1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5475449

Besoekers aanlyn

Ons het 28 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE ANC REGIME, IS 'N ILLEGITIME (ONWETTIGE) REGERING

F.W. de Klerk en George Soros7 Februarie 2019

Dit is eenvoudig verstommend dat die politieke partye in die algemeen, veral die partye aan die regterkant, met ‘n vorm van gelatenheid aanvaar het dat De Klerk ‘n mandaat gehad het vir die grondwetlike onderhandelings van 1993. In ag genome dat De Klerk nie sy beloftes nagekom het om ‘n tweede referendum te hou as ‘n vorm van magsdeling die basis van onderhandelings was. Dit staan soos ‘n paal bo water dat De Klerk magsdeling beloof het, en toe heeltemal oorgegee het weens ‘n gebrek aan ‘n onderhandelingstrategie wat bepaalde beginsels en belange van minderheidsgroepe sou beskerm. Selfs Prof. Hermann Giliomee, voorste historikus in die land beaam hierdie feit.

Op die vooraand van die referendum in 1992 het die NP ‘n volblad-advertensie geplaas wat verkondig het ; “As jy bang is vir meerderheidsregering stem JA”. De Klerk het ook beloof dat indien die skikking te vêr afwyk van die NP se voorstelle daar ‘n tweede referendum gehou sou word.

Op 31 Maart 1990, ses weke nadat die De Klerk bewind die verbod op die ANC en sekere ander buite-parlementêre organisasies opgehef het, stel De Klerk reeds onderhandelings vir ‘n nuwe grondwet in die vooruitsig en sê dat die grondwetlike voorstelle op ‘n grondwetlike wyse by die kiesers getoets sal word. Net met hul toestemming sal ‘n nuwe bedeling ingevoer word. In September 1991 egter voordat die onderhandelings in die Kodesa-forum begin het, het die NP se federale kongres ‘n nuwe beleid aanvaar: ‘n veelparty verteenwoordiging in die kabinet wat besluite deur konsensus moes neem en ‘n presidensie bestaande uit die leiers van die drie grootste partye en ‘n voorsitterskap wat roteer. In plaaslike verkiesings sou daar twee lyste wees, een algemene lys en een vir diegene wat eiendom besit en bestuur.

In Januarie 1992 sê De Klerk in die Parlement dat enige belangrike veranderinge aan NP voorstelle ‘n refendum sal vereis waaraan elke Suid-Afrikaner kan deelneem en waarin die uitslag sowel globaal en by wyse van die kiesersrolle van die driekamer-parlement bepaal sal word (Giliomee, The Afrikaners, bl. 633).

Die belangrikste belofte wat De Klerk persoonlik en die NP as party in die referendumveldtog van Februarie en Maart 1992 gemaak het is dat die NP net vir Magsdeling sal staan en meerderheidsregering soos wat in Brittanje en die VSA bestaan, verwerp. Die dag voor die referendum het NP ‘n banier-opskrif geplaas: “As jy bang is vir meerderheidsregering stem JA”.

In die referendum is die volgende gevra: “Steun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gerig is?” Lawrence Schlemer, een van die skerpste en mees ingeligte politieke ontleders in die land, het verklaar dat ‘n JA-stem geen mandaat vir ‘n meerderheidsregering was nie. Daar sou nooit ‘n JA-stem twee-derde meerderheid gewees het indien daar sprake daarvan was dat die ANC in ’n posisie sou kom waar hy alleen kon regeer.

Die harde waarheid is dat die De Klerk regering nie ‘n mandaat gehad het vir die interim grondwet wat in 1994 deur die Parlement aanvaar is nie. Die oposisie politieke partye was ook nooit ‘n kans gegun om die interim grondwet te debateer nie.

Eenvoudig gestel, die kiesers was gevra om te stem oor ‘n proses, definitief nie om ‘n oordeel oor ‘n ontwerp-grondwet uit te spreek nie? Dus was daar ook nooit ‘n goedkeuring verkry van die kiesers om ‘n mandaat te gee om tot ‘n meerderheidsregering in te willig nie.

Die val van die Berlynse muur gedurende November 1989 en die ineenstorting van internasionale kommunisme het die bedreiging wat die Suid-Afrikaanse Kommunistiese party ingehou het, drasties verminder. Hierdie baie belangrike gebeurtenis sou ongetwyfeld De Klerk se bedingingsmag versterk het toe die onderhandelings eers begin het, maar hy het vir onverklaarbare redes versuim om hierdie voordeel te gebruik tot sy guns.

Later skryf Chester Crocker, die VSA se Assistent-Sekretaris van Buitelandse Sake, dat hoewel die NP regering nie sy ligimiteit sou kon herwin nie, “the resistance (movements) d.w.s. SAKP-ANC had no hope of forcing the government to capitulate”.

Donald Horowitz, een van die voorste wêreld-kenners oor die skryf van ‘n grondwet in diep verdeelde samelewings, in sy boek in die 1990’s getitel “A Democratic South-Africa?” Hoe moet dit meerderheidsoorheersing en minderheidsuitsluiting verhinder? “If majority rule means black majority rule and white minority exclusion, something has gone wrong”. Baie later skryf hy, “De Klerks’ failings were astounding!”.

Die historikus, Prof Hermann Giliomee skryf in ‘n rubriek van 12 September 1991 dat Suid-Afrika nie oor die meeste vereistes beskik wat volgens kenners noodsaaklik is vir ‘n goed-funksionerende demokrasie nie.

Die helfte van die bevolking was funksioneel ongeletterd, die ongelykheid tussen die armste helfte en die rykste tiende was van die hoogste in die wêreld. ‘n Sterk middelklas wat gewoonlik as voorvereiste vir ‘n demokrasie beskou word, was onder swart mense afwesig. Volgens die meeste berekenings sou minder as 20% van die kiesers in ‘n volwaardige demokrasie deel van die middelklas wees.

Die oomblik as jy die noodsaaklikheid van skeiding nie wil aanvaar nie, en gemeenskaplikheid die basis van jou beleid maak, het Dr. Verwoerd op 14 April 1961 in die Volksraad verklaar: “beland jy in die moeilikheid en ellende. Dan sal op die ou end, of ‘n mens dit nou wil of nie, Swart heerskappy tot stand kom.” Noem dit segregasie, noem dit apartheid, noem dit afsonderlike ontwikkeling – daarin en daarin alleen lê die toekoms van Suid-Afrika se Blanke volk opgesluit. Die beleid rus op lewenswette wat hulle nie laat misken nie.

Die voorgenoemde feite is beslissende bewyse dat FW De Klerk en die NP regering onwettig opgetree het om die land oor te gee aan ‘n meerderheidsregering sonder ‘n mandaat van sy kiesers op ‘n oneerbare wyse, wat niks anders as verraad is nie. Indien die AVP die mag sou oorneem sou hierdie verraderlike mense wetlik aangekla word.

ARCAS VAN ROOYEN

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie