“Ons berus nie in die bedrog volle verowering deur ‘n terroristebende nie; ons beskou die nuwe regime as onregmatig, daarom neem ons…nie daaraan [die verkiesings] deel nie.” Mnr Jaap Marais
Met die munisipale verkiesings voor die deur, word die Blankes aangemoedig om weer te gaan stem. So erken die VF+ tans dat dit om “inspraak” gaan, want as party is die VF+ nie in staat om op enige plek beheer oor te neem nie. Die DA weer wil voorgee dat hulle groot deurbrake gaan behaal. Hulle verstaan duidelik nie hoe die kop van die gemiddelde Swarte werk nie. Sy water
By herhaling moet dit gestel word: Die Blankes is bedrieg deur ‘n referendum wat voorgenome onderhandeling met die ANC as enigste keuse gestel het vir die Blankes. Die resultaat daarvan, naamlik oorgawe aan ‘n terroristebende, is nooit aan die Blankes voorgehou nie en het die Blankes nooit daartoe ingestem nie. Wat deur bedrog tot stand gekom het
Die resultaat van die bedrog is die mislukte misdadige staat wat ons tans het. En hierdie mislukte staat word met ‘n grondwet regeer wat net deur ‘n twee-derde meerderheid verander
Dus, selfs al word ‘n munisipaliteit gewen, moet integrasie en alles wat daarmee saamgaan, toegepas word. Niks van “selfbeskikking”, “eie woonbuurte en skole” en “eie dienste”
Die vraag is ook of deelname aan die bestel (soos aan ‘n munisipaliteit), die weerstand wat ons moet opbou teen die bestel, verhoog. Die antwoord is dat dit eerder weerstand afbreek as opbou juis omdat daar ‘n gemoedelikheid tussen Blank en Swart intree op “raadsvlak” omdat hulle op mekaar se steun en goedgesindheid aangewese is. So het ons in die verlede gesien dat die KP die ANC se steun kry en dit net om vir ‘n termyn lank burgemeester te kan wees! Daar is talle sulke voorbeelde. Van verset is daar immers nie meer sprake nie.
Veel eerder lê die oplossing vir die Blankes om by (Blanke) munisipale belastingbetalersverenigings betrookke te raak en alternatiewe strukture te skep om aan die Blankes se behoeftes te voldoen. Daarmee is reeds in ‘n sekere mate sukses behaal alhoewel dit jammer is dat Blankes aanhou weghardloop vir hulle eie velkleur. Waarom lieg dat dit tog vir ons gaan oor Blanke kundigheid, Blanke standaarde en Blanke behoud?! Net omdat die Grondwet dit verbied?
Die verkiesings is intussen ‘n handige instrument in die hande van die vyand om aan die wêreld te toon dat ons, ons permanente onderdanigheid aanvaar. Gelukkig is daar oorvloedige bewys dat die meerderheid Afrikaners die verkiesings as ‘n klug beskou en daarom daarvan wegbly!