1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956529

Besoekers aanlyn

Ons het 72 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE BELMAS BELYDENIS

DIE BELMAS BELYDENIS

 

Linkse Blankes, dikwels nie eens belydende Christene nie, sit eenvoudig hul geestelike stoomroller saam met die ANC oor die Christen-Afrikaner voort.

Die afstootlikste vorm van hierdie stoomroller is op Delmas gesien na die doodslag van die vyf maande oue Wiehahn Botes en die bejaarde mev. Margrieta de Goede.

Die fisieke doodslag van die baba en die bejaarde is gedoen deur 'n bende van minstens drie swartes, twee wat met die skryf hiervan nog nie borgtog gekry het nie – borgtog die skynbaar absolute reg van Swart terroriste soos vervat in die ANC/NP/DA/Solidariteit/NG  Kerk-alliansie se kontrepsiegrondwet vir hierdie politieke bedeling.

Maar daar is 'n fyner, listiger poging tot die geestelike doodslag van die Christen-Afrikaner en die Afrikanervolk.

 

Aanduidings daarvan is wanneer 'n NG kerk-predikant en 'n DA-verteenwoordiger, wat oënskynlik niks met mekaar te doen het nie, lostrek teen 'n groep behoudende Afrikaners wat 'n byeenkoms op Delmas hou waarin die daaglikse doodslag van Afrikaners nie as deel van gewone misdaad nie maar volksmoord in die kollig geplaas word.

Onmiddellik stuur die NG dominee (Gawie Snyman) 'n brief aan die Afrikaner-vyandige koerant Beeld waarin hy op las van sy gesag as geestelike vader van die ANC- en DA-nasie, of soos hy dit stel, “die ander gemeentes van Delmas”, die optrede van die behoudendes demoniseer tot die ketterste van ketterse wandade. Ja, Snyman voer aan hy praat namens alle kerke – ook die Afrikaanse Protestantse Kerk van Delmas? - wanneer hy geestelik op die VVK-protesgangers spuug.

Dat daar 'n prominente plek in hierdie stukkie pulp van 'n koerant afgespreek is vir Snyman se brief, is sigbaar aan die feit dat géén geskrif van enige van die behoudenes, of van die protesteerders, ondanks volkome relevansie tot die saak en die skep van 'n ewewigtiger perspektief, nie eens die koerant se snippermandjie haal nie.

Ek het in 'n vroeëre verkenning van die bedenklike burgerregtebeweging in die land afwysend daaroor geskryf na aanleiding van sy oorsprong en die feit dat dit Amerikaans-ingegee is deur middel van die duiwelse Council on Foreign Relations via Lawrence Schlemmer en Solidariteit se sogenaamde burgerregte beweging AfriForum.

Optogte en betogings is vreemd aan die Christen-Afrikaner se georganiseerde politiek. Die politieke prosedure wat die Afrikaner ken en verstaan is gegiet binne die raamwerk van jy doen dit in volks-, geloofs-  en rasverband, hou verkiesings en dan beskik slegs die volksverteenwoordigende gesag oor die volmag om buite vreedsame optrede gewelddadige prosesse soos oorlog aan die gang te sit. Doen jy dit buite daardie raamwerk, soos in betogings en optogte waarin daar dikwels redes opduik dat dit op geweld uitloop, is die kanse dat die betogings sal skeefloop te groot.

Maar nou het daar desondanks, tog wel so 'n “byeenkoms” (soos dit in die pers gestel is) gekom.

Die “byeenkoms” was die spreekwoordelike kat in die duiwehok, die vonk by die kort lont. Ook katalisator, as u wil, wat 'n hou te veel op die sagte midderif van die nie-rassige, a-godsdienstige ANC/DA/NG Kerk/Solidariteit-alliansie se sagte midderif mik: dit het die Afrikaner-volksmoord wat die alliansie tog so graag as blote misdaad afmaak in die kollig geplaas. U ken die hol argument: Swartes is net soveel slagoffers van misdaad as Blankes.

In die komende dae en maande, of hierdie “misdaad” afneem, doodgewoon voortgaan of uitloop op die bloedige fase van die ANC se Nasional Demokratiese Rewolusie soos wat behoudende Afrikaners verwag, dieselfde verweer kan van segsmense van die ANC/DA/NG Kerk/Solidariteit-alliansie verwag word as wat nou op Delmas gesien word. Die geestelike komponent daarvan wat die belangrikste plek in hierdie bedenklike verweer sal inneem met, wie weet, die hoofde van die sinodes van die NG -, Hervormde – en Gereformeerde Kerk self, wat by die poging tot vergoeiliking van die tot dusver sluiper-weergawe van 'n volksmoord op die Afrikaner kan aansluit.

Gelyklopend sal dalk ook die stemme van Roomse Kerk se biskoplike konferensie en Desmond Tutu van die Klub van Rome en die Anglikaanse Kerk gehoor word. Verwag ook artikels in die Naspes-pulpkartel deur Fritz Gaum. Wanneer die skrywer van die Belhar-belydenis,volgens Gaum en Dirkie Smit, tot die debat sal toetree tot nou toe uitgehou as 'n verrassing vir geheel die land.

Dat daar so 'n geestelike aanslag is, is geen verrassing nie. Dit was ook die geval in die aanloop tot  oorgawe aan die kommunistiese ANC. Dat daar alleen (Christelike!) geregtigheid kan wees teenoor die hele Suid-Afrika en die miljoene anderkleurige en andergelowiges wat met die oopgooi van die land se poorte sou aankom in 'n unitêre staat in 'n sogenaamde oop samelewing. Die miljoene onbekeerlike Moslems, ook dieners van voorvadergeeste, boeddhiste en sommer goddeloses, so is die huiweriges verseker, word dan sommer ook 'n nuwe sendingveld vir die ywerige evangeliste in die ou Nasionale Party, DA, NG Kerk, Broederbond en (wil jy dit glo!) ANC.

 

In hierdie alliansie was daar egter dié wat stiller en groter drome gekoester het, die droom van 'n toekomstige sosialistiese heilstaat, nie geregeer deur Christus nie, maar Groot Kapitaal.

 

Dat eerder hul ideale as dié wat 'n Christelike heilstaat begeer in die nuwe, verbeterde Suid-Afrika sou geld is dan ook gou-gou gesien toe die voorlopige grondwetkontrepsie wat in Kempton Park aanskou is en die uiteindlike een van 1996, dinge soos aborsie, ontug en dobbelary gewettig het.

En daardie aborsie (volgens bronne al meer as 'n miljoen ongebore babas doodgemaak), dobbelary en toi-toi, is vandag deel van die DA se program van beleid en beginsels, ook dié van die Engelse heer Anthony Benadie (hy reik net Engelse verklarings uit), soos Snyman, namens Delmas “se gemeenskap”.

Delmas se Afrikaner- en groter blanke gemeenskap was in die dae toe Afrikaners en blankes se stemme nog getel het baie behoudend. In verkiesings het oorlede Hendrik Schoeman sy lyf so konserwatief as moontlik gehou ten spyte waarvan hy in 1987 en 1989 geklop is, die openlike linkse kandidaat (Eddie King?) wat maar 'n paar honderd stemme op hom in die 1989-verkiesing kon verenig (en die NP-kandidaat, Jan Viljoen, wat later, toe hy hom na die KP versit het, as 'n Nasionale Intelligensie-agent geïdentifiseer is).

Kon daar in Delmas intussen so 'n groot geestelike verskuiwing gekom het dat 'n Afrikaner-predikant en 'n DA-woordvoerder, voorstander van aborsies en dobbelary, verklarings uitreik wat moontlik na ruggespraak tussen die twee tot stand gekom het? Iets ruik nie lekker nie.

En mag daar nog 'n slag geskryf word: iets ruik nie lekker nie...

Daar is reeds opgemerk Snyman se verklaring is so bewoord dat ook die APK-predikant van Delmas by sy “ander gemeentes in Delmas” ingesluit kan word.

Die vraag is gevolglik: Stem die APK-predikant saam met Snyman? En wat van daardie Hervormde- en Gereformeerde Kerk-predikante van Delmas? Waar staan hulle ten opsigte van die Snyman-verklaring?

Daar is al lankal by my ernstige vrae oor sulke in die bondel verklarings deur kerklike segsmanne, die APK wat by aksies wat die verklarings vooraf gegaan het, betrokke was. Een so 'n aksie was die baie twyfelagtige reformatoriese kerke-konvent. Een jaar, nadat hierdie konvent in Parow in die Kaap vergader het, is daar 'n besondere “sterk” standpunt deur die konvent uitgereik waarin daar, soos nou deur die DA, allerhande oproepe gedoen is op die ANC-regime om  misdaad en dergelike verval in die sogenaamde “nuwe nasie” vas te vat.

Toe ek daaroor kapsie maak is aan my meegedeel die standpunt is deur 'n persoon van 'n ander kerk gestel, probeer weer. Die vraag is uiteraard waarom die persoon/persone wat die APK in die konvent verteenwoordig het nie in 'n afsonderlike verklaring geskryf het, hokaai, ons het 'n eie standpunt oor die saak nie. Dis uiteraard as daardie APK-verteenwoordigers 'n ander standpunt gehad het.

Feit is dat daar baie fyner gelet sal moet word op die doen en late van die meerkoppige DA. Weens hierdie multikulti party se voorneme om hom behoorlik in die Swart bevolking tuis te maak (sien sy nuwe Swart parlementêre leier en nog meer), is hy gedwing om ook deel van die Swarte se politieke kultuur te word. En daardie kultuur in hoofsaak is optogte, boikotte en betogings. Die eerste aflewering was die DA-bestorming enkele weke gelede van Cosatu se hoofkantoor in Johannesburg. 'n Groot deel van daardie bestorming van die spreekwoordelike Bastille is gedoen deur Swart optoggangers, deel van die optog-allegaartjie klipgooi en geweld.

In hierdie week, tydens die verskyning van die twee terroriste wat die baba en die bejaarde op Delmas omgebring het, het die DA weer so 'n betoging gehad. Helaas, nie 'n betoging teen die twee aangekeerde terroriste nie – teen behoudende Afrikaners!

Dis wat ek uit die karige nuusdekking oor die ook skynbaar karig bygewoonde betoging kon aflei.

Dis egter nie die enigste betoging of optog “teen misdaad” wat op die terreuraanslag met sy twee weerlose slagoffers volg nie. Daardie beweerde gesinstydskrif met die Endoraanse horoskoop in die Naspes-pulpkartel met die naam Huisgenoot berig oor “'n optog van bekendes” op 19 Junie. Oor wie die optog reël word die Huisgenootlesers in die duister gelaat.

Die raaiskoot is dis weer 'n AfriForum-gedoente.

Seker weer lekker mak, met géén, herhaal, géén plakkate dat daar 'n Afrikanervolk is en dat hierdie volk slagoffer van 'n volksmoord is, toegelaat nie.

Robbie van Jaarsveld, daardie Bybelgelowige Christin met die tatoeëermerk in weerwil van die feit dat daardie selfde Bybel wat hom behoort te lei in geloof en waarheid, hom verbied om hom te laat tatoeëer, se plek is klaar bespreek, ons weet nie hoeveel CD's hy daardie dag sal verkoop nie.

Nou ja, so al betogend agter die Judasbokke aan?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie