1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4315384

Besoekers aanlyn

Ons het 87 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAAROM DIE BOHAAI OOR ‘N KABINETSKOMMELING?

Minagting van ZumaDit verstom ‘n mens dat die media en veral die klomp liberaliste so ‘n bohaai kan opskop omdat Zuma sy kabinet skommel. Wat is so snaaks daaraan as hy die dislojales vervang met diegene wat hy kan vertrou? Dit word tog oral in die wêreld so gedoen.

Die probleem is dat hy nie doen wat hulle pas nie! Daaroor was hulle egter al voor 1994 tot vervelens toe gewaarsku. Getallepolitiek in Afrika erken nie rede of meriete nie, dit erken nie ras of kultuur, geslag of godsdiens, status of aansien van enigiemand wat nie deel vorm van die etniese groep, ras of volk wat politieke beheer verkry het deur die “demokrasie”, volgens húlle vertolking daarvan nie. Slegs die behoud van mag ten alle koste! Hulle is in die meerderheid en alles wat sy posisie bedreig, het slegs die verdere verskansing van sy posisie tot gevolg deur middel van getalle! Dít is die hefboom wat die de Klerkregering en die Ja-stemmers in sy hand geplaas het!

Die futuliteit van petisies om Zuma te ontsetel is so voorspelbaar dat dit ‘n mens bekommerd laat as sogenaamde regses daarmee op loop gaan. Met wie wil hulle Zuma vervang wat die Afrikaner se saak sal verbeter? Meer nog, wat die Afrikanervolk sal baat in ons vryheidstryd?

In die oë van sy volk is Zuma ‘n held. Hy word beskou as ‘n sterk leier wat hom nie laat rondstoot deur Blankes, Indiërs, Kleurlinge, Xhosas, Vendas of wie ookal nie. Om soos by Kathrada se begrafnis teen Zuma te betoog is om teen die Zuluvolk te betoog. Die Indiërs se geheue is kort! Dit was op ‘n Donderdag die 13e Januarie 1949 toe nagenoeg ‘n duisend beseer en 137 gedood is in Natal toe die Zulus op die Indiërgemeenskap toegesak het.

Ahmed Kathrada was ‘n Kommunis en so is Pravin Gordhan én Zuma. Die SAKP met Blade Nzimande op die voorpunt dreig egter om hulle alliansiebande met die ANC te sny en hom te opponeer in 2019 se verkiesing. Zuma weet dat sy steun nie by een van hulle lê nie maar by sy volk!

Dat Zuma alle perke van welvoeglike, beskaafde en verantwoordelike regering oorskry is onteenseglik so. Dit is egter nie die eerste keer dat die Afrikanervolk deur die Zulus bedreig word nie. Die geskiedenis verhaal egter nie petisies, saampraat, saamwerk, toegewings of smeek en soebat vir ‘n stukkie grond waar ons onsself kan handhaaf nie. Inteendeel verhaal die geskiedenis ‘n vaste geloof en standvastige optrede in verset teen die Zulus en Britte se onregmatige en barbaarse optrede in die verlede.

Daaruit het ons vryheid gevloei, vrede en voorspoed, maar ook wêreldwye respek en agting vir ons moed en vertroue waarin God ons ryklik geseën en telkens vir ons die oorwinning besorg het. Die eer daarvoor het ons voorgeslagte aan Hom gegee uit erkenning dat ons slegs van Hom afhanklik is en dat ons nie ons heil elders of in eie krag loop soek het nie!

Nie by Zuma of die Internasionale Gemeenskap of by Angus Buchan nie, maar by ons hemelse Vader in belydenis van sonde, in verootmoediging, bekering en geestelike oefening van ons geloof wat ons by ons kinders en hulle kinders moet inskerp, daarteen is géén mag bestand nie, ook nie die Zulus of die internasionale geldmag nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie