1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4592932

Besoekers aanlyn

Ons het 65 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GIGABA SE MEDIUMTERMYN BEGROTINGSREDE.

GigabaOm Jakob Zuma as dom te beskryf, soos sommige mense sy regeervermoë al bestempel het, reflekteer eintlik maar net op hulle eie totaal ontoereikende insig van beide Zuma se vermoë as van getallepolitiek.

Zuma se keuse van Gigaba as minister van Finansies was waarskynlik die kundigste aanstelling wat hy nog gemaak het. Gigaba se begrotingsrede was uit en uit ‘n vertoon vir sy gehoor. In die lig van ‘n komende verkiesing, met ‘n verdeelde ANC, was die meesterlike vertoning van Gigaba die beste medisyne om die ANC’s weer agter Zuma geskaar te kry en daarmee saam die Zoeloes in beheer te hou.

 

In hierdie magspel vir politieke beheer, het Malusi Gigaba meesterlik daarin geslaag om die swartes se steun te werf. Hy is ‘n spreker van formaat wat sy hele rede gevoer het sonder ‘n enkele hm of ha en sonder om ‘n enkele keer na notas te kyk. Sy rede was goed gestruktureerd met klem op aspekte wat daarop gerig was om beide die binnelandse finansiële sowel as die buitelandse beleggers se vrese moes besweer.

As die retoriek egter geskei word van die bestaande syfers en krities gekyk word na die beskikbare middele om groei, werkloosheid en finansiële vooruitgang te bewerk, bly die prentjie ‘n donker een en is die verwagting dat daar desnieteenstaande sy prysenswaardige vertoning as spreker, afgradering onvermydelik is.

Vir die blankes in hierdie gesteelde land, is verdere verarming deur hoër belastings, verdeling van rykdom deur groter vereiste deelname in blanke besit, beslis ons voorland. Géén afwyking van dr. Verwoerd se voorspelling van blanke uitdrywing uit Suid Afrika na gelang die getalle van die swartras, blankes eenvoudig sal verdring op elke lewensterrein waar hulle presteer het.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie