Na die Nasionaleparty se oorwinning in 1948 het elke leier van die Nasionale Party van al vier provinsies’n boodskap gestuur aan die redakteur, D.P Goosen van DIE TRIOMF VAN NASIONALISME IN SUID AFRIKA (1910-1953).
In hierdie uitgawe as huldeblyk aan dr. D.F. Malan OP 30 NOVEMBER 1953, het van die voorste Afrikanerleiers van daardie tyd, onmisbare en kragtige riglyne neergepen wat deur vandag se moderne “politieke kundiges,” deur hulle “meerdere insig”, verkies het om in die wind te slaan en die reeds beproefde ondoeltreffende politieke weë opnuut te probeer, om nogmaals te faal.
In terugskouing is dit duidelik uit die gevolge van die veronagsaming van die beginsels wat uit ervaring aan ons voorgehou is, versterk deur die waarskuwings van die gevolge wat sou volg op die afwyking daarvan, dat dit nie politieke intelligensie was wat hier aan die werk was na die sluipmoord op dr. Verwoerd nie, maar blindelingse navolging van die humanistiese liberalisme as teenhang van Nasionalisme.
Die AVP plaas dus graag in opvolg hierdie boodskappe van sin wat ons volk tot hoë hoogtes instaatgestel het en nou opnuut weer besig is om internasionaal in vervulling te gaan.