1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4626817

Besoekers aanlyn

Ons het 73 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

PIK BOTHA VAN DIE NP REKEN HY IS DIEP IN DIE SKULD!

Pik Botha en Winnie MandelaJa mnr Botha, ek vermoed dat daar baie Afrikaners, indien nie die ganse Afrikanervolk is wat met jou sal saamstem . Op 85 is jy in die pylvak van jou lewe en is daar baie van ons wat met introspeksie jou sentimente deel. Die Woord van God sê immers dat daar niemand sonder sonde is nie. Dus is daar niemand van ons wat jou kan oordeel nie.

Met die lees van jou, kan ek dit ‘n “belydenis” noem, waarin jy die stelling maak dat jy reken dat jy diep in die skuld is, vind ek egter dat jy baie selektief met jou skuldgevoel omgaan.

As dit jou behoefte was om in die openbaar ‘n skuldbelydenis te doen, het dit egter meer kwaad as goed gedoen. By jou gesin en familie ervaar jy ‘n geborgenheid en is dit van onskatbare waarde. In die lig van wat jy en jou politieke tydgenote egter die Afrikanervolk aangedoen het, is jou verwysing na die politieke lewensles nie net ‘n erkenning van wie jy regtig is nie, maar ook ‘n refleksie op die volk waaruit jy gebore is en wat jou vertrou het om hulle belange te behartig. Jy verklaar in jou “belydenis”:

“’n Belangrike lewensles wat ek deur die politiek geleer het, is dat jy vrede met jou vyand kan maak deur hulle beter te verstaan. Ek het dit destyds agtergekom in ons onderhandelinge met mense soos Fidel Castro van Kuba. Eers toe ek navorsing gedoen en meer oor die man en sy agtergrond uitgevind, kon ek sy besluite en motiewe verstaan. Geen oorlog het al ooit vrede gebring nie.” aldus jou opmerking.

Die AVP se standpunt is dat nog minder het verraad al vrede gebring! ‘n Erkenning van politieke misvatting en die ellende wat dit vir jou eie volk meegebring het kon moontlik respek en waardering van jou volk op jou oudag, vir jou berusting gebring het. Maar bepaald het jy geen kennis van jou eie volk se agtergrond en verstaan jy niks van hulle regte en behoeftes nie, het jy selfs nie eers ‘n woord van medelyde met die onmeetlike ellende waarin jy meegehelp het om hulle te dompel nie!

Indien dit nie deel van jou skuldgevoel uitmaak nie moet jy maar soos die staaltjie van Jan Smuts waarna jy verwys het, wat deur sy onbesonne optrede die respek van sy volk verbeur het toe hy Jopie Fourie laat fusileer het, se aanbeveling nadat ‘n diplomaat hom die vraag gevra het: “Generaal, as u terugkyk, wat sou u aanraai vir ’n jong man? Wat is die belangrikste ding in die lewe?” “Sorg dat jy elke dag ’n goeie opelyf het.” Want van die Afrikanervolk het daar na aanleiding van jou “belydenis” vir jou niks anders oorgebly nie.

Pik Botha: “Ek reken ek is diep in die skuld”

Gelaai deur admin op Do, 07/27/2017 - 08:25

Pik Botha se belydenis

Op 85 het Pik Botha baie tyd om te dink. Oor wie en wat hy is en oor wat die lewe nou eintlik beteken.

Met ’n leeftyd se ervarings en herinneringe agter die rug, weet hy een ding: dat die antwoorde op die lewe se tergendste vra hom steeds ontwyk. Maar hy het darem ’n paar lewenswyshede (of “onnoselhede” soos hy dit noem) om te deel.

Op 85, wat het jou van die lewe verras?

Nou, na jare se besigwees, het die ouderdom my in ’n oogwink oorrompel en diep bewus gemaak van die kortstondigheid van ons lewe hier op aarde. Gelukkig is daar is ook troos daarin, want as ons net vir ’n kort rukkie hier is, is ons probleme ook net van korte duur. In vergelyking met die ewigheid, krimp dit na onbenullighede.

In my vyftigerjare het ek eerlikwaar gedink dat ek nie veel ouer as sestig sou word nie. Nie met die manier waarop ek gelewe het nie. Ek het selde meer as vier uur ’n nag geslaap, en selfs dit was te min vir alles wat ek nog wou en moes doen. Met kantore vanaf Kalifornië tot Tokio, was ek feitlik 24 uur op diens. Dan begin jou dag en nag ineenloop en ooreising klop aan die deur.

Op grond hiervan het ek aanvaar dat ek nie baie lank sou lewe nie. Dit was die grootste verrassing denkbaar om nou verby die 85-merk te trek. Dis alles net deur die genade van ’n Almag baie groter as wat ek ooit sal kan begryp. Net Hy kan verklaar hoekom ek nog hier is.

Op jou oudag, hoe sien jy jouself?

As ek in die spieël kyk (wat ek nie graag doen nie), sien ek ’n mens wat nog nie behoorlik aan homself bekend is nie. Op hierdie aarde is ons vasgevang tussen ’n begin en ’n einde, en ons grootste uitdaging is om onsself tussen hierdie twee pole te ontdek. Nou, na al hierdie jare, het ek nog nie daarin geslaag nie.

Ek sê altyd jy kan weet wat jy is, maar jy kan nie weet wié jy is nie. Dis die vraag wat die spieël aan my stel – en ek is nog op soek na die antwoord.

Maar alhoewel ek steeds soos ’n vreemdeling vir myself voel, is ek baie dankbaar dat my geliefdes en vriende my steeds insluit in hulle lewens. Hulle het my gered van die verval in eensaamheid, wat ek glo, ondeurdringbare duisternis inhou.

Wat beteken jou geliefdes vir jou?

In my lewe het ek baie gedoen en ervaar, maar my gesin is vir my die heel kosbaarste. Hulle verryk my lewe, en hulle het my nie verstoot oor my onbesonnenhede nie. Ek het my eerste vrou, Helena, liefgehad tot haar dood, en nou ook my tweede vrou, wat my in die verbrokkelingsfase van my lewe in stand hou. My kinders, kleinkinders en agterkleinkinders – hulle almal bied vir my hart ’n tuiste.

Daar is deesdae vir my niks so lekker as om my persoonlike besittings vir hulle te gee nie. Deels as ’n herinnering dat dit van hulle grootoupa af kom. Dalk sal die kleintjies eendag vra wie hy nou eintlik was en wat hy gedoen het

So met die weggee – medaljes, Krugerrande ensovoorts – probeer ek altyd briefies bysit waarin ek skryf hoekom Oupa hierdie spesifieke geskenk gee. Soos die spul mansjetknope wat ek besig is om uit te deel. “Eendag sal jy dalk nie hemde dra wat sulke knope nodig het nie, maar gee dit vir jou vrou. Laat sy die plaatjie afhaal en oorbelle vir haar laat maak,” is grootoupa Pik se praktiese raad.

Watter lewensraad sal jy aan hierdie kleintjies gee?

Pas jouself op en leer soveel as wat jy kan. In die uitdagendste jare van my lewe het ek goeie gesondheid geniet, maar dit dikwels misbruik. Vandag weet ek dat dit jou belangrikste prioriteit moet wees. In ’n gesonde liggaam het jy ook die vryheid om in jou denke goed te kan funksioneer – soos ’n jong perd wat vrylik in die veld kan hardloop en die vertes verken.

Dit herinner my aan ’n staaltjie oor generaal Smuts. ’n Klomp jong diplomate het hom genooi vir ontbyt by die Uniegebou. Die een vra hom toe: “Generaal, as u terugkyk, wat sou u aanraai vir ’n jong man? Wat is belangrikste ding in die lewe?” Die generaal tuur in die niet... almal wag in spanning vir die antwoord. En toe kyk hy na hulle en sê: “Sorg dat jy elke dag ’n goeie opelyf het.” Kru, maar goeie, praktiese raad. Doen die basiese dinge reg en pas jou gesondheid op.

My tweede stukkie raad is dat jy alles in jou vermoë moet doen om kennis en insig te bekom. My pa, Frikkie, het dit al vroeg-vroeg in ons aangewakker. Kleintyd al het hy ons vertel van die groot name in die wêreldgeskiedenis: Archimedes, Sokrates, Alexander die Grote, Napoleon, en nog baie ander mense en dinge. Kennis breek nuwe horisonne oop. Dis die ware mag.

Is daar iets waaroor jy vandag spyt is?

Ai, die herinneringe aan alles wat my in die lewe toegeval het... ek is spyt dat ek dit nie ten volle waardeer het nie. Dat my dankbaarheid in die oomblik ver te kort geskiet het.

En as ek moet eerlik wees, het ek meer sonde gedoen as goed. Ek is skuldig. Al die rusies wat ek gemaak het om onnodige redes. Die tye wat ek my vir mense vererg het, of vir ’n baas wat ek gedink het my te na gekom het. Die woede op die pad wanneer iemand voor my inry. Baiekeer spring ons mos op ’n ander mens, trap hom plat en verlekker ons daarin. Maar eintlik het jy jouself nog glad nie verhoog nie. Jy is nog net waar jy was.

’n Belangrike lewensles wat ek deur die politiek geleer het, is dat jy vrede met jou vyand kan maak deur hulle beter te verstaan. Ek het dit destyds agtergekom in ons onderhandelinge met mense soos Fidel Castro van Kuba. Eers toe ek navorsing gedoen en meer oor die man en sy agtergrond uitgevind, kon ek sy besluite en motiewe verstaan. Geen oorlog het al ooit vrede gebring nie. Dieselfde is waar in ons persoonlike lewens. Dit help nie om te veg nie. Dis wanneer ons luister en verstaan dat ons beter met mekaar kan kommunikeer. Dít maak die pad oop om saam oplossings te vind.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie