1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5747189

Besoekers aanlyn

Ons het 105 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

SONDER DIE LIEFDE ...

Bybel1 Kor. 13:1-13

AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek n klinkende metaal of n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. (:1-3).

Ons as mense raak so maklik in gewoontes vasgevang. Ons doen dan naderhand dinge bloot uit roetine, uit gewoonte sonder om te besin waarom ons dit dalk doen. Dink maar gerus hoeveel mense uit gewoonte in die oggend werk toe gaan eerder as met n gesindheid dat hy/sy die voorreg sal hê om n positiewe verskil in ander mense se lewens te gaan maak. n Gesindheid dat ek met n liefdevolle optrede n ander persoon se lewe kan verbeter en/of se las kan ligter maak. n Gesindheid dat God my nog eens die kans gun om die gawe van n nuwe dag te omarm en opnuut te poog om Sy liefde aan diegene rondom my te bewys.

Ons sien ongelukkig dan ook in ons dag net soveel mense wat uit gewoonte kerk toe gaan. Ons gaan kerk toe, want dit is hoe ons grootgemaak is. Ons gaan selfs na n spesifieke denominasie toe, want dit is die kerk waarin ons grootgeword het. Die feit dat daardie kerk dalk lank nie meer dieselfde leer verkondig as in die tyd toe ons grootgeword het nie, bedink ons nie vir n oomblik nie. Die feit dat dwaalleer getuig van n gebrek aan liefde vir God laat my nie ywerig soek na n ander geestelike heenkome waar God wel in liefde aanbid word nie omdat my eie liefde dalk maar baie flou is. Indien ons wel na die huis van God gegaan het omdat ons Hom van harte liefhet, sou ons hierdie dwalinge ongetwyfeld kon bemerk.

Dit is tog duidelik dat die liefde n ereplek in ons lewens behoort te hê. Maar hoe lyk liefde? Hou sou ons liefde definieer of hoe sou ons dit omskryf en verduidelik? Hierdie beskrywing word vir ons pragtig gedoen in verse 4-7 van ons gelese gedeelte. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Wanneer ons hierdie lys van dinge wat liefde sou omskryf of definieer lees, sien ons hoedat ons die toets van liefde nie slaag nie. Hoeveel lankmoedigheid is daar in my lewe teenoor my naaste? Ons het mos n misplaaste lankmoedigheid in ons tyd ons is lankmoedig teenoor ongeregtigheid en onverdraagsaam teenoor mekaar. En God verwag in werklikheid van ons onverdraagsaamheid teenoor die ongeregtigheid en lankmoedigheid teenoor mekaar.

Hoeveel vriendelikheid sien ons nog in ons tyd? En nou praat ek van opregte vriendelikheid en nie n skynheilige of oppervlakkige kastige belangstelling in iemand se lewe nie? n Vriendelikheid wat diep uit die hart kom n vriendelikheid wat iets binne die persoon wat daardie vriendelikheid ervaar, kan aanroer.

Ek wonder of is daar darem nog van ons wat verstaan om saam met ons naaste bly te wees wanneer goeie dinge in die lewe na hulle kant toe kom eerder as om hulle met jaloesie te bejeën? Ons moet van harte saam met ons naaste verheug kan wees oor hulle voorspoed en geluk eerder as om in ons harte jaloers te wees en dalk te dink dat God net aan ander goed doen terwyl dit voel asof Hy van my vergeet.

Ek kan ook nie help om te wonder of ons nog verstaan om beskeie te wees nie. In die tyd waarin ons leef met die mens wat tot n afgod verhef word, is dit algemeen om mense se grootpratery te hoor. Dit is die een prestasie op die ander en die een hoogtepunt in hul lewens na die ander. En die feit dat hierdie onbehoorlike grootpratery dalk n ander minderwaardig sou laat voel, is mos irrelevant.

Die verbitterdheid in families teenoor mekaar, die onwelvoeglike optrede van mense asook die selfsugtige hebsug van elkeen om net sy eie belang te soek, is alles dinge wat verder daarvan getuig dat ons volk die toets van liefde op hierdie punt van ons bestaan nie slaag nie.  

Ons sal met erns moet besin oor die belangrikheid van die liefde in ons lewens. Ons sê dat ons God n God van liefde is. Ons bely en getuig ook dat gelowiges op so n wyse moet leef dat die beeld van God in hul lewens sigbaar is. Dit is dus ondenkbaar dat n persoon wat hierdie waarhede bely n lewe kan lei waarin liefde nie sy regmatige plek inneem nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie