1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954658

Besoekers aanlyn

Ons het 101 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

RADIO PRETORIA, QUO VADIS?

Die Radio Pretoria-rotte verlaat die sinkend skip

Die swart komedie by Radio Pretoria woed voort.

Nou het oud-redakteur Annamarie Joubert in 'n brief aan Radio Pretoria laat weet hierdie verloopte radiostasie se teenstrydige nuuskommentaar laat haar voel soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartie-boksie. Soort van.

Dat sosialisme mos nimmer verdedig of goedgepraat kan word soos wat wel in 'n nuuskommentaar gedoen is na die nuwe Franse premier Francois Hollande se sosialistiese oorwinning by die stembus nie. Haar brief het eergisteraand op die sogenaamde Afrikaner-Verkiesingskommissie se webwerf Bravoland sy verskyning gemaak.

 

Ongeluklkig was die brief gister (en vandag nog?) nie meer toeganklik vir gaste nie. Klik maar op Quo Vadis, Radio Pretoria? daar waar die naam van Alwyn de Klerk, die president van Bravoland, verskyn.

Hierdie Quo Vadis, Radio Pretoria?-hofie op Bravoland-Forum is behoorlik 'n klaagmuur vir 'n ander De Klerk, dis nou Clem, die hoofbestuurder van Radio Pretoria voor Solidariteit vir prokureur Willie Spies in daardie pos in gemaneuvreer het.

In daardie kronieke sal  onder meer die volgende bewering gevind word: Solidariteit het nie Radio Pretoria gekaap nie, die beweerde vakbond het die verloopte radiostasie gekóóp.

Sonder om te veel in te gaan op Joubert se klagte oor sosialisme en die verwarring wat dit by haar skep: Daar was al verskriklik verwarrende goed wat as nuuskommentaar deur Radio Pretoria uitgesaai is. Wonder of Joubert die verskil tussen 'n federasie en 'n konfederasie verstaan, konfederasie die organisering van 'n staat deur die opwenteling van gesag (die standpunt van die destydse Konserwatiewe Party, toe sy by Radio Pretoria van die SAUK ingesmokkel is eintlik haar werkgewer).

Want in nuuskommentare onder haar redakteurskap is daar spoedig voorbrand gemaak vir die verdeling van die land in 'n federasie (was seker maar oorle Piet Liebenberg en Chris met 'n groot L Jooste se kommentare).

Ja, 'n mens kan met Willie Spies aan die roer van sake maar sê Radio Pretoria is vandag part en deel van die Naspes-pulpkartel. Want sy per se grootbaas is Flip Buys, hoofsekretaris van Solidariteit, Buys 'n direksielid van die Naspes-pulpkartel.

Clem de Klerk het verlede jaar die trekpas gekry na 'n berig in einste Naspes-pulpkartel se Sondagkoerant Rapport waarin 'n Buys gereeld 'n rubriek skryf waarin Buys gereeld een of ander ombekende Cowboyboekskrywer oor vakbondsake aanhaal. In daardie berig verlede jaar is met groot stelligheid gerapporteer oor 'n ANC-ledekaartdraer by Radio Pretoria. En dat die radiostasie van de vrymesselaars wemel.

Nou, met dié dat daar eintlik maar “verboten” oor Joubert se bedankingsbrief staan, word gewonder of Joubert se saak ook gaan wipplank ry soos met die ontslag van Henk van de Graaf. En Sakkie van der Merwe. Maar in die gade slaan van hierdie wipplankryery is een ding seker: Jy sê nie 'n Radio Pretoria-grootkop is 'n bokryer nie! Nie voor en ten aanhore van Lucia van den Berg (vrou van oorlede ds. Mossie van den Berg) nie!Van draadsit in volksake kan jy miskien nog iemand daar beskuldig, maar bok ry!

Nog 'n verwikkeling by die “stasie te velde” (omroeper soos Johannes van der Walt altyd gesê het), is dat daar allerhande besnoeiings aan nuuspersoneellede is nou dat Solidariteit Radio Pretoria se baas is.

Nou ja, hierdie lot is kennelik nog onbekend met verwikkelinge waar Solidariteit die septer swaai. Solidariteit is al van 1994 besig om vir Afrikaner- en Blanke arbeid 'n heenkome in die nuwe Suid-Afrika uit te werk. 'n Heenkome in plakkerskampe. Jy kan maar sê dis onvermydelik dat daar oortollige poste vir Blankes ontstaan wanneer Solidariteit in beweeg, hoekom sal dit anders wees met Radio Pretoria.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie