale politiek wat God misken is amptelike staatsbeleid. Dit het ‘n totalitêre staat onder ons neuse ingevoer terwyl ons dit nie agtergekom het nie en deur Afrikanerleiers mislei is om anders te glo.

 

As opponent van die liberale gelykheidsdogma is jy gereduseer tot magteloosheid in hierdie bestel en jy is boonop gekriminaliseer. Dit alles in die naam van “menseregte”.

 

Besef u nou waarom die aanvaarding of verwerping van die 1996-grondwet die meetsnoer is waaraan jou Afrikanerskap gemeet sal word. Want net diegene wat dit verwerp kan as Regte Afrikaners beskou word. Ja, as ware Afrikaner nasionaliste!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie