1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957776

Besoekers aanlyn

Ons het 98 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAAROM VERKEER SUID AFRIKAANSE BURGERS IN GEVAAR?

Lizel Steenkamp berig op bladsy twee van Beeld van Dinsdag 4 Oktober 2011 dat die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf (Psira) , se raadsvoorsitter Thula Bopela, in die verslag vir die 2010-’11-boekjaar wat gister in die parlement ter tafel gelê is, gesê het daar is te min geld en personeel om dié bedryf met sy 8,828 maatskappye en 411,000 aktiewe veiligheidswagte behoorlik te reguleer.  “Dit bedreig staatsveiligheid en hou ook ’n gevaar vir Suid-Afrikaanse burgers in.”

Psira moet met minder as 200 heeltydse personeellede ’n bedryf reguleer wat die afgelope tien jaar so vinnig uitgebrei het dat daar tans meer as dubbel soveel veiligheidswagte is (411,109) as polisiebeamptes (160,000).

Die Reguleringsowerheid kry nie geld van die regering nie en het in die bogenoemde boekjaar ’n verlies van R23,7 miljoen aangeteken. Volgens die ouditeur-generaal (OG) is daar “aansienlike twyfel” of Psira teen dié trant kan bly voortbestaan, in ag genome dat ook R75,5 miljoen se slegte skuld in dieselfde tydperk afgeskryf is.


 


Luidens die jaarverslag het die getal geregistreerde, aktiewe veiligheidsmaatskappye en veiligheidswagte sedert 2001 met onderskeidelik 61% en 111% toegeneem. Daar was net in die afgelope boekjaar ’n groot toename in die registrasie van nuwe veiligheidsmaatskappye (18%) en nuwe veiligheidswagte (5%) in vergelyking met die 2009-’10-boekjaar.


Dié toename sou nog hoër gewees het as Psira nie bykans 12 000 nuwe registrasie-aansoeke van maatskappye en veiligheidswagte weens misdaadgeskiedenis afgekeur het nie.


Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het in November verlede jaar aangevoer die private veiligheidsbedryf is ’n bedreiging vir staatsveiligheid omdat dit swak gereguleer word.

Psira se topbestuur het tóé ’n droewige prentjie geskilder van jare se wanbestuur, geldelike tekorte en ’n gebrek aan vaardighede.


Die owerheid was 14 maande lank leierloos nadat mnr. Seth Mogapi, uitvoerende hoof, in Julie 2009 weens wangedrag en swak bestuur afgedank is. mnr. Manabela Chauke, nuwe hoof van Psira, is eers in September verlede jaar aangestel en volgens die OG het dié gesloer aanleiding gegee tot gebrekkige finansiële oorsig en interne beheer. (My beklemtoning)

PSIRA staan vir: (Private Security Regulatory Authority)

Die AVP stem volmondig met Bopela saam. Suid-Afrikaanse burgers verkeer in léwensgevaar, maar nie vir die redes wat Bopela aanvoer nie. Daar is in die eerste plek ’n geldige rede vir  n veiligheidsbedryf  wat die afgelope tien jaar so vinnig uitgebrei het dat daar tans meer as dubbel soveel veiligheidswagte is as polisiebeamptes.

As daar gekyk word na misdaad, korrupsie, moord, verkragting, motorkapings, huisrowe en ’n reeks ander misdade waarby selfs polisielede betrokke is, die polisie se onbevoegdheid en moedswillige voetesleep en selfs weiering om klagtes aan te hoor en dan die regering se deursigtige pogings om wapeneienaars te ontwapen, verkeer ons waarlik in doodsgevaar.

Kyk byvoorbeeld na die polisie se wapenhantering, waar as dit gewone burgers was, ons onmiddellik onbevoeg verklaar word om wapens te mag besit!   

Polisie Verloor 18000 Wapens in Ses Jaar  03/Oct/2011

Gautengse polisiekantore het tussen April 2005 en Maart vanjaar meer as 6 000 vuurwapens verloor, kantore in Soweto het 711 vuurwapens ingeboet en dié aan die Oos-Rand 367. Johannesburg-Sentraal het meer as 500 vuurwapens verloor en Pretoria-Sentraal byna 300 pistole en gewere.

Verklaar dit waarom Gauteng Suid-Afrikas se “misdaadhoofstad” genoem word? Dié provinsie “spog” met 6 000 van die 18 000 vuurwapens wat in die tydperk uit polisiehande verdwyn het.

Die wapens sluit in pistole, rewolwers, haelgewere en gewere. Dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie, meen baie van die wapens het in misdadigers se hande beland.

Sommige is geroof of gesteel en nalatige polisielede het ander verloor. Burger sê daar is gevalle waar beamptes hul wapens aan misdadigers verkoop het.

Ander kantore het as volg “presteer”: die speurtak by die hoofkantoor in Pretoria het meer as 200 vuurwapens verloor, die polisiekantoor in Alexandra, Johannesburg, byna 200 en Hillbrow meer as 100.

Die nalatigste polisiekantoor is dié van Ulundi, wat 558 wapens in een jaar verloor het.

Van die polisie se 269 761 vuurwapens is die meeste dienspistole en die res - 4 916 - outomatiese gewere, mortiere en sluipskutterwapens. Al dié wapens word nou ballisties getoets en die data geberg, wat die polisie in staat stel om te bepaal of wapens wat teruggevind word aan die polisie behoort en of dit met misdade verbind kan word.

Daar is 154 000 polisielede in Suid-Afrika, wat beteken dat sowat een uit elke agt tot nege beamptes hul wapens verloor.

Minder as 10% van dié wapens word teruggevind.  Burger meen die polisie se inspekteur-generaal ondersoek gevalle van verlore wapens nie deeglik genoeg nie.

Intussen maak die ANC Jeugliga gereed om op 27 en 28 Oktober die strate van Johannesburg en Pretoria in te vaar in wat onvermydelik in gewelddadige betogings sal ontaard.

ANC Youth League Mass Mobilisation and Action Programme for October 2011 (http://www.ancyl.org.za/show.php?id=8085)

The ANC Youth League extended National Working Committee met in Chief Albert Luthuli House, on Sunday the 18th of September 2011 to amongst other things adopt a concrete programme mandated by the ANC YL 1st NEC/NWC which said on the 18th of August 2011 that, \"The youth league will roll out mass action throughout the country on free education, youth unemployment and on economic freedom in our life time\".

Oral in die land sal daar betogings voorkom , veral  in Johannesburg en op die hoofpaaie na en van Johannesburg en Pretoria wat sal voortduur waarskynlik deur die nag en die volgende dag op 28 Oktober.

Ons waarsku Afrikaners om gereed te wees om lewe en eiendom te beskerm en voor geen intimidasie te swig nie.  Skakel met ’n veiligheidsorganisasie in u gemeenskap en indien daar nie is nie, skakel met u vriende en bure en bespreek vroegtydig metodes van selfverdediging en beskerming van u eiendomme sodat u nie onkant betrap word nie.


Wat verdediging aan betref berig Beeld dat die departement van verdediging  in die boekjaar wat op 31 Maart vanjaar geëindig het , R799 miljoen onreëlmatig uitgegee het!

Die departement kan boonop ná 11 jaar steeds nie volledig bewys lewer van bates ter waarde van R76,9 miljard onder sy beheer nie.
In elf agtereenvolgende jare kry die departement ’n gekwalifiseerde ouditverslag. Die ouditeur-generaal sê in sy verslag voor die parlement , die departement kon nie “voldoende ouditbewyse lewer om dié batebedrag te ondersteun nie”.
Die ouditeur-generaal het verder uitgewys dat die R799 miljoen in sewe transaksies uitgegee is.

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het ten spyte van die ongerymdhede, vroeër vandeesweek  in antwoord op ’n vraag in die parlement gesê dit sou vir die departement ’n eer gewees het om die ANC se eeufeesviering volgende jaar te borg, maar is “ongelukkig” nie gevra om dit te doen nie.
Die DA kan gerus lees wat ander instellings, soos die Verenigde Nasies (VN), van die ANC dink, het Sisulu gesê.
“Die VN het dié uitstaande organisasie reeds erken en vereer.”

Behalwe dat dít die instansies is wat Suid Afrika se burgery moet beskerm, is die VN waarna Sisulu verwys en as verwysing vir die ANC opgee, dieselfde organisasie waarop die VVK hom na sy verkiesing nou wil gaan beroep op pad na hulle volkstaat!

Ons verkeer voorwaar in gevaar.

Danie Varkevisser

6 Oktober 2011.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie