Daar is 'n verbetenheid aan die land se Wit liberaliste te bemerk wat die verstand eenvoudig te bowe gaan.
Want iedere denkende wese in hierdie land met oë in sy kop kan mos sien dis kapoet met die praktiserende Wit liberalis, die Swart regime en sy Swart onderdane maak 'n klaaglike grap van elke reël in die Westerse liberalis se boek, of daardie liberalis nou agter die Bybel of Das Kapital skuil.
Daar is uiteraard die eenvoudige verklaring: Hul hart en gemoed is gekoop, die spreekwoord lui mos, wiens brood men eet, diens woord met spreek.
Dis insiggewend dat 'n Amerikaner die organisasie wat die psigiatriese establishment en owerheid in daardie land rig en bestuur genader het om die liberalisme en liberaliste as psigiatriese afwykings te behandel. Vir daardie ou kan maar net sterkte toegewens word, dalk met dié waarskuwing by:
Onthou hy die rolprent One flew over the cukoo's nest waarin Jack Nicholson die hoofrol speel, Nicholson wat tydens sy opname in 'n inrigting ontdek die bestuur, die hele personeel self, is koekoes.
Wat my dadelik aan die grappie oor grappies in 'n inrigting laat dink, Van der Merwe wat groendakkies toe gaan en die aand tydens 'n gemaklike bymekaarkom van diegene onder behandeling en die superintendent, hoor hoe die superintendent dadelik wegval en 'n syfer noem.
En so gaan die superintendent met die hele Arabiese telwyse van een tot wie weet wat aan, elke keer wanneer die superintendent 'n nuwe syfer noem dan lag die pasiënte dat hulle lê.
Tydens 'n pose gaan Van der Merwe na die superintendent en vra nou wat presies gaan daar aan, is die mense mal om so vir verskillende syfers te lag. Nee, sê die superintendent, elke syfer verteenwoordig 'n grappie, dan hoef hulle nie elke keer die hele grappie te vertel nie, dis genoeg om net die syfer te noem.
Van der Merwe was uiteraard nie baie oortuig met die verduideliking nie en toe die pasiënte en superintendent weer die lagsessie hervat, het Van der Merwe ook 'n nommer. “Vyf miljard drie honderd en vyftig,” sê hy. Tot Van der Merwe se verbasing sien hy dat die pasiënte, ook die superintendent, uitbars in 'n lagbui soos hy nog nie daardie aand gehoor het nie, hulle lê behoorlik soos hulle lag.
Toe die byeenkoms verdaag stap Van der Merwe na die superintendent. “Nou hoekom het julle so uitgebars van die lag vir daardie onmoontlike syfer wat ek genoem het?” vra hy. “Daardie was 'n goeie, nuwe grap wat ons nog nooit gehoor het nie,” verduidelik die superintendent, nog steeds trane in die oë soos hy vir Van der Merwe se grap gelag het.
Terug by die liberalisme en die Weste...
Ek het op 'n keer in die Parlement gehoor hoe Colin Eglin, destyds leier van die Progressiewe Federale Party, 'n belydenis afsteek oor die wonder van die liberalisme. Ek het uiteraard, Afrikaner-nasionalis wat ek wil wees, sy vurige belydenis met 'n knypie sout aangehoor, gedagtig daaraan dat ek gehoor en gelees het die liberalisme het baie weergawes, hierdie weergawes wat wissel van dié soort wat ontstaan het in die tyd van Britannia rule the waves and the earth, 'n weergawe wat bars van selfvertroue, tot die liberalisme wat in die tyd van Eglin bestaan het, nodeloos om te skryf Eglin veilig woonagtig in 'n PFP-herehuis in die hoogbloei van apartheid in Suid-Afrika.
Om billik te wees teenoor liberaliste en die liberalisme moet Eglin en wie hom of haar steeds as liberalis aanbied, die geleentheid gegun word om vandag, in hierdie dae van doodslag en tande kners in ons land, die liberalisme te definieer.
Daar is 'n groot kans dat die liberalisme, maak nie saak van watter generasie en watter era, nooit eintlik buite die Westerse sfeer bestaan het of kan bestaan nie. As daar byvoorbeeld oor die Chinese liberalisme, of Afrika-liberalisme, of Japanse liberalisme verhandelings geskryf moes word, glo ek dit sal nie veel langer as 'n paar bladsye kan beloop nie. Die liberalisme is – of was – uniek Westers. Dit was nooit spontaan nie. Dis 'n loot van die Westerse humanisme. Dit was deur Groot Kapitaal en sy elites ontwerp as 'n springplank om kommunisme in Westers gemeenskappe los te laat. Dis 'n vergroeiing uit die Christelike godsdiens, gewis nie van die veelgeroemde Judaïsme wat verloopte Westerse politici en kerklikes vandag so graag paar nie (die sogenaamde Judeo-Christelike lewens- en wêreldbeskouing.).
Die Westerse liberalisme is 'n dekadensie. Wanneer daar oor die nedergang van die Westerse beskawing geskryf word, moet die liberalisme en sy klaaglike gevolge die belangrikste hoofstuk wees.
Suid-Afrika, en veral die Afrikanervolk, is vandag gevangenes van die liberalisme.
Een van die redes die feit dat hierdie liberaliste, ook eens skelm liberaliste soos F.W. de Klerk, om die dood nie hul dwaling sal erken nie. Hulle volg dit met 'n ketterse verbetenheid na.
Deurdat hulle dalk daarin 'n soort omgekeerde lojaliteit, 'n omgekeerde trou gevind het.
'n Omgekeerde trou omdat hulle aanvoer dis die medisyne wat die Afrikanervolk nodig het om glo eerbaar te kan oorleef.
Dat die ding lankal nie meer sin maak nie gaan hulle eenvoudig nie aan nie. Die oorweging van die Afrikanervolk se nood lê heel onder aan hul agenda, daardie plek wat 'n Amerikaanse professor, Northcote C. Parkinson, as “the point of vanishing interest” bestempel. Hulle wil hulle nie die moeite troos om daaraan te dink nie, hulle is, soos Parkinson verduidelik, soos die direksie wat vergader en eers die tee- of koffierekening bespreek, dan moontlike besparings as Cobra-vloerpolitoer in plaas van Ultra Brite gebruik word, so 98 persent van die vergadering in beslag neem, en in die laaste minuut noodsaaklike besluite deurdruk wat 98 persent van die bestuur en bedryf van die organisasie raak.
Daar word vertel van 'n ding wat gebeur het in die droë noordweste van ons land, of dit Pofadder of Aggeneys was, benoorde of besuide, weet ek nie.
Die ding het in die droogste van alle sewe-jaar-droogtes gebeur. En daardie plekkie voorkant of duskant Pofadder en Aggeneys, se sewejaar-droogtes is droog.
Op 'n dag, warm soos dit op daardie plek in sewejaardroogtes kan wees, die wêreld troosteloos kaal daarbuite, die skaap of twee wat nog leef wat al selfs die wortels van die gannabossies opgevreet het, sit daar 'n outjie in die skooltjie op die bult se enigste klaskamer. Hoe hy daar opgedaag het, daaroor praat niemand nie 'n woord nie, 'n soort woordelose taboe wat oor die onderwerp uitgeroep is.
Die ander kinders het hul gewone klere aan, nou wel karig soos dit daardie jare met Afrikanerkindertjies gegaan het, winter en somer, selfs die meisies kaalvoet.
Maar die kêreltjie, hierdie nuweling wat tog nie 'n nuweling is nie, is soos ons maar in daardie omgewing gepraat het, “opgedress” in 'n paddapak.
Die rubber wat sommer so blink as hy uit die klas in die haaiwarm son van die noordweste inloop, sy paddavoete wat so klap-klap wanneer hy loop. Ook sy duikbril se lens blink in daardie moordende son, die snorkel se bek wat hy nooit deur die hele dag van Meestertjie se lang en deeglike onderwys uit sy mond haal nie.
Slof-klap loop hy na 'n wagtende motor, 'n nogal blinkerige affêre, die bestuurder 'n mens wat ons tot baie later nie geweet wie hy is of was nie. Vernamerig, 'n blink pak soos wat vername mense van Pretoria of Kaapstad dra. Ja, na al daardie dae van vreemde besoek was die beste beskrywing wat van daardie vreemde en vername man gegee kon word dat dit onder die hoed wat hy altyd op het lyk of hy bles is.
Wel, die mense van ons dorp is en was vredeliewende, minsame mense. Vir die volgende week of twee, geen teken van wolke in daardie uitgedorde geweste, midde-in die grootste droogte in heugenis, het ons niks onder mekaar gesê oor hierdie vreemde paddaseun nie, selfs nie Meesterjie nie. Doodgewoon aangegaan met sy onderrig uittrap der Jeugd, ook vir die vreemdeling wat van agter sy duikbril en snorkel intelligent in die niet in staar.
Dit was eers hier by die derde week, die vreemde motor wat die vreemde seun in sy ewe vreemde paddapak as enigste passasier het wat telkens ná skool geheimsinnig in die stof wat nou pal, dag en nag, oor ons landskap lê, verdwyn, dat die skoolraad, die kerkraad en die wolraad 'n vergadering belê. Op hierdie vergadering onvermydelik die beskrywingspunt wie is hierdie vreemde paddaseun en wie is die vreemde man in die vreemde motor wat hom elke dag haal en in die stof van die noordwestelike droogte verdwyn. En voortvloeiend uit die vraag: Wat doen hy in 'n paddamondering in die middel van ons droogte?
Spot hy met ons?
Met 'n saak waarmee ons eintlik nie gespot moet word nie, dis al so deel van ons lewe.
Is hy 'n soort Noag, eintlik 'n boodskap dat 'n veertig-dae-reent op pad is?
'n Nare voorbode?
Nodeloos om te sê dat daardie eerste vergadering met meer vrae uiteen is as waaroor hul bymekaar gekom het. Behalwe miskien vir een leidraad: Klein Marietjie van Gert Willemse van Vergedraai sê sy verbeel sy het gehoor hy mompel iets soos “Jan” in sy snorkel.
Gert Willemse het te ver in die distrik in gebly om deel van enige raad te wees, Marietjie wat by vriende op die dorp oorgebly het en net met die lang wintervakansie plaas toe, na haar ouers is.
Die volgende week was daar weer 'n vergadering, weer vrae onder die inkennige (gewis nie onnuuskierige!) mense van die dorp. Maar dag na dag, week op week, maand na maand, het die swygende paddaseun opgedaag.
O ja, die vergadering hét later tot groot slotsomme gekom.
Hy is 'n kommunis, was een van die eerste beslissings.
Nog een hy is van Pluto.
In elk geval, dit was hier in November van daardie jaar, toe sak dit uit. Die hemele open sy sluise.
En dit reent. Paddas, honde, later eende en 'n mens sou kon sê as dit nie was dat die grond so uitgedor en die putte so droog en die diepste boorgat nie naastenby tot by die watertafel, toe kilometers onder die grond weggesink, kon reik nie, dan het ons in ons eertydse stowwerige hoofstraat, toevallig die enigste straat op ons dorp, afgedryf. Grootrivier en see toe in sterke stroom gewoonlik deur ons die Braksloot genoem.
Julle vra of dit toe veertig dae gereent het?
Baie langer.
Die reent het duidelik die paddaseun, soos ons hom weldrae genoem het, se vertroue laat toeneem, die vreemde man wat hom nou van êrens uit die vleiwêreld wat ons kontrei geword het elk dag met 'n motorboot skool toe gebring het.
Maar soos dit maar in ons kontrei is was die reën op 'n dag weg. Die dae het weer hard en warm geraak, die braksloot het opgedroog en die vleie verdwyn. En die paddaseun se pa het hom weer met sy geheimsinnige motor voor die skool afgelaai.
Saam met die doodgewone warm en waterskaars dae het ons hoop spoedig gewyk dat ons sou weet wie die paddaseun is. Want, ondanks die droër dae, het hy sy paddapak aangehou. Ja, geheimsinnig het hy gebly, jy kan maar sê 'n vis op droë grond, dis net Marietjie Willemse wat deur die blikplate van sy paddapantser kon dring, dinge kon bemerk wat verborge vir ons gewone sterwelinge was.
Dis die liefde, het Ma daaroor gesê. Sy het bygevoeg sy dink hy is maar een soos ons, paddapak en al.
Marietjie het dit in gesprekke met die ander meisies in ons klas beaam. “Aag, as jy so lank na hom kyk, dan raak jy gewoond aan hom!” sou sy gesê het. “Kyk sy paddapak van nader,” het sy aangemoedig. “Dis eintlik mooi!” het sy gesê.
Mooi, al het daar op die kraag agterop gestaan “Made in England?” het ons gevra, die bitter gevolge van die Engelse Oorlog vars in ons geheue gehou deur die baie grafte in ons konsentrasiekamp-begraafplaas.
'n Ding wat vir ons vreemd was op dié paddapak was 'n soort tjap. Daarop het gestaan, op Engels uiteraard, “Goedgekeur deur die Aartsbiskop van Kantelberg”.
Toe ek vir Pa oor hierdie vreemde geskriffie uitvra het hy gesê: “Dié paddapak ruik al meer vir my na Engelse liberalisme. Of dalk kommunisme.”
Daardie tyd was ek nog te klein om te weet van liberalisme, wat nog te sê Engelse liberalisme.
En so het die paddaseun 'n instelling op ons droë dorp geword. Terwyl daar 'n ding tussen Marietjie en die paddaseun, sal ek maar skryf, “gegroei het”.
Marietjie het verlief op hom geraak, Ma van alle mense wat gesê het die dorp is verniet bekommerd die ding sal nie uitwerk nie, die paddaseun wat so lank met ons klomp deugniete uitgehou is net soos ons, hoe anders moet ons sy skaapoog-uitdrukkings sigbaar agter sy duikbrillense verklaar as hy so lank na Marietjie staar.
As ek maar toe geweet dit sou so erg gaan, Ma was maar die eerste een op ons dorp wat, kan ek maar skryf, 'n vreemde kiem onder lede gekry het.
Dit was hier in die hoeveelste jaar van die paddaseun op ons dorp dat ek, kan mens maar skryf, ook agterkom aanhouer wen.
Daar was naamlik 'n gesamentlike vergadering op ons dorp van die kerkraad, dorpsraad, wolraad, waterraad en nog 'n klomp ander rade. En ook die hoofraad van die distriksraad van die NP.
My pa moes iets in die skraal drinkwatertjie van ons dorp geruik het, hy het weggebly.
Dis dus agterna eers dat ons Burgers van die eintlike ding te hore gekom het, hierdie eintlike ding nie die voorleggings en besluite wat daar bekragtig is nie...
Vandag is ek bly Pa was nooit op daardie vergadering nie, al het ek so 'n bietjie uit gevoel omdat my pa nooit genooi is nie, blykbaar omdat daar gefluister is hy is 'n Jaap Marais-man of so iets.
Bly omdat my pa en ons Burgers nie op die vergadering was nie?
Ja, 'n paddapak sit maar moeilik aan 'n mens in hierdie droë wêreld, al sou dit jou begeerte na meer reën uitdruk.
Ja, hulle het daardie aand êrens in die 1970's almal met paddapakke by daardie vergadering opgedaag. En besluit van daardie aand af dra almal paddapakke.
Vandag kan jy met ons paddapakdraende, swetende dorpenaars praat oor hul eienaardige gewoonte, hulle sal kwaad word of net vir jou frons.
Ook Marietjie, trouens, die meeste vrouens, het later paddapakke gedra. Winter en somer. Deur ons lang droogtes en daardie een week in 19-dinges toe ons weer 'n sewedaagse reent gehad het.
Die Jood op die dorp maak natuurlik vandag groot geld met hierdie paddapakgedoente, die malligheid wat vandag in drie sognaamde frêntjaises, bekend as SoliForum, die DA en VF Plus in die land verdeel is. Jy kan 'n paddapakkontrak by die Solly kry, een van die voorwaardes van die kontrak egter dat jy moet leer dans by 'n poffer-dansonderwyser.
Al kan jy reeds dans.
Soos Marietjie, wat nie lank na matriek met die paddaseun getroud is.
Marietjie kon later uitstekend dans, daarvoor het haar dansinstrukteur gesorg.
Ongelukkig het my storie 'n lelike nadraai...
Marietjie is dood aangetref, blykbaar vermoor kort voor of kort na of dalk nog tydens 'n dansles.
Vandag egter dans dit nog lustig voort op ons dorp, die dodelike greep van die paddapakke hier by ons op die kurkdroë dorp pla niemand meer nie. Miskien is dit die danslesse wat hulle kry, so in hul paddapakke, wat hulle laat aangaan, hulle fiks hou en gehard maak.
En as jy by die skoolraad, kerkraad of waterraad, die plaaslike boere-unie en ook die plaaslike DA- of VF Plus- of Soliforum-tak sou aangaan om te vra, nou wat gaan hier aan, waarom loop én dans al julle witmense so saam met die poffers, net julle in die ongemaklike en benoude paddapakke, die poffers skotvry van die diktate van die menseregtehandves en die menseregtekommissie. Dan sal hulle vir jou sê: Los ons uit, dis dalk ons laaste wals.
Dan wonder ek: Het Marietjie ooit haar gemaskerde man sonder sy duikbril en snorkel gesien? Voor háár laaste wals?
Naskrif: Toe daar laas van die paddaseun verneem is het hy in 'n spog progbuurt in Kaapstad gewoon, nou 'n baie suksesvolle internasionale politikus. Hy het nooit sy liefde vir paddapakke en water verloor nie, bewys daarvan die feit dat hy met die gewese vrou van 'n Griekse skeepmagnaat afgehaak het.
Vir paddapakke was hy nog net so lief maar het dit net in toesprake voor uitgelese liberale - en kommunistiese gehore gedra, hoewel die snit nou meer belyn is, amper asof dit 'n Cardussi-pak is.
Eendag, gevra deur 'n Naspes-joernalis, wat daarvan dat daar so baie witmense in hul liberale uitreik na poffers val, het hy (dit was voor sy hartoperasie, hy het toe nog gerook) sy sigaret soos Humphrey Bogart in daardie slottoneel van die rolprent Casablanca uit die een hoek van sy mond laat hang en bars deur 'n bol rook verklaar: Kwait frênklie, aai dount gief 'n dêm!
Nog 'n naskrif: Moet in geen omstandighede dink hierdie skrywe handel oor 'n gewese Afrikaner-politikus nie. As daar ooreenkomste is dan is dit bloot toevallig.