1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5316174

Besoekers aanlyn

Ons het 27 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GEORGANISEERDE LANDBOUSTRUKTURE HET DIE BOERE GEFAAL!

JudasbokDaar kan met reg gevra word wat is dit met die boere wat soos slagskape deur ‘n Judasbok vrywillig na die slagplek gelei word. Dit is asof hulle, soos die skape in ‘n drukgang verkeer en gewillig agter die Judasbok aan loop en in die slaghok beland terwyl die Judasbok vernuftig by die syhek deurspring wat daar vir hom ingebou is.

Die AVP se leierskorps het toe ons nog lede van die nou vervalle HNP was, voor 2008, die Groenskrif oor Landbou van die ANC-regime as onteiening sonder vergoeding ge-identifiseer en dringend daaroor gewaarsku. Ons het ook by herhaling gewaarsku dat daar nie met die regime onderhandel moet word oor ons eiendomlike nie, omdat die regime illegitiem aan bewind gekom het deur die NP se verraderlike politieke uitoorlê taktiek, waarmee feitlik die hele Afrikanervolk na die “slagkamer” gelei is.

In daardie sin het die ANC dus onwettig in beheer van Afrikanerland gekom en is die grondwet, wat in ‘n referendum weer aan die Afrikanervolk voorgelê moes word vir goedkeuring, nie gedoen nie! De Klerk kon dit nie waag nie omdat dit duidelik was, gemeet aan die destydse tussenverkiesings, hy die referendum sou verloor. Soos wat in Hansard opgeteken is dat die grondwet weer in ‘n referendum aan die Afrikanervolk voorgelê sou word wat hy toe gesystap het, is dié dus ook onwettig en so elke wet daarna!

Elke swart volk in Suid Afrika het elk hulle eie land waar hulle soos in die res van Afrika, net bestaan en nie hulle lande ontwikkel het nie en vir ‘n beter lewe, werk en inkomste na Afrikanerland gestroom, soos ook uit feitlik elke land in Afrika, tot vandag toe! En by wie kom werk? By die blanke en die blanke se ondernemings wat nou gevat moet word omdat ons dit sou gesteel het! By hulle??

This was a land without a wheel.a lamp, a match to light a fire,

without a book, a pencil or a pen, without a blanket. None could make

a button,or a buttonhole to fasten his skins about him in the wind.

Superstition,pestilence and famine stalked the land and ruled men`s

lives. War raiding were unending. Life was very cheap.

 

Who changed it? Who brought peace and progress,education and the

modern arts of healing, the written word and computation, commerce,

coinage, banking, credit, transport, towns and cities, ships and

harbours, power, intensive agriculture, enough to eat? Who brought law

and order, security of life and property, respect for other tribes and

races?

 

Those who brought a thousand benefits must themselves maintain and guard

them.

NONE OTHER CAN!!!!!!!! A.T. Culwick

 

Frans CronjeDit bring ons by die vraag en antwoord gesprek wat Joylene van Wyk met dr. Frans Cronjé, ’n scenariobeplanner en uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudings gehad het soos opgeteken in Landbouweekblad. (Deur Joylene van Wyk 8 Maart 2017).

Dr Cronjé bevestig in hierdie gesprek albei standpunte van die AVP, naamlik dat in die grondwet, onteiening sonder vergoeding reeds vroeg al ingebou was en tweedens dat dit ‘n fout is om met die regime te onderhandel oor jou grond.

Wat egter uit dr. Cronjé se gesprek verder na vore kom, is die landbou organisasies se onheilspellende volgehoue weiering om hulle aan dié geldige waarskuwings te steur! Dit is waarskuwings wat nie afgewyk het van dr. Verwoerd se waarskuwings aan die VP en ander liberales van die sestigs nie en wat sommer kort na 1994 sigbaar in vervulling gegaan het!

Die verklaring daarvoor moet gesoek word in die Broederbond en sy uitloopsel, Toekomsgesprek, waarvan die meeste van daardie landbouorganisasies se lede, lid was! Gesprekke met TLU, Agri SA en Vrystaatlandbou het op dowe ore geval met die gevolg dat hulle onderhandelings en gesprekke met die regime, onmeetbare skade aan die bedryf veroorsaak het. Behalwe vir die feit dat dit ‘n wetmatigheid aan ‘n illegitieme regime verleen het wat hulle nie sou gehad het as alle Afrikaners gesamentlik in verset gekom het nie, het dit aan die aanspraak van die swartes op Suid Afrika ‘n skyn van wettigheid verleen wat ons vryheidstryd geweldige skade aangedoen het!

Dr. Cronjé stel ‘n vierpunt plan voor wat in die omstandigheid waarskynlik die beste moontlike verweer vir die boerderybedryf is. Daarvoor is egter konsolidasie van al die blanke boere in Suid Afrika nodig wat bereid is om hulle af te skei van hulle organisasies wat onder die vaandel van saamwerk en toegee en afgee en oorgee aan die onwettige regime wat nie instaat is om hulleself te orden nie! Boereverenigings wat sulkes nog in hulle geledere het moet van hulle ontslae raak en terugdink aan die gesamentlike optrede onder die leiding van BKA in die opmars en beleg van Pretoria!

Die volgehoue leuens van die ANC waarvan die nuutste is dat slegs die onbenutte grond van boere se plase gevat sal word, kan slegs nog deur kranksinniges geglo word! Nêrens in Suid Afrika, of in Afrika waar slegs swartes woon en in beheer is, is daar produktiewe landbou wat instaat is om hulle te voed nie. Dit is dus ook in hulle belang dat ons Suid Afrika terugneem en weer opbou vir ons nageslag!

Vraaggesprek met dr. Frans Cronjé

Kan boere op die howe en die Grondwet vertrou om hul belange te beskerm?
Nie volkome nie. Wetgewers het begrippe soos “kuratorskap” en “regulatoriese toe-eienings” ingestel. Hierdie begrippe kan die staat toelaat om eiendom in private besit te onteien sonder om die eiendomsklousule van die Grondwet aan die gang te sit, wat gevolglik vergoeding sou vereis. Boere moet ook noukeurig let op die Salem-grondeise-uitspraak van vroeër wat gesuggereer het dat party howe die wet sowel as die bewyse sal ignoreer om die herverspreidingsagenda van die Regering te bevorder. In die derde plek is daar nie vir die geld vir vergoeding begroot nie en daar is genoegsame afslagklousules in die Grondwet sodat die Regering ’n plaas kan onteien en baie minder as die markwaarde daarvoor betaal. Ons dink die staat wil sien of hy plase kan vat sonder om te betaal binne die perke van die Grondwet – dus moet nie te veel vertroue daarin plaas nie dat die ANC pas geweier het om die EFF se mosie oor grondwetlike veranderings te ondersteun. Daar was in enige geval dieper politieke strome agter daardie besluit.

Het jy hierdie waarskuwings aan die kommersiële boederysektor deurgegee?
Ja, ons het. In die meeste gevalle is ons waarskuwings verontagsaam. Die uitsondering is die TLU SA, wat ’n besonder skerpsinnige begrip van die beleidsintensies van die Regering getoon het.

Agri SA het julle ontleding die duidelikste teengestaan en gesê dat groot vordering deur middel van regstreekse onderhandelinge met die Regering gemaak word.
Ja, jy is reg, dat nie net Agri SA nie maar die meeste groot landbou-rolspelers gesê het dat ons verkeerd is en dat die Regering nie die kommersiële boerderysektor wil nasionaliseer nie en ook dat die Grondwet dit in elk geval sou voorkom. Ek en my senior beleidskollegas dink dat die meeste landbou-ontleders verkeerd is oor die intensies van die Regering, verkeerd is oor die Grondwet, en verkeerd is om te dink dat openhartige onderhandelinge met die Regering plaasvind. Boere word deur die Regering aan ’n lyntjie gehou.

