Of is dit dalk eerder opleiding? Die AVP wonder met reg oor wat hier aan die gang is. Met die VSA se inmenging in Suid-Afrika se binnelandse aangeleenthede, veral met die verwydering van die beginsel van afsonderlike ontwikkeling, so asof dit so ’n verskriklike onmenslike beleid was, het ons dit wat nou hieronder in beeld verskyn, voorsien.
Ons standpunt was dat met die onafwendbare chaos wat onvermydelik was met die getallepolitiek wat hulle deur middel van plaaslike verraaiers binne ons geledere en die binnelandse liberale kontingent bewerk het, hulle later as die “orators” sal kom ingryp om as die redder van Suid-Afrika voor te kom.
Hoe dit ook al sy, Laat elke weerbare Afrikaner hom en haarself maar intussen geestelik voorberei op die stryd wat voorlê. Indien u ooit saamgesing het,”Ons sal offer wat jy vra”, bedink solank die betekenis daarvan en of u ’n leuen geleef en gesing het! Of dit werklik u erns was toe u gesingvra het dat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly? Wie Mike Jones is weet die AVP nie en of die foto’s terplaatse is of nie, is regtig irrelevant. Wat belangrik is, is wat op die oppervlakte van die politiek in Suid-Afrika reeds sigbaar is en waarop ons voorbereid moet wees. Laat ons nie uit die oog verloor dat ons geruime tyd reeds in oorlog verkeer.
Die feit dat ons een vir een vermoor word maak dit nie iets anders as 'n oorlog nie. Weliswaar 'n oorlog van lae intensiteit wat eensydig op ons aangelê is. Dit eskaleer altyd uiteindelik tot 'n volskaalse oorlog wat ons terwille van oorlewing nie uit die oog moet verloor nie. Ons sal soos so baie keer in ons geskiedenis nie die oorlog begin nie, maar onsself wéér met onderskeiding verdedig!
Hardcore Photos From US Army Training In South Africa!
July 31, 2017
The South African National Defence Force and the US Army teamed up to conduct various military training exercises in South Africa.
“Over 1,000 military personnel from the US and South Africa will participate in the annual, combined, joint military exercise,” said the US Embassy in SA.
My name is Mike Jones and I'm proudly South African.
I love to travel, I enjoy an adventure and I have a bit of an obsession with the internet!
This is my personal blog, where I share a whole bunch of stuff for others to look, listen and comment on. Enjoy!
Laanhof Stellenbosch