1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10006486

Besoekers aanlyn

Ons het 59 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WIE IS DIE AFRIKANER SE VYAND?

Engeland se betrokkenheid in die stryd om Gadaffi uit Libië uit te kry onder voorwendsel dat hulle nie kan toekyk hoe hy sy eie mense doodmaak nie, is net so bedenklik as hulle ongeërgdheid oor die volksmoord wat op die Afrikanervolk gepleeg word deur die swart regime se onwilligheid om dit stop te sit.  Dit terwyl hulle aandadig is aan die vestiging van ’n terroriste organisasie as regime in Suid-Afrika, onder voorwendsel van “demokrasie”.

Dit was Tony Blair, voormalige eerste minister van Engeland,  wat in Januarie 1998 gesê het:   “the British “never forget the past even when addressing the future”.   Dat hulle geheue tot vandag toe nie hulle gewete aanspreek wanneer hulle met die toekoms handel nie, is veral vir die Afrikanervolk betekenisvol!

Dat die Afrikaner vyande het, is onteenseglik waar.   Ons het egter nie die vyande gekies nie, hulle het óns gekies.  Die Engelstalige wêreld het die Afrikanervolk as vyand gekies en om ons by te kom gebruik hulle die swartes.   Wyle mnr. Jaap Marais het verskeie kere daarop gewys dat elke Kommunis, swart en wit, wat uit Suid-Afrika moes vlug, het heenkome in Londen gevind.   Hulle is nie na Moskou nie, maar is gulhartig in Engeland ontvang en beskerm!

Dit was Alfred Milner wat na die Anglo Boere-oorlog gesê het:  “The South African struggle continues.   It is no longer war with bullets, but it is war still” 

Dit is dan ook vanuit hierdie oord waar die beeldradio se swart kontinuïteitsaankondigers, swart generaals, swart munisipale bestuurders, swart ministers, swart bankbestuurders, ens. opgelei en voorberei is om die blankes se werk te kom oorneem.

Dit is ook die Engelse taal wat gebruik word om Afrikaans te verdring, met die oog daarop om dit uiteindelik heeltemal te vervang.  Alhoewel dit waarskynlik ook hulle doel is, is die chaos wat in die land ontstaan het sedert die swart Engelse die bestuur en beheer van Suid-Afrika oorgeneem het, die refleksie van hulle onbevoegdheid teruggevoer kan word  na die Engelse se opleiding, hulle gebrekkige politieke insig, hulle swak oordeel maar ook hulle minagting vir lewe, hulle koelbloedige goedkeuring van massamoord op onskuldige mede blankes en veral hulle Godlose gesindheid wat openbaar word in Milner se standpunt.  Al sluit ons ’n vredesooreenkoms, ons sal voortgaan om deur ander middels ons doel te bereik, kon hy net sowel bygevoeg het.

Selfs die aanslag uit die kerk deur middel van die Anglikaanse Trevor Huddleston’s en biskop Tutu’s, dui op die uiterstes waartoe die Engelse regering bereid is om te gaan om sy wêreldse oogmerke te bereik.  Selfs vandag nog word adviseurs uit Engeland gestuur om ’n Afrikanerhater soos Manyi voor te sê sodat die inploffing van die ANC nie voortydig moet plaasvind nie.

Deur kastig apartheid aan te val en te demoniseer, het Engeland goed geweet dat as hy dit doen, hy eintlik die Afrikaner se politieke beleid aanval en dit sodoende in onguns bring by die res van die wêreld.  Deur apartheid ook in die kerk veroordeel te kry kon hulle ook staatmaak op elke liberalis  en humanis wat gevorm was deur die media, sonder om die verwoestende gevolge van die teenpool van apartheid  in berekening te bring.

Met die toekoms in vooruitsig, sê Tony Blair:   “the British “never forget the past even when addressing the future”, sê die AVP vir die Engelse, daar skort ook niks met ons geheue nie!  Maar belangriker nog, daar is niks van al hierdie ongeregtigheid wat ongesiens by God verbygaan nie.  Elke beleidmaker, elke raadgewer en elke verantwoordelike persoon, of hy nou in Suid-Afrika, Engeland, Amerika, Palestina of Israel sit, sal in die gerig kom vir die besluite waarvoor hy verantwoordelik was, net so seker as wat die son opkom en ondergaan.

In die Engelse se voortsetting van die oorlog teen die Afrikaner, het hulle vele bondgenote gewerf en ge-erf.  Daar moet dus besef word dat ons stryd nie slegs teen die Engelse is nie maar teen alles en almal wat soos die Engelse gekies het om die Afrikaner as vyand te hê.

Op die oog af wil dit voorkom of daar vir die Afrikaner nie ’n uitkoms is nie.  Asof die oormag net eenvoudig te groot is.  Daar het egter al veel vir die Afrikanervyande verkeerd geloop.  Daarbenewens is daar nog die sigbare Goddelike ingrypings waarteen géén regering bestand is nie.  Ons wil vanuit die AVP weer maan, moet nie bevrees wees nie, moet nie oorhaastig in die geveg instorm nie. “Die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” Jes 40:31.

Leef soos ’n volk wat in oorlog verkeer en nie asof daar hoog vrede is nie!  Beveilig uself binne u vermoë en skakel met ander Afrikaners naby u om ‘n veiligheidsring te word wat mekaar in nood kan bystaan.  Beveilig u omgewing waar u woon deur ’n kommunikasienetwerk te vestig.  Wees paraat elke oomblik van die dag en moet onder géén omstandighede van u wapens ontslae raak nie.  U benodig dit om u geliefdes te beskerm.  Herstel u verhouding met God onse Vader indien dit gebrekkig is en voed u kinders en kleinkinders op in die vrese van die Here.  Dit is in gehoorsaamheid aan Sy gebod waar ons uitkoms en ons vryheid  lê en nie in die onderhandeling kamers van die goddelose nie!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie