1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7463590

Besoekers aanlyn

Ons het 13 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WAT BETEKEN DIE VERKIESING VAN RAMAPHOSA VIR DIE AFRIKANER EN BLANKE IN SUID AFRIKA?

ANC TOP 6Die ekstase van die CR ondersteuners asof hy reeds die vollgende illegitieme president van Suid Afrika geword het, sal heelwat afkoel oppad na die verkiesing in 2019. Met die verkiesing van Mpumalanga "Premier" David Mabuza as adjunk president van die  ANC,  Vrystaat  "Premier" Ace Magashule as Sekretaris Generaal van die ANC en as adjunk Sekretaris Generaal,  Jessie Duarte met behoud van haar pos, al drie van die Zumakamp, kan besluitneming vir Ramaphosa problematies word.

Vir die Afrikanervolk is die heel belangrikste probleem die beplande en toenemende moorde. Moorde wat duidelik daarop gerig is om ons uit te wis volgens die geheime plan van Ramaphosa, “ slowly and incrementally, without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight”.

Indien sy onlangse uitsprake van: “ Land must be returned to its rightful owners, presidential hopeful Cyril Ramaphosa said during his campaign trail in Grahamstown on Sunday", in aanmerking geneem word. is daar niks waaroor die blanke en Afrikaners in Suid Afrika opgewonde kan raak nie! "Ramaphosa made several promises at the cadres’ forum in the Sarah Baartman Region. He spoke of radical economic transformation as well as land reform that needed to form part of the party’s policy discussions in June.

“There is still poverty: I could see it driving to this hall… In the phase we are in, Oliver Tambo memory calls upon us to do something. In doing something it means that we must ensure that our people are totally free and that is economic freedom. “We must embark on a process of radical socio-economic freedom. The wealth of this country must be shared… That will happen whether some people like it or not.”

Wat egter ook waar is, is dat Ramaphosa waarskynlik steeds onder die beheer is van die magte wat hom finansieël bevoordeel het en instaat is om daardie finansiële mat onder hom uit te trek. Wat egter net so waar is, is dat daardie magte nie die Afrikanervolk se vriende is nie!

As in aanmerking geneem word dat van hierdie verkose kaders van die mees oneerlike en korrupte politici denkbaar is en ten spyte daarvan met groot meerderheid van stemme verkies is deur die stemgeregtigdes, daar vir die blanke en in besonder vir die Afrikaners werklik niks verander het nie!

Met ‘n skamele 188 meerderheid, wat waarskynlik veroorsaak is deur die beperking van die hofuitsprake op sommige afgevaardiges se stemgeregtigheid, sal die media en die magte wat Zuma, en dus die Zoeloes se greep op die ANC ten alle koste moet verbreek, by die mag van getalle moet verbykom. Persoonlik is ek van mening dat hulle hierdie keer gelukkig was, maar steeds ver van die demokratiese onbelemmerde mag van die meerderheidstem wat hulle in 1994 geskep en gebruik het om die Afrikanervolk sy politieke mag te ontneem!

 

Om die gepeupel gelukkig te hou met Ramaphosa aan die stuur met die oog op sukses in die 2019 verkiesing, sal daar baie diep in die geldkas gegrawe moet word! Dit ten koste van die blanke se besit. Indien dít nie slaag nie is geweld onder die swartes langs etniese lyne onvermydelik. Soos wat die opposisie in Zimbabwe nie lank tevrede sal wees om deur die sogenaamde staatsgreep gesystap te word en steeds op die kantlyn te moet staan nie, net so min gaan die Zoeloes hierdie uitoorlêtaktiek gelate aanvaar!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie