1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9952295

Besoekers aanlyn

Ons het 160 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

SA JAGTERS SE HOFSAAK OOR WAPENWET NEEM NUWE WENDING

PRETORIA – Die Suid-Afrikaanse Jagters-en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het verlede week ’n aansoek by die Noord Gauteng Hoë Hof ingedien om te versoek dat die drie sake wat teen die Minister van Polisie ten opsigte van die Wet op Vuurwapenbeheer (Wet 60 van 2000) aanhangig is, in een saak saamgevoeg moet word.

Mnr. Fred Camphor, president van die SA Jagters, het gesê hierdie inisiatief is ’n verdere konstruktiewe poging om die onbevredigende vordering wat met die vuurwapen-wetgewing en die vuurwapenlisensie-aansoekproses gemaak is, te probeer oplos. 

Die drie sake sluit ’n aansoek in wat SA Jagters reeds in Junie 2009 ingedien het om bepaalde dele van Bylae 1 van die Wet as ongrondwetlik te verklaar; ’n aansoek van die SA Geweereienaarsassosiasie (SAGA) om die herlisensiëringsproses op te skort; en ’n meer onlangse aansoek deur die Transvaalse Landbou-unie (TLU) en AfriForum om verskeie artikels van die Wet en regulasies as ongrondwetlik te verklaar.

Camphor het gesê dit was in belang van alle vuurwapeneienaars in Suid-Afrika om hierdie drie sake onder die Vereniging se hoofaansoek van Junie 2009 te kombineer. ` SA Jagters het met die verteenwoordigers van SAGA, TLU en AfriForum beraadslaag voordat die aansoek gebring is. Die partye het die beginsel ondersteun en hulle is op 10 November skriftelik van die proses in kennis gestel. Ons hoop om teen 12 Desember te hoor of ons hofaansoek suksesvol was. SA Jagters sal die eerste aansoeker in die saak wees, met die ander partye as tweede, derde en daaropvolgende aansoekers.’

SA Jagters se regsgeding teen die Minister van Polisie het in Junie 2009 met twee aansoeke begin.  Die eerste (hoof) aansoek was om die oorgangsmaatreëls vir die geforseerde hernuwing van lisensies ongrondwetlik te verklaar en om die SAPD opdrag te gee om die regulasies binne 18 maande te wysig. ’n Dringende aansoek is ook gebring om die vuurwapenlisensies wat ingevolge die vorige wet uitgereik was, as geldig te verklaar totdat die nodige veranderinge aangebring is.

Die SAPD was van plan om die ou (groen kaart) lisensies op 30 Junie 2009 ongeldig te verklaar. Só ’n stap sou sommige lede van SA Jagters en ander wettige vuurwapeneienaars verkriminaliseer aangesien die SAPD nie in staat was om voor 30 Junie 2009 nuwe lisensies aan hierdie mense uit te reik nie.  Die hof het ten gunste  van SA Jagters beslis en die groen lisensies sou geldig bly totdat die hof uitsluitsel oor die hoofaansoek ten opsigte van die ongrondwetlikheid van Bylae 1 gee. Hierdie saak is egter nog nie aangehoor nie.

In die afgelope 18 maande, het SA Jagters uit hulle pad gegaan om ‘n konstruktiewe bydrae tot ’n behoorlike en aanvaarbare vuurwapenlisensie-aansoekproses te maak. Hoewel daar nou beter begrip is tussen SA Jagters en die SAPD se Sentrale Vuurwapenregister, is daar steeds talle belangrike kwessies wat onopgelos bly. Vuurwapeneienaars het dus geen ander keuse as om die saak weer onder die hof se aandag te bring nie,’ het Camphor gesê.

`Ons lede en ook alle ander vuurwapeneienaars in Suid-Afrika is moedeloos oor die chaos wat heers rondom die vuurwapenlisensie-aansoeke sedert Wet 60 van 2000 in werking getree het.’

Sowat 300 afgevaardigdes wat 28600 jagters by 67 takke landwyd verteenwoordig het tydens die SA Jagters se kongres op 12 November in Pretoria, hulle volle steun aan die Vereniging se besluit gegee.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie