1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4352607

Besoekers aanlyn

Ons het 158 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

LINKSE SEGE IN HOLLAND NET 'N TYD VAN GRASIE

Leopold Scholtz‘n artikel wat op 26 March 2017 in Rapport verskyn het, het ook op die tafel van die AVP beland. Die dame skryf in antwoord op ‘n artikel van die politiekverdwaalde Leupold Scholtz oor die verkiesing in Nederland en met duidelik beter begrip van die huidige politieke klimaat as die politiekkorrekte standpunt van Scholtz! Die AVP plaas derhalwe haar artikel vir diegene wat lankal opgehou het om Rapport te lees.

 

Ek verwys na Leopold Scholtz se artikel "Populiste lek hulle wonde" verlede week. Gegewe die skrywer se agtergrond, was hierdie reaksie te wagte. Liberaliste is so voorspelbaar. Hulle het hul land verloor, hulle nasionale volkslied en vlag. Tans verloor hulle die universiteite, skole en selfs hul taal is onder beleg van die vyand/medeburgers. Hierdie verval in wil en verantwoordelikheid is ongehoord in die geskiedenis.

 

Nou het Scholtz nog iets gevind waaroor hy kan lawaai maak: Mark Rutte, premier van Nederland, 'n gemeenskaplike "gematigde", wat volgens Scholtz die regse populiste 'n bloedneus gegee het. Scholtz is egter voortydig. Nederland se sogenaamde praktiese, sober en gematigde kiesers sal uiteindelik in duie stort en hulle sal kapituleer net

soos wat ons liberale Afrikaners in hierdie land gedoen het. Gematigheid en toleransie beteken niks vir die Derde Wereld nie. Hulle sien dit as swakheid wat uitgebuit moet word.

 

As die "gematigdes" in hulle doelwitte slaag, sal die Nederlanders en ander Europeers onderwerp word in dieselfde eise as hier in Suid-Afrika: Gratis onderwys,behuising, gesondheidsorg, maatskaplike uitbetalings. Regstellende aksie en kwotas sal uitloop op die uiteindelike versoek vir die oorhandiging van alle politieke mag. Die Nederlanders se geboorteaanwas van 1,6 per 1 000 is nie genoeg om hulle self te handhaaf binne 'v bevolking van 17miljoen wat besig is om te verouder nie. 50% van nuwe geboortes in Nederland sal binne 15 jaar Moslems wees. 'n Syfer van 2,1 geboortes per 1000 is die minimum wat verlang word om 'n stabiele algehele bevolkingstal be te behou.

 

Hierdie syfer is reeds oortref deur die Marokkane, Turke, Surinamers en Afrikane wat tans in Nederland woon. Rutte se laizzez-faire-politiek sal nie die aanslag kan hanteer nie. Die Nederlanders is nog nie onderwerp aan die nukke en optredes van die Derde Wereld nie. Maar dit kom beslis. Wat sal hulle doen? Waar sal hulle die streep trek?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie