1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9196888

Besoekers aanlyn

Ons het 195 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

PERDEDR@##E ÍS TOE REGTIG DROË VYE!

POLITIEKE PERSPEKTIEF:

Die VF positief se leier, dr. Pieter Mulder, sê in ’n onderhoud met Carla van der Spuy van Vrouekeur van 6 Mei 2011:  “ My aanstelling destyds as adjunkminister het vanuit sommige geledere in die VF+ groot weerstand uitgelok, maar dit was sonder twyfel die regte besluit ter wille van inspraak in die regering vir ons mense.” Mulder verklaar verder dat:  “Deur ’n adjunkministerspos te aanvaar sonder dat jy lid van die ANC is, is huidig die beste strategie om inspraak te hê en die Afrikaner se belange te dien”  Daarop sou mens baie maklik kon sê, man, moenie vir my probeer vertel perde…… is droë vye nie!

Mulder se verder dat hierdie strategie baie belangrik is aangesien die ANC hom nie werklik steur aan enige kritiek of eise deur die opposisie nie.  Dit was mnr. Jaap Marais wat dié wysheid kwytgeraak het dat as jy in die stelsel ingaan sal jy daarin opgaan!

WIE IS DIE ONS VAN DIE VF POSITIEF?

Is dit werklik die Afrikaner se belange waarna dr. Mulder verwys as hy sê dat dit die beste strategie is om inspraak te hê om die Afrikaner se belange te dien? Miskien sal dit goed wees om ook ’n antwoord te probeer verkry oor wie hierdie Afrikaner is waarna hy verwys.

VF+ het 2 reg vir Soweto

BEELD van 4 Mei 2011 Gloria Edwards

Die VF+ se besluit om in twee wyke van Soweto vir die verkiesing te staan, is volgens die ANC in Gauteng ’n teken van vordering vir Suid-Afrika.
Só het mnr. David Makhura, ANC-sekretaris in Gauteng, gister gesê.
Die Gautengse ANC is volgens hom “vol vertroue” dat hy alle munisipaliteite in dié provinsie, insluitende Midvaal, gaan wen.

Mnr. Franco de Lange, die VF+ se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, het gesê dié party wil bewys hy “is nie meer ’n net-wit-party nie”.
“Ons wil die stigma dat ons ’n ‘ver-regse’ party is, uitwis.”
(My beklemtoning)
Die party het mnr. Johannes Lubbe as raadslid kandidaat vir wyk 51 en 52 (Zola, Zondi en Jabulani) aangewys.
“Die swart bevolking raak moeg vir leë beloftes,” het De Lange gesê. “Daar is heelwat mense uit Soweto wat met sekere probleme na ons toe gekom het en waarmee ons gehelp het. Ek glo ons sal ’n paar stemme in Soweto kry.”

Is dit dalk die “Afrikaner” en die “ons” waarna dr. Mulder verwys?  Dan ís ons werklik by die droë vye!

NAAMSVERANDERINGE

Die praktyk om te mislei deur naamsveranderinge het nie sy oorsprong by die ANC nie.  Dit kom reeds geruime tyd. Na die moord op dr. Verwoerd, het die Nasionale Party nadat hy geskeur het in 1969 en in verkiesings al swakker gevaar het weens sy beleidsverandering, ’n nasaat gebaar en dit die KP. genoem in dieselfde tyd wat die Broederbond swanger was met ’n buite-egtelike baba wat by sy geboorte Toekomsgesprek genoem is en later herdoop is na Volksbond.

Dit was D’Oliveira van die Sunday Star wat by geleentheid met dr. A.P. Treurnicht ’n onderhoud gevoer het en gevra het waarom hy in teenstelling met al die Afrikaner partye wat altyd die beginsel van Nasionalisme in hulle name opgeneem het, verander het. Hy het bv. die NKP van Connie Mulder se naam, nl. die Nasionale Konserwatiewe Party, se kop afgekap en sy party slegs die Konserwatiewe Party genoem. Waarom?, het D’Oliveira gevra. Dr. Treurnicht se antwoord was:  “Jy verstaan my politiek verkeerd. My party is nie ’n Nasionalistiese party nie maar ’n konserwatiewe party wat oop is vir Afrikaners, Engelse, Grieke, Jode en ander wat konserwatief is”

Die name verander dus, maar die politieke “genetika” bly! Telkens ’n ander baadjie, maar die binnegoed bly dieselfde!

MAAR DAAR IS TOG LIG IN DIE TONNEL!

In ‘n TLU-mediaverklaring sluit hulle af met:  Suid-Afrika kan nie meer die ANC bekostig nie en die kiesers behoort dit onbevange by die stembus vir hulle te gaan wys.” BLY WEG!

Indien die TLU hierdie verklaring aan al sy lede beskikbaar maak en hulle begryp dat dit beteken dat daar ook nie vir die VF-positief, die DA of enige ander party gestem moet word nie, is ons politieke pad na vryheid tot  ‘n groot mate herstel! 

Laat Afrikaners ook maar kennis neem dat in die lig van die feite hierbo, die VF-positief dieselfde  pad loop as iemand met  HIV-positief!   Al die “strategieë” en onderhandelings sal bloot die einde net ‘n bietjie langer uitrek, maar die einde is onafwendbaar!

Die AVP wil weer beklemtoon, bly by wat jy geleer het omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en bly weg van die verkiesing vir al die redes wat ons al by herhaling op hierdie webblad verduidelik het!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie