1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10006157

Besoekers aanlyn

Ons het 51 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VAVI SE KRITIEK TEEN KORRUPSIE ’N FLUIT IN DIE WIND

Adam Habib van die Universiteit van Johannesburg beskou Zwelinzima Vavi van Cosatu as ’n dapper man.  Dit sê hy na aanleiding van Vavi se opmerkings dat:  “Ons op pad is na ’n roofdier staat waar daar ’n sosiale vreet-orde heers.”  Vavi beweer ook dat die ANC stert tussen die bene en met die rug teen die muur na die kiesers toe gaan.

Vavi se “skokkende” opmerking dat die moontlikheid van ’n Zille president bestaan as die ANC op hierdie trant voortgaan, moet gesien word in die lig van deur watter media hierdie “skokkende” berig gedra word.  Die herhaalde verwysings na die moontlikheid dat Cosatu die DA as ’n waardige opposisieparty begin sien, is kennelik ’n poging om die indruk te wek dat die ANC in ’n verkiesing verslaan kan word deur steun aan die DA.  Om hierdie persepsie te versterk word sterk klem gelê op die uitsprake van die swart vakbondleier wat veral blanke kiesers moet laat dink dat daar aansienlike swart steun in opposisie teen die ANC opgevorder kan word.

Of Vavi dapper of “slim” is, sal wel na die verkiesing duidelik wees.  My raai sou laasgenoemde wees.   Dat nie een van hierdie twee karaktertrekke vir die Blanke enige voordeel inhou nie, behoort na 17 jaar se eskalasie in selfverryking, korrupsie en toenemende verontregting van die Blanke, nie moeilik wees om te begryp nie.

Swak administrasie, skandalig hoë salarisse vir totaal onbevoegde amptenare, nepotisme, diefstal en korrupsie het die staatskas leeg getap.  Dermate dat noodsaaklike dienste, instandhouding en vervanging van uitgediende infrastruktuur, letterlik jare agter geraak het omdat daar net eenvoudig nie geld voor oorgebly het nie.   Ekonome voorspel daarbenewens ’n rowwe jaar wat vir ons voorlê en boonop ’n volle persentasiepunt styging in die rentekoers.

As in ag geneem word dat kragvoorsiening met R160, R50 vir water, R200 vir brandstof en R200 vir tolgeld per maand per gesin meer gaan kos volgens Mike Schüssler, dit terwyl die helfte van die land se water en krag verbruikers nie vir daardie dienste betaal nie en die skuld telkens net afgeskryf word, fluit Vavi teen die wind as hy van mening is dat sy “politieke skuif” enige verbetering gaan teweegbring.  Dit mag hom egter persoonlik baat in die vorm van ’n pos om sy mond toe te kry!  Daar vreet jy immers teen so ’n tempo uit die krip, volgens sy eie oordeel, dat daar nie tyd sal wees om rond te kyk vir ander oortreders nie!

Redaksie

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie