1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5611302

Besoekers aanlyn

Ons het 41 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

AS DIE WAARHEID VAN GOD’S WOORD NIE MEER VIR JOU WAAR IS NIE…….

Klaas WaarseggerAs jy met ander woorde nie meer met God kan klaarkom nie,bevind jy jouself sekerlik in sekere kerklike en/of politieke kringe. Hulle gebruik die Bybel as ‘n handleiding om vir mense te vertel waar om ‘n kruisie te trek. Selfs Kerk en Samelewing moes herskryf word as regstellende aksie om aan te pas by die grille en giere van die nuwe “ verbeterde” Suid Afrika.

Asof dit nie genoeg was nie, is ook ‘n addisionele belydenis opgestel, genaamd die Belhar belydenis. Dit is natuurlik gedoen volgens die “tweegod” sisteem. Die een waarvan hulle weinig weet en die ander een wat hulle wat hulle kan voorskryf volgens die smeltkroes van die nuwe Suid Afrika.

Die suggestive is dat God te rassisties was met Sy skepping. Witheid is ‘n problem in die nuwe Suid Afrika. Die Goddelike standpunt van eiesoortigheid soos Vals kerkgedemonstreer in Sy skepping, is uitgestem by die sinodes sowel as in die algemene verkiesings. Die Christelike geloof kry nie meer erkenning in die kerk of parlement nie. ‘n Mens dink onwillekeurig aan N.P. van Wyk Louw se Raka—Die dag toe die ondier gekom het met sy vreemde gedagtes.

Beskuldig my maar van ‘n gebrek aan takt, want ek hou nie van ‘n stilte wat die stilte van die dood is nie. Dan het ek reeds ‘n stil dood gesterf. Die diepste van die lewe is nou in lyding. Die hele skepping sug en is in barendsnood. Hierdie mense is die kluts kwyt.

Ek glo steeds aan ‘n ongedogmatiseerde Christus en ek is onherroeplik aan my volk verbind. Dit was Sy wil dat ek ‘n Afrikaner moes wees. Om ‘n spieël op te hou van Babel en te predik dat God nou gekonformeer het volgens die Slovo grondwet, skreeu ten hemele.

Skandelike mense wat sonder respek vir God saam fees hou met Afrikanerhaters wat deur winde van verandering ronddrywe, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar sal word. Wat ek ook met sekerheid kan sê, is dat die spoed van lig vinniger is as die spoed van klank. Daarom mag sommige van hierdie predikante vir u intelligent lyk, totdat jy hulle hoor praat!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie