1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5802122

Besoekers aanlyn

Ons het 32 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Kongres Banier 2 2019

Afrikaner

WANNEER IS 'N REGERING ONWETTIG?

De Klerk en Pik Botha se beloftesWANNEER IS VERRAAD VERRAAD? ‘N LEUEN NIE MEER ‘N LEUEN NIE?

Ons kyk weer 'n slag na uitsprake van FW de Klerk oor 'n beloofde referendum aan die Blanke kiesers van die land –(nie die een van 17 Maart 1992 vóór die nuwe grondwet nie, die een wat in Hansard opgeteken is wat hy belowe het nadat die grondwet geformuleer is) dat hul mening oor 'n nuwe grondwet vir die land in 'n referendum getoets sal word – dit is 'n allesdeurdringende kwessie wanneer besin word oor die Afrikanervolk se verskriklike lot vandag onder de Klerk en kie se kommunistiese ANC-regime.

De Klerk het inderdaad homself oor die perd getel om die Blanke kieser te oortuig dat sy belange nie geskaad sou word in die proses nie. Kyk weer na sy beloftes: “Enige substantiewe grondwetlike wysigings, selfs as net bloot gerig is op oorgangsmaatreëls, sal deur die Parlement aanvaar moet word nadat 'n mandaat bekom is by wyse van 'n referendum.”

Daar was géén refendum vir daardie oorgangsmaatreëls nie, dit is nou die destydse Uitvoerende Oorgangsraad, wat nog te sê die 1994-grondwet en die finale 1996-grondwet.

Op hierdie webwerf is aandag gegee aan vele van De Klerk se beloftes. Die onomstootlikste en duidelikste wat hierdie beloftes betref, het egter gekom met De Klerk se opening van die eerste sitting van Kodesa 20 Desember 1991: Daar sou geargumenteer kon word dat die 1992 referendum wat na hierdie Kodessabeloftes gehou is, die referendum is wat hier ter sprake is. Meet egter die inhoud van waaroor daar in 1992 gestem is aan die beloftes wat in die toespraak van 20 Desember 1991 gemaak is en hou dan in gedagte die belofte dat daar weer ‘n referendum gehou sou word voor die goedkeuring van die onderhandelde grondwet en die bedrogvolle metodiek en naakte verraad kom soos ‘n legkaart bymekaar.

Waaroor daar op 17 Maart 1992 gestem is: ”Ondersteun u voortsetting van die proses van hervorming wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat gerig is op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling?” (JA of Nee, moes ons stem)

De Klerk se opening van die eerste sitting van Kodesa 20 Desember 1991:

“What we are not prepared to consider is the circumvention or suspension of the present Constitution of the Republic. Any substantive constitutional amendments, even if they are aimed at transitional measures only, will have to be adopted by Parliament after a mandate has been obtained by means of a referendum.

“Such a referendum will have to produce, among other things, a positive mandate from the electorates of each of the existing Houses of Parliament. If the proposals in respect of transitional measures are fair to all, the response from every section of the population will be an overwhelming Yes.”

Hier is die res van daardie toespraak waarin die reeds aangehaalde paragrawe voorkom wat alle onduidelikheid uit die weg ruim oor hierdie beloofde referendum en waarin die sake waaroor dit werklik gaan vermeld word wat eintlik in die 1992 referendumvraag geformuleer moes gewees het.

Wat nie in die referendumbrief gesê is nie maar waarvoor daar gestem is:

The Government's position is the following:

•We are prepared to begin negotiating immediately on amending the Constitution of the Republic to make an interim power-sharing model possible on a democratic basis.

• We are convinced that it is in the best interests of South Africa and all its people for us to institute expeditiously, as a first phase, a government, that is broadly representative of the total population. Such a generally representative government will not only see to the administration of the country, but will also be able to take the lead in further constitutional reform.

• We are equally convinced that the composition of Parliament, too, should be changed during this initial phase already to include the total population in an equitable manner.

Constitutionally-founded transitional structures may enable all South Africans to become part within a short time, through their democratically elected representatives, of decision-making, as well as of further negotiations about a more final constitution. Nobody will be able to dispute the legitimacy of such a transitional government and newly-constituted Parliament, as is being done at present in respect of CODESA and other structures.

The Government is determined to make its contribution towards enabling CODESA to succeed.”

As dit wat hierbo staan, saamgelees met die regering se voorneme om Mandela vry te laat, die SAKP te ontban en ‘n een mens een stem verkiesing te hou in die referendumbrief opgeneem was, sou die uitslag sonder enige twyfel nee gewees het soos wat al die tussenverkiesings kort voor die referendum aangedui het.

OPENING VAN DIE EERSTE SITTING VAN KODESA, 20 DESEMBER 1991:

Die oë van die ganse Suid-Afrika is gerig op ons, hier vergader. Die toekoms van man, vrou en kind, van ryk en arm, van geleerd en ongeleerd gaan wesenlik geraak word deur ons sukses of mislukking.

Afrika hou sy asem op in die wete dat Suid-Afrika 'n belangrike sleutel is tot groter stabiliteit en voorspoed vir 'n groot deel van die kontinent.

Die internasionale gemeenskap sien met verwagting uit na die stabilisering van ons gekwelde land, sodat ons die opbouende internasionale rol, waarvoor ons uitgeknip is, kan begin speel.

Hardkoppiges, kwaadwilliges en revolusionêres wil hê ons moet misluk. Die oorgrote en stille meerderheid bid vir ons sukses.

Op die skouers van ons hier vergader rus die geweldige verantwoordelikheid om die hoop van ons burgery en ons vriende te verwesenlik en die planne van hulle, wat chaos wil saai, te fnuik.

Ons einddoel is 'n nuwe, billike, regverdige, onderhandelde, en ten volle demokratiese grondwet - 'n grondwet wat goeie en stabiele regering kan verseker, magsmisbruik en oorheersing kan voorkom en billike deelname aan almal op elke lewensterrein sal waarborg.

Die aanvang van hierdie Konvensie is die enkele belangrikste gebeurtenis, sedert daar 'n breë konsensus oor die noodsaak van veelparty onderhandeling begin groei het.

Ons sal in werkgroepe en volle sittings worstel met die prosedures, metodes en die substansie van die onomkeerbare konstitusionele proses waarin ons betrokke is. Sukses of mislukking sal in 'n hoë mate bepaal word deur konvensiegangers se wil om mekaar te vind langs die weg van gee en neem.

Die Regering neem in hierdie gesindheid deel aan hierdie Konvensie. Ons is hier om oplossings te vind, verstandhoudings te bou en saam met almal 'n grondslag vir 'n demokratiese, stabiele en voorspoedige toekoms te lê.

Ons sal ons spesifieke standpunte met oortuiging stel. Tegelykertyd sal ons luister na alle ander standpunte en brûe probeer bou tussen die uiteenlopende behoeftes van ons verskeie kultuurgemeenskappe en belangegroepe.

As alle afvaardigings in hierdie gees saamwerk, dan twyfel ek vir geen oomblik dat ons saam 'n deurbraak sal maak tot langtermyn vrede, voorspoed en vooruitgang binne 'n ware demokrasie nie.

One of the greatest problems we shall have to overcome, is mutual distrust and suspicion. No-one can deny that it exists over a wide front.

A particular facet of it emerges from the demands in various quarters for a transitional government, an interim government or a government of national unity. Suspicion exists that the Government may wish to abuse its power during the negotiations and be both player and referee.

I wish to make use of this early opportunity to attempt to remove this suspicion by spelling out where the Government stands on this issue.

It is not the Government's approach to cling to power or abuse its powers during the negotiations. A perception has been created that the Government is opposed to any form of transitional government. That is not true and numerous previous statements confirm this. The Government's position is the following:

We are prepared to begin negotiating immediately on amending the Constitution of the Republic to make an interim power-sharing model possible on a democratic basis.

We are convinced that it is in the best interests of South Africa and all its people for us to institute expeditiously, as a first phase, a government, that is broadly representative of the total population. Such a generally representative government will not only see to the administration of the country, but will also be able to take the lead in further constitutional reform.

We are equally convinced that the composition of Parliament, too, should be changed during this initial phase already to include the total population in an equitable manner.

In this respect, we are almost ready to table specific proposals which, naturally, will have to be negotiated intensively together with proposals by others.

What we are not prepared to consider is the circumvention or suspension of the present Constitution of the Republic. Any substantive constitutional amendments, even if they are aimed at transitional measures only, will have to be adopted by Parliament after a mandate has been obtained by means of a referendum.

Such a referendum will have to produce, among other things, a positive mandate from the electorates of each of the existing Houses of Parliament. If the proposals in respect of transitional measures are fair to all, the response from every section of the population will be an overwhelming Yes.

To sum up, I wish to state today in clearer terms than ever before that the Government is amenable to a negotiated form of transitional government being implemented expeditiously in a democratic and constitutional manner. A newly constituted Parliament may be part of it. That could produce an entirely new dimension in the debate about a constituent assembly.

This approach entails substantial advantages over the institution of all manner of cumbersome structures and forums to expand the say of people during a protracted transitional phase.

Constitutionally-founded transitional structures may enable all South Africans to become part within a short time, through their democratically elected representatives, of decision-making, as well as of further negotiations about a more final constitution. Nobody will be able to dispute the legitimacy of such a transitional government and newly-constituted Parliament, as is being done at present in respect of CODESA and other structures.

I wish to urge every delegation to think deeply about this approach. The Government has no sinister, ulterior motives on this subject. It is the Government's honest conviction that such a step is the shortest democratic and constitutional route to the aims we share with one another and to the elimination of the many differences that still exist among us.

Daar is ook wantroue en agterdog oor allerlei ander sake. Van die deelnemers aan hierdie Konvensie word van geheime agendas verdink deur partye wat verkies het om nie hier te wees nie. En selfs onderling is daar ook op hierdie stadium wantroue en agterdog tussen partye en organisasies hier teenwoordig.

Die uitdaging waarvoor ons staan is dus om die grondoorsake vir hierdie wantroue en agterdog aan te spreek. KODESA kan nie slaag as hy nie vertroue by die bevolking inboesem nie. En hy kan slegs vertroue na buite inboesem as hy binne 'n redelike tyd tot oortuigende en uitvoerbare ooreenkomste kom wat die wantroue, agterdog en vrese kan verwyder; as hy daarin kan slaag om die diepliggende beleidsverskille wat tussen baie van ons bestaan te omskep in ooreenkomste.

Dit sal ons nie regkry as ons ingestel is op oorwinnings teenoor mekaar nie. As afvaardigings werk vir 'n wen/verloor situasie dan is KODESA tot mislukking gedoem. As almal eerlik streef na 'n wen/wen situasie sal KODESA slaag. Daarom is die grondslag vir ooreenkomste binne KODESA konsensus.

Om 'n wen/wen resultaat te verkry sal van ons verg om die werklikheid in die oë te kyk. Oënskynlik botsende aansprake sal sinvol met mekaar versoen moet word - botsende aansprake soos:

Beskerming van die gevestigde ekonomiese belange van beleggers, grondeienaars, sakemanne, professionele lui en gesalarieerde werknemers teenoor die aandrang op beter lewensomstandighede van die kant van minderbevoorregtes.

Beskerming van minderhede teen oorheersing teenoor die regmatige aanspraak van 'n meerderheid, hoe ookal saamgestel, op demokraties verkreë mag.

Erkenning en akkommodasie van ons kulturele en bevolkingsverskeidenheid teenoor die noodsaak van een nasieskap met 'n gemeenskaplike lojaliteit.

Die behoefte aan taal en kultuurgebonde onderwys teenoor die noodsaak van een onderwystelsel.

So I could continue. The heart of the challenge lies in all of us having to learn not to propagate only the truth that fits our case, but also in being able to see and understand the truth that may not suit our case - and then, together, working out a solution that recognises the whole truth and deals with it sensibly.

The Government is determined to make its contribution towards enabling CODESA to succeed. I am encouraged by that which has been achieved already. I believe that we are on the threshold of a new South Africa, firmly based on the foundation of fairness and justice. Let us join forces in turning CODESA into the instrument for achieving it quickly.

(Die AVP se beklemtoning)

Wie se belange is hier gedien?

Die botsende aansprake waarna de Klerk hierbo verwys wat die belange van die Blanke Afrikaner behels, was blootgestel die oomblik toe: “Constitutionally-founded transitional structures may enable all South Africans to become part within a short time, through their democratically elected representatives, of decision-making” implimenteer is en die getalsmeerderheid die bepalende faktor geword het, presies soos wat dr. Verwoerd voorspel het en de Klerk geweet het soos wat hyself in Skietgoed van 1973 teen gewaarsku het!

Was daar werklik meerderheid steun?

Indien die NP werklik die meerderheid steun vir hierdie abdikasie gehad het, waarom die onderduimsheid? Daar is net een logiese verklaring, wat ondersteun word deur die feit dat die beloofde referendum nooit plaasgevind het nie. Voor die aanvaarding van hierdie “begrafnisbrief” vir die Afrikanervolk in die vorm van die onderhandelde grondwet, WAAROOR DIE BLANKE KIESERS EERS MOES STEM, en wat tot vandag toe vir die Afrikanervolk niks beteken het anders as ellende nie maar alles vir die swart volke wat met hulle onvermoë in minder as twee dekades Suid Afrika reeds tot ‘n rommelhoop reduseer het, het de Klerk reeds besluit om:” Let us join forces in turning CODESA into the instrument for achieving it quickly.”

Kan enige Afrikaner of Afrikanerorganisasie kwalik geneem word as hulle almal wat hieraan deel gehad het en vandag nog poog om dit aanvaar te kry, as verraaiers beskou? Indien daar iewers in die wêreld nog geregtigheid was sou hierdie geknoei soos in die Rivonia verhoor, as hoogverraad uitgewys gewees het. In stede van om die Afrikanervolk se belange teen die buitewêreld te beskerm, het die mense wat daarvoor verkies was die buiteland se belange in Suid Afrika bevorder. Groter vyande van die Afrikanervolk is nouliks denkbaar. (Van 'n medewerker)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie