Dit is die tragiek van ons tyd dat soveel van die ontleders van ons tyd nou self krities staan teenoor die stelsel wat hulleself vanuit omstandigheid help skep het, en nog die huidige grondwet en “nierassige” wanstaltige stelsel probeer in stand hou!
Omdat die AVP se politieke standpunt ʼn voortsetting is van wat uit die Afrikanervolk se geskiedenis as ʼn werkbare, haalbare en uiters suksesvolle hoewel erg gekritiseerde beleid is wat deur elke vorige waardige Afrikanerleier gevolg is, kan ons nou bestek opneem van gebeure wat in ons land plaasvind en met redelike sekerheid die uitkoms daarvan vooruitsien.
Van die standpunte wat hier geldend is, is die stelling van mnr. Jaap Marais dat daar nêrens in die wêreld een regering van nasionale eenheid is wat geslaag het nie. Dat hierdie een ook nie sal slaag nie en dat wanneer dit uitmekaar val, dit met geweld gepaard sal gaan. Die geweld sal sy oorsprong in die etniese verskeidenheid hê wat onder die swartes sal begin en gaandeweg na die blankes sal oorspoel.
Hoewel in die onderstaande uittreksel uit Lukas Swart se ontleding van gebeure en verskynsels heelparty teenstrydighede voorkom, is daaruit tog duidelike tekens van ʼn toestand wat op pad is soos wat voormalige eerbare en opregte Afrikanerleiers wat vanuit beginsel geredeneer het, in die vooruitsig gestel het, sou daar van sekere beginsels afgewyk word.
Wanneer omstandighede jou maatstaf van beoordeling word, sal gister, vandag en môre, drie uiteenlopende benaderings verteenwoordig soos wat nou duidelik blyk. Dit is die tragiek van ons tyd dat soveel van die ontleders van ons tyd nou self krities staan teenoor die stelsel wat hulleself vanuit omstandigheid help skep het, en nog die huidige grondwet en “nierassige” wanstaltige stelsel probeer in stand hou.
Dit was van meet af aan duidelik dat die blanke in die algemeen, maar in besonder die Afrikaner se beheer oor Suider Afrika afgeneem moes word in belang van die Nuwe Wêreld Orde se oogmerke. Die belangrike is nou om daardie beheer wat ons gehad het, permanent uit ons hande te hou. Daartoe het wankelmoedige Afrikaners grootliks bygedra en doen dit steeds deur al die verkeerde opsies uit te oefen ten spyte van aanvanklike en deurlopende waarskuwings dat dit ons vryheidstrewe benadeel! Is dit uit onkunde of is dit moedswillig?
OP DIE WEBBLAD, AFRIKA TEKENS: VAN LUKAS SWART
Nadat Malema as jeugleier geskors is, maak hy met sy groot vyand, APLA maatjies. APLA is die PAC se gewapende vleuel en hulle is dan ook vir die militante of gewelddadige optredes tydens onlangse onluste verantwoordelik. Malema het skynbaar volgens ons informasie sy eie militêre element wat uit oud soldate van Zimbabwe bestaan. Hy voer hulle in en hy genereer dan geld uit die gemeenskap om die soldate te onderhou. Inruil daarvoor sal hulle dat tydens onluste die gewelddadige klimaat skep.
Tydens die insident by Lonmin waar daar meer as dertig mense dood is, het die polisie volgens ons informasie ontdek dat baie van die mense wat dood is, nie myners of landsburgers was nie. Die geweld wat deur die huursoldate gestig was, was al wat die unies nodig gehad het om die momentum in plek te kry
Cosatu was die afgelope tyd kwaai onder druk toe sy eweknie, NACTU wat ’n PAC unie is, met sy Amcu unie die mynbedryf begin lamlê het.
Ons aanduidings is dat selfs die onbeskermde stakings deel van NACTU se strategie is om die werkers weer tot nuwe insigte te oortuig. Hulle hits die werkers aan om self te staak en dan wanneer die werkers geld en werk verloor, sal die twee unies met ’n nuwe krag probeer om die steun van die werkers te herwin.
Terwyl die twee Unies gereedmaak om die land te destabiliseer, kom daar ook ’n geslepe skelm op die toneel, wat van die Unies vat wat hy nodig het om sy eie beul te blaas. Malema is nou eers verwaand. Altans so kom dit vir my voor.
Die polisie is reeds van hierdie element bewus maar kan Malema nie daarvoor arresteer nie. Hulle sal nog baie infiltrasies moet doen voor hulle die nodige bewyse teen Malema kan kry. Intussen is die lasbrief vir belasting ontduiking die beste manier om die geslepe skelm aan bande te lê.
Wanneer jy in Afrika vir mag beding, moet jy iets hê waarmee jy jou mag kan wys. Tydens die stryd tussen Mbeki en Zuma het Mbeki die Polisie en die weermag aan sy kant gehad. Vir Zuma om teen hom op te staan, het Zuma die self defence units op die been gebring. Die Zoeloes het nou hulle eie self defense eenhede op die been gebring maar die Pedi het nie so iets nie. Vir die magstryd waar die Pedi vir die presidentskap van die ANC beding, lyk dit nou asof dit die rede kan wees waarom Malema Zimbabwiërs ingevoer het. Wat interessant is van die Zimbabwiërs is dat dit nie net Zimbabwiërs is nie maar dit is ’n kombinasie van Zimbabwiërs en Kongolese. Dit is ’n lang storie op sy eie maar die verhouding tussen die twee groepe het gedurende 1999 en 2000 ontstaan toe Mogabe sy troepe Kongo toe gestuur het om sy belange in ’n Kobaltmyn te beskerm.
Sy troepe het nie salaris gekry nie en moes self diamante roof om hulleself te finansier. Ons het destyds vermoed dat hulle met Kongolese rebelle vriende gemaak het en vandaar moontlik die band wat toe gesmee is.
Gaan ons land hierdie jaar ontspoor ? Ek dink dat niemand dit met enige sekerheid kan voorspel nie. Die ingevoerde Zimbabwiërs wat aan die Pedi in die magspel n bedingingsmag moet gee, kan uiteindelik net so min ’n bedreiging word as wat Zuma se troepe vir ons ’n bedreiging tydens die vorige magspel geword het.