Behoort boere die saak gewonne te gee en hul plase te verkoop?
Dit is ’n baie ernstige en moeilike vraag. Ek sal sê dat boere ’n realistiese begrip moet ontwikkel van wat die Regering probeer doen en ’n doeltreffende strategie moet ontwikkel om hulle teen die nou voorgestelde onteiening van plase te verweer. Eers wou die Regering 20% van plase hê (deur die Nasionale Ontwikkelingsplan), toe wou hulle 50% hê (deur die 50/50-beleid), en nou soek hulle alles. Hoofstroom-landbou-ontleders het deurentyd vir boere gesê dat alles onder beheer was, dat onderhandelinge aan die gang was, en dat hulle hulle nie moet bekommer nie. Om te glo dat alles inderdaad onder beheer is, is om die ontleders te vertrou wat die hele tyd verkeerd was.

Ek wil nie eendag in ’n posisie wees waar ’n boer vir my sê dat hy en sy familie alles verloor het en dat ons geweet het van die risiko’s, maar niks gedoen het om hulle te waarsku nie. Elke boer moet doen wat hy of sy as reg beskou, maar hulle moet eers oor behoorlike inligting beskik. Ek sal egter ook sê dat indien die regte strategie nou aanvaar word, ’n toekoms vir kommersiële boere verseker kan word.

Wat behoort dié strategie te wees?
* Die eerste punt sal wees om die naïwiteit te beëindig en op te hou om vir boere te sê dat alles sal regkom. Ontwikkel ’n meer skerpsinnige ontleding van die Regering se intensies  en lig boere dienooreenkomstig in oor die risiko’s.

* Die tweede punt is om op te hou onderhandel volgens ’n verwysingsraamwerk wat deur die Regering gestel word. Boere moenie onderhandel oor hoeveel van hul grond afgestaan moet word nie. Verander die onderhandelingsbepalings na hoe ’n toekoms vir kommersiële boere verseker kan word. Om die oorgawe van net een hektaar te bespreek is om die deur oop te maak om alles te verloor.

* Die derde punt is om die stigmatisering van boere teen te werk. Dit gebeur gereeld dat boere beskuldig word van rassisme, dat hulle hul werkers slaan of verkrag, die grond gesteel het, nie minimum lone betaal nie en armoede en ongelykheid veroorsaak, maar geen samehangende strategie word gestel om hierdie uitgangspunte teen te gaan en boere te verdedig nie. Dit is belangrik omdat die stigmatisering, indien dit nie betwis word nie, ’n klimaat skep waarin vyandige beleid kan floreer. Boereverenigings moenie toelaat dat ’n enkele dreigement of verwyt teen ’n boer geslinger word sonder om dit te betwis nie.

*Die vierde is om die beleidsagenda te stel ten einde die huidige neiging van beleid te verander. Ontwikkel unieke nuwe beleide en verkry openbare steun daarvoor.

Daar is dus ’n toekoms vir kommersiële boere?
Die kommersiële boerderybedryf is in ’n baie swakker posisie as tien jaar gelede. Boere is in die media beswadder en het nie die openbare mening aan hulle kant nie. Die gevare is dus baie groot en dit sal eenvoudig dom wees om jouself nie dienooreenkomstig te verskans nie. Indien die vierpunt-strategie waarna ek hierbo verwys het egter met toereikende hulpbronne intelligent geïmplementeer word, is daar nog ’n toekoms vir kommersiële boere en waarskynlik ’n baie positiewe en winsgewende toekoms.

In party opsigte is ons dus op ’n naaldpunt. Volgens huidige tendense kan boere alles verloor. Maar as hulle leer om op te staan agter ’n intelligente en gesofistikeerde beleidstrategie, kan hulle ’n baie positiewe toekoms hê.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Geloftefees 2018

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie