1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9952260

Besoekers aanlyn

Ons het 144 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

BURGER OF AFRIKANER

Torring word daar getorring buurman, vir wat wonner ek? Hulle torring aan die kerk, hulle torring aan die skool, hulle torring met die sport, hulle torring met die water, hulle torring met die krag, hulle torring met die diesel en die petrol en nou kom torring hulle met onse volkskap ok, seg ek jou die waarheid!

Torring is moeilikheid, buurman, ernstige moeilikheid seg ek jou. Dis soos toe die kat aan my oorle ouma se breiwerk getorring het. Torring buurman, veral lostorring, maak dat wat heel en aanmekaar was, losraak.  Wat met harde werk aanmekaargesit is, moet dan weer oor gedoen word, seg ek jou!

Torring, buurman kan partykeer net ’n grap wees soos wanner ’n vrind jou hoed in jou oë trek. Maar as hy aanhou, buurman, kan só ’n moedswillige getorring ’n man kwaad maak seg ek jou die waarheid! Kwaad, buurman, soos ’n Afrikanerbul wat in die bronstyd hokgeslaan word! So ’n bul kan ’n man seermaak buurman, seg ek jou.

Afrikaners, buurman, word nou burgers seg hulle oor RSG én Radio Pretoria, buurman. Nie soos teen die Ingelse in die Anglo-Boereoorlog nie, buurman, nee soos ’n lid van ’n staat,  soos ’n niks, soos ’n rondloperhond tussen anner honde wat op dieselfde erf loop, seg ek jou. Al die honde, van alle soorte met dieselfde baas in een hok buurman, seg ek jou die waarheid.

Nie meer ’n trotse Afrikaner van ’n Afrikanervolk nie buurman, nee, ’n burger met ’n netwerk van konkelaars wat ons soos honde in een hok gejaag het.  Buurman, siet jy nou hoe dieselfde konkelaars nou van ons burgers gemaak het, kwansuis vir onse alle burgers wat Afrikaans praat, by die staat gaan torring, seg hulle, in onse belang, vraag ek jou?

Nogal 500,000 van dese burgers seg hulle, wat al lid is van hierdie konkelnetwerk, wat hulle wáár getel het, wonner ek.  ’n Netwerk soos ’n spinnerak buurman, wat taai en klouerig is om beter te vang seg ek jou die waarheid! ’n Volk is ’n volk, seg ek jou buurman en ’n Afrikaner net ’n goeie burger as hy lid word van ’n burgermag wat sy eigene volk wil beskerm teen ’n getorring met sy voorbestaan en sy aanhou bestaan in sy eigene land, wat Henerik Verwoerd vir ons by die Ingelse teruggevat het in die jaar negentien honderd een en sestig!

Afrikaners moet maar katvoet loop vir spinnerakke buurman. Party spinnekoppe se gif is gevaarlik, veral hulle se politieke gif, seg ek jou die waarheid.

Groete van Burger-buys-netwerk tot spinnerak tot Afrikanerbond,

Klaas.

Van die Afrikanervolk.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie