1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4592939

Besoekers aanlyn

Ons het 62 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Zuma boor Suid-Afrika in `n mynveld van skuld.

Arcas van RooyenJacob Zuma is die regstreekse oorsaak van die voortslepende politieke ontstuimigheid wat gelei het tot die heidige droewige prentjie van Suid Africa se ekonomie en geldsake.Deur sy leiding is hy persoonlik aandadig aan die verswakking van die land se staatskuld,dat die ekonomie nie groei nie,wekloosheid toeneem en nog derduisende hardwerkende mense se werk in gevaar is.  Selfs nadat Cosato lede Zuma uitgejou het ,tydens die Werkersdagvieringe, het dit weereens duidelik geword dat sy eertydse bondgenote teen hom gedraai het. Hul boodskap was duidelik; Zuma het homself en sy trawante nou genoeg verryk deur op die stemrug van die arm massas te ry.

Die afstel van die Werkersdagvieringe nadat Cosato lede Zuma uitgejou het is selfverduidelikend.

Terselftertyd is daar die vrese dat die kredietgraderingsagentskappe die Land se Staatskuld in November 2017 nog verder gaan afgradeer,neem toe na Malusie Gigaba ,minister van finansies se meduim termyn begrotingsrede (MTBR) op 26 Oktober 2017.Ontleders en kommentators meen die gevaarligte flikker steeds vir die Land se skuldstatus.Die nasionale tesourie verwag dat die bruto nasionale skuld teen die jaar 2020 sowat 60% van die bruto binnelandse produk (BBP) sal bedra teenoor die huidige (BBP)van

54,2%.  Voeg hierby die voorspelling dat `n tekort van R50,8 Miljard vanjaar in belastingvordering verwag word -die grootste tekort ooit-saam met Staatskuld as verhouding tot die BBP bykans 60% sal bedra teen die jaar 2022.

Inderdaad `n skrikwekkende prentjiie aangesien dit uiters moeilik sal wees om SA te bemark met sy huidige swakker graderingsvlakke.Dit is `n uitgemaakte saak dat SA binnekort verder afgegradeer gaan word.  Na elke afgradering tot rommelstatus van Suid Afrika se buitelandse skuld verhoog die rentekoerse op geld wat in die buiteland geleen word. Die Tesourie self verwag dat 15% van sy hoof-begrotingsinkomste teen die jaar 2020 aan rente alleen op skuld bestee sal word. Alles dui daarop dat dit aan-

sienlik meer gaan wees. Net uiters bekwame mense en bomenslike vermoëns sal so `n groeiende skuldbom kan bestuur. Het die ANC onder leiding van Zuma en sy trawante

enigsins die vermoë om dit te vermag?

Blykbaar is daar ‘n sogenaamde mandaatskrif, wat `n geheime dokument is, wat deur die ANC regime se kabinet goedgekeur is wat ‘n plan aandui hoe en wat die ekonomie insluit. Die beplanning bevat die monetering,evalueering en prioritisering van bestedingsriglyne. Dit is glo ‘n geklasifiseerde kabinetsdokument. Die vraag word gevra of dit nie weer Jacob Zuma se poging is om groter beheer oor die begrotingsproses te kry nie?  Mense kan verseker wees dat belastings uitermatig sal verhoog in `n poging om die boeke te laat klop in 2018. In die Februarie 2018/2019 boekjaar moet die regime R248miljard leen. In 2019/2020 boekjaar, R352miljard. Dan het Zuma ook onderneem om `n Kernkragstasie by die Russe te koop?

Zuma klou vir al wat hy werd is aan sy pos om te probeer voorkom dat sy Rampokkery hom inhaal.Want al keuse wat hy het is om vas te klou tussen die Uniegebou en die Tronk. 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie