1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9965355

Besoekers aanlyn

Ons het 88 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAT IS DIE VOORVEREISTE IN DIE VRYHEIDSTRYD VAN DIE AFRIKANERVOLK?

altLangenhoven: Jy sal vir n man stem om die sake van jou land te bestuur wat jy nooit sou droom om jou eie sake aan toe te vertrou nie.

 

Dit is eenvoudig verstommend hoeveel organisasies, partye en individue besig is met pogings om die Afrikaner se vryheid weer te probeer herstel. Sommige wat sonder enige mandaat aanmatigend namens die Afrikanervolk uitsprake maak, verklarings uitreik en optree in aksies, sonder inagneming van selfs die mees basiese vereistes wat vir verteenwoordiging van ʼn volk noodsaaklik is, naamlik verkose deur ʼn meerderheid van stemgeregtigdes van daardie bepaalde volk.

Daar is egter nie ʼn beperking op enige iemand om riglyne, aksies en aanbevelings voor te stel, te loots en te maak wat volgens hom, haar of hulle die potensiaal het om so n volk weer tot vryheid te bring nie. Daar is talle voorbeelde in die wêreld se geskiedenis van selfs enkelinge wat met kragdadige, vindingryke en goeddeurdagte praktyk, hele volke en selfs wêrelddele met hulle saamgeneem het, soms ten regte en ook soms ten onreg.

Omdat die Afrikanervolk reeds twee maal sy vryheid verloor en in beide gevalle dit weer teruggewen het, het ons ʼn ryk bron van inligting waaruit geput kan word in die stryd wat nou al reeds sedert die moord op dr. H.F. Verwoerd duur. As n selferkende gelowige volk, sal ons afhanklikheid van God, uiteraard vooropgestel moet wees as voorvereiste.

As dit gesê is, sal dit waarskynlik deur meeste organisasies wat by ons huidige vryheidstryd betrokke is, beaam word en ook bewys kan word deur wat in hulle oprigtingsdokumente geskryf staan as grondslag vir hulle uitgangspunte. Dit is egter in die praktiese waar die kaf van die koring geskei word.

Wanneer in die optrede en uitsprake van organisasies, partye en individue bloot gefokus word op ʼn benadering om die indruk te skep dat jy iets doen wat die Afrikanervolk se belange vooropstel en dan voortgaan in kompetisie met elke ander organisasie om die guns van die meerderheid van die Afrikanervolk, is die fokus nie meer die vryheidstryd nie en gaan daar oneindig baie tyd verlore wat beter bestee kon word. Dit is eers wanneer ʼn organisasie met hierdie soort aksies poog om te kenne te gee dat hy iets vir die volk doen en die fokus op sy eie voortbestaan gerig is in stede van die vryheid wat sy voortbestaan sou kon verseker, dat ʼn mens besef hoe ver ons van ons grondbeginsel van geloof in God en in ons saak afgedwaal het.

As daar geknoei moet word om die Afrikanervolk te laat glo dat jy in hulle beste belang optree, terwyl jy reeds besig is om die vyand te bevoordeel deur hulle stelsel te aanvaar wat jou volk se voortbestaan bedreig, is die skrif aan die muur. Of hierdie soort benadering kwaadwillig of bloot opportunisties is, die uiteinde bly dieselfde. Om die binnelandse verknegting te verleng na die buiteland deur jou op buitelandse hulp en bystand te beroep, is daar twee negatiewe uitvloeisels wat in berekening gebring moet word. Eerstens reflekteer die beroep op die buiteland op ons volk se verklaarde geloof in God en tweedens nooi jy op hierdie wyse die buiteland uit om in jou binnelandse aangeleenthede in te meng en verklaar jy terselfdertyd jou afhanklikheid van hulle. Toekomstige soewereiniteit word daardeur beïnvloed.

Laat ons fokus op die waarheid en geregtigheid waarop die Afrikanervolk tot stand gekom het en wonderbaarlik deur God gelei was deur elke beproewing wat menslikerwys onoorkombaar gelyk het. Omdat ons volk deur kerk, politiek en onderwys die opvoedingstaak om dit aan ons opkomende geslagte oor te dra versaak het, daarom is die Hand van God in ons volk se huidige benouing duidelik sigbaar en gryp almal na strooihalms waar geen heil te vind is nie. Dit was dr. Malan wat gemaan het, keer terug na jou God! Laat ons dit weer ter harte neem en dit ook soek by diegene wat wil voorgaan, as ʼn voorvereiste vir die vryheid waarna ons strewe.

Die slimmes ken al die paaie.  Die wyse ken die één regte pad!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie