1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8529294

Besoekers aanlyn

Ons het 67 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

IDASA KOMPLOT (3)

Deur Jaap Marais

Die Afrikaner Volksparty beskou dit as van die uiterste belang dat veral die Afrikanervolk, maar ook elke ander persoon wat belang by ons voortbestaan en toekoms het, self kan sien tot watter uiterstes daar gelieg en bedrieg is om ‘n oordrag aan die kommuniste bewerk te kry.

As ‘n man van die statuur van van Zyl Slabbert so blatant en selfs brutaal lieg oor onomstootlike, feitlik en bewysbare gebeure, en saam met hom feitlik elke sogenaamde “regse” wat daarby betrokke was, dien dit elke Afrikaner vir wie die vryheid van ons volk belangrik is, om dit in gedagte te hou vir die stryd wat voorlê!  Elkeen wat nasionalisme versaak het, het vir ons ‘n vyand geword!

 

MARAIS ONTHUL GEHEIME, SLABBERT KAN NIE ONTKEN

Om die samehang van die saak in die korrekte voeg te plaas, het mnr. Marais die volgende

persverklaring oor die aangeleentheid uitgereik:

 

Na aanleiding van die ope brief wat ek op 19 November aan dr Van Zyl Slabbert gestuur en aan die media vrygestel het, het ek onderstaande antwoord van dr. Slabbert ontvang op 25 November:

U skrywe van 18 November verwys.   Terwille van die waarheid en die rol wat u hoop om daarmee te speel, net die volgende:

  1. My betrokkenheid met IDASA is beperk tot 3 of 4 vergaderings van IDASA se Raad.   Ek het geen uitvoerende of operasionele posisie in IDASA hoegenaamd nie.

 

  1. Ek is wel bewus dat Ivor Jenkins en Braam Viljoen ‘n paar keer ontmoet het voor die 1994 verkiesing.  Ek was by een so ‘n vergadering en dit het hoofsaaklik gegaan oor die huidige stand van die politiek in die land.   Hieroor het ek my eie oorsig gegee.   Dit was die enigste keer dat ek by so of enige ander vergadering betrokke was in verband met Generaal Viljoen of enige ander regses.

 

  1. Ek was nooit voorsitter of rolspeler in enige CDP nie.   As u enige inligting in die verband wil hê, indien sodanige inligting bestaan, moet u dit by IDASA of Braam Viljoen gaan soek.

 

  1. Ek was wel by die inhuldiging van die huidige Staats President maar hoegenaamd nie as eregas of by enige spesiale sitplek of eettafel nie.   Ek het ‘n kaartjie bekom om ‘n staanplek te kry soos duisende ander om die inhuldiging by te woon.

 

  1. Ek het inderdaad Generaal Viljoen vergesel na Biskop Tutu se huis maar die ontmoeting is deur my gereël op versoek van Dr. A. Boraine ten einde Generaal Viljoen eerste hands in te lig oor die werksaamhede van die Waarheid en Versoenings Kommissie.

 

Laat my egter dit baie duidelik en onomwonde aan u stel:   “As ek enige rol kon gespeel het, (en ook nou en in die toekoms), om te verhoed dat sinnelose lewensverlies geskied sou ek nie gehuiwer het nie.   Vir sovêr IDASA of enige ander organisasie enige konstruktiewe rol gespeel het, geniet hulle my onvoorwaardelike steun, of dit die Afrikaner of enige ander groep  behels”.

Op 27 November het mnr. Marais in antwoord daarop die volgende brief aan dr. Slabbert gefaks:

“Ek is bly dat u geantwoord het op my brief van 18 November.

  1. U verklaring dat u betrokkenheid by IDASA beperk is tot 3 of 4 vergaderings van IDASA se raad, kan kennis van geneem word.   Met die huidige saak het dit min te maak.   U sal weet dat vanaf die stigting van IDASA u die sleutelfiguur was, ‘n feit wat sterk na vore gebring is deur die Dakar- en ander dergelike eskapades waardeur u die sake van die ANC-SAKP bevorder het.

Op briefhoofde van IDASA verskyn u naam saam met dié van dr. A. Boraine, prof. J. Gerwel, aartsbiskop D. Hurley, dr. Beyers Naudé, prof. A. du Toit, me E Mokolong, prof S. Saunders, eerw. De V Soga, prof P Vale, eerw. Canon M Xundu, prof W Nkuhlu en prof J Leatt.   Dat ek en ander u assosieer met IDASA rus derhalwe op openbare kennis.

  1. Dit verbaas my dat u te kenne gee dat u nie betrokke was by die Conservative Dialogue Programme (CDP) van IDASA nie.   Dit is hoogs onwaarskynlik dat u as vooraanstaande lid van IDASA se Raad nie bewus was en nie meegedoen het aan ‘n projek wat van die uiterste  belang geag is nie.

Hoe belangrik u die CDP beskou het, blyk uit die brief wat u na ‘n belangrike persoon in die buiteland gefaks het op 14 September 1993.   Daarin sê u: “The project is of critical importance in avoiding bloodshed in South Africa and promoting effective negotiations”.   So, u was wel deeglik bewus van en betrokke by ‘n saak van so ‘n kritieke belang.

  1. Om u betrokkenheid daarby bo alle twyfel te stel, het u verder in dié  brief aan dr. VLRT Hans Joachim Daerr van Adenauerlee, Bonn, Duitsland, geskryf:

“Project purpose: to promote and sustain dialogue between the center right, i.e. Afrikaner Volksfront and the ANC’.

Dit, in ‘n neutedop, was die geheime doelstelling van die CDP van IDASA.

U het verdere inligting in dié brief verskaf.  ‘The most likely persons involved’, het u geskryf,   ‘Afrikaner Volksfront – General Constand Viljoen, General Tienie Groenewald, General C. Visser, Dr. Piet Gous, Mr. B (D) Bruwer, ANC – Mr. Thabo Mbeki, Mr. Jacob Zuma,

Mr. Mdladla’.   So, u was ten volle op die hoogte van sake sovêr dit die CDP betref en uiteraard diep daarby betrokke.

Die belangrikste, en hier die mees ter saaklike, was die daaropvolgende mededeling in die betrokke brief, naamlik:  “Steering Committee:  Dr. F. Van Zyl Slabbert, Mr. Jurgen Kögl, Prof. Braam Viljoen, Mr. Ivor Jenkins.

U was dus blykbaar voorsitter van die Loodskomitee.

Nou, dr. Slabbert, u verwag tog nie dat ek hierdie regstreekse mededeling van uself moet verwerp as onwaar, en dan glo soos u nou beweer, dat u niks met IDASA se geheime Conservative Dialogue Programme te maak gehad het nie.(My beklemtoning)

Met hierdie getuienis van hierdie brief teen u hoef eintlik niks verder gesê te word nie.   U het met die ontkenning in u brief van 25 November uself meer effektief veroordeel as wat ek sou kon doen.   Daarby kom nog ‘n saak wat voortvloei uit u brief.

  1. U ontkenning dat u ‘n eregas was by die inhuldiging van die huidige Staatspresident, waardeur u my in die ongelyk wil stel, sluit hierby aan en het ook ongelukkige implikasies vir u.   Hierby is ‘n fotostaat van ‘n gedeelte van p.15 van Sunday Times van 8 Mei 1994.   Daarin sal u sien: ‘Political dilettante Frederick van Zyl Slabbert still seems to be in somebody’s good books, despite the fuss of his resignation from the SABC board last year.   He made the A-list’.   En almal weet die A-lys was die lys van gaste wat voorrang by dié onthaal geniet het.   Saam met u op die A-lys was mnr.  Harry Oppenheimer, sy vrou en sy seun, Cyril Ramaphosa, Thabo Mbeki, Joe Slovo, Helen Suzman, John Kane-Berman,  en soos die Sunday Times sê:   ‘Old-time ANC friends, Sol Kerzner, Raymond Ackermann, Absa’s Chief Executive Danie Cronje, JSE president Roy Anderson...’   U verwag tog seker nie dat ek sou gemeen het dat die Sunday Times u ‘n ongegronde eer aangedoen het deur u tot dié hoë aansien in die oë van die ANC-SAKP- leier te verhef het nie.

Dié berig is uiteraard as ‘n feit aanvaar.   En u moes destyds aan die Sunday Times  vertel het dat u nie op die A-lys van die Staatspresident was nie, maar dat u net ‘n staanplek kaartjie gehad het.   Dan kon die saak uitgemaak gewees het.   Maar in  plaas daarvan het u geswyg.  Waarom?

Samevattend moet ek aan die hand van dié twee sake dit aan u stel dat u getuienis nie met die feite strook nie.   En u sal weet dat dit baie ernstige implikasies vir u geloofwaardigheid het.

Dat u oor u betrokkenheid by IDASA  se geheime Conservative Dialogue Programme so teen die waarheid probeer stry, oortuig my nog meer daarvan dat die CDP ‘n saak van die uiterste politieke belang is, en dat u en die ander betrokkenes dit ten alle koste geheim wou hou – klaarblyklik omdat die hele CDP-operasie daarop gemik was om ‘n eerlose onderworpenheid van die Afrikanervolk te bewerkstellig”

Ek het nog nie reaksie ontvang van mnr. Dries Bruwer en dr. Piet Gous, aan wie ek ook geskryf  het oor hulle rol by IDASA se Conservative Dialogue Programme nie.

Dr. Slabbert het weer op hierdie skrywe gereageer.   Hy kon egter steeds nie een van die stellings of afleidings aantas of weerlê nie.   Sy brief lui soos volg:

****************

28 November 1996.

Mnr. JA Marais,

Leier van die HNP

Posbus 1888,

Pretoria, 0001.

 

Geagte  Mnr. Marais,

 

As politikus en openbare figuur het ek nog altyd vir u respek gehad, al verskil ons fundamenteel van mekaar.

 

Ek het geen gevestigde belang om te ontken wat my rol in ons oorgang na ‘n demokrasie was en is nie.   Trouens dit is redelik openbaar en deursigtig.

 

As ek ‘n rol kon speel om bloedvergieting te verhoed deur byvoorbeeld die regses te betrek in onderhandeling sou ek dit sonder huiwering gedoen het.

 

Al wat ek vir u probeer sê het, is dat u ‘n groter rol aan my toedig as wat ek gespeel het.   Die feit dat ek op die raad van IDASA dien is algemene kennis.  Maar van voor die algemene verkiesing van 1994 het ek geen operasionele rol in IDASA se aktiwiteite gespeel nie.

 

Na die beste van my vermoë het ek vir u probeer sê wat die omvang van my betrokkenheid was, met wat u die CDP noem.

 

Ek weet regtig niks van ‘n A-lys nie en het nie aan ‘n tafel gesit nie.   Indien ek wel genooi was om dit te doen, sou ek dit met graagte aanvaar het.

 

Jammer ek kan u nie meer help om u samesweringsteorie te laat werk nie.

 

Met agting,

 

Die uwe,

F VAN ZYL SLABBERT

 

 

JAAP MARAIS RIG UITDAGING:

 

DRIES BRUWER MOET ANTWOORD!

 

MNR. Marais se brief aan mnr. Bruwer lui soos volg.

 

3 Desember 1996.

Mnr. Dries Bruwer

President

Transvaalse Landbou-unie

 

Geagte mnr. Bruwer,

 

Ek het onlangs aan u geskryf oor u rol in die geheime linkse operasie van IDASA, waardeur meegehelp is om die Afrikanervolk tot eerlose onderwerping aan ‘n Kommunistiese beheerde regime te bring. 

 

U het nog nie daarop geantwoord nie.   En u meen bes moontlik dat die saak daarmee afgehandel is.   Dit is nie so nie.   Wat u gedoen het, is veels te ernstig en polities verwerplik.

 

U meen moontlik dat daar nie bewyse is vir u samewerking met die linkse groep van IDASA om, soos dit in ‘n IDASA-dokument gestel is, te verhoed dat “the right wing.....completely derail the transition process”, of “complicate and confuse the issues with the dangerous potential of loss of life and also the accelerated loss of confidence and stability”   Dit beteken in gewone taal dat Afrikaner-organisasies die volks verraad van De Klerk deur geweld kon stuit en dat dit in belang van die ANC-SAKP verhoed moes word.

 

Met dié doel voor oë is die Conservative Dialogue Programme (CDP) deur IDASA in die lewe geroep, met as koördineerder, prof Abraham Viljoen, broer van genl. Constand Viljoen en bekend as ‘n verkondiger van die linkse politieke ideologie, wat selfs ‘n kandidaat van die Demokratiese Party (DP), (vroeër die PFP) was. 

 

Prof Viljoen het vroeg die ANC se medewerking aan dié program gevra en gekry.   Op 17 Maart 1992 het hy geskryf aan:  “Mr. Walter Sisulu, Deputy President, African National Congress”  Daarin betuig hy dank vir “the gracious way in which you and Ms. Marcus received me yesterday”    Soos u weet, is me Marcus bekend as die “spokesperson of the Communist establishment”  (Fotostaat hierby)

 

****************

 

(Oorgetik ter wille van duidelikheid)

 

I D A S A

Working for Democracy

P.O. Box  56950

Arcadia    0007

299 Duncan street,

Hatfield, Pretoria

Tel: (012) 342-1476/7

342-1478/9

Fax:(012)43-3387

 

17 March 1992.

 

TO:          Mr. Walter Sisulu

Deputy President

African National Congress

Fax:  (011) 

 

FROM:    Mr. Braam Viljoen

IDASA Pretoria

Co-ordinator: Conservative Dialogue Programme

 

Dear Mr. Sisulu,

 

DIALOGUE WITH CONSERVATIVE PARTY MEMBERS AFTER THE REFERENDUM

 

This is just a note to express our thanks for the gracious way in which you and Ms. Marcus received me yesterday.

 

IDASA, particularly through its Pretoria office has started a project aimed at opening up dialogue between conservative whites and other political players, particularly the ANC.   Through top level contact and discussions we hope to provide an opportunity for discussion around issues such as security, land redistribution, self determination, local government and negotiations.

 

We fear that while the conservative forces remain outside the negotiating process they can effectively determine it.   Today’s referendum is just such a destructive and bitter example but they can do so.

 

For this project to be effective we would appeal for your support and participation as the key political grouping. No discussions forums or meetings can be worthwhile without your presence.

 

To this end, we welcome by your suggestion that Mr. Ramaphosa should meet with Mr. Van der Merwe and would like to set a date, time and venue for that meeting as a matter of urgency.   From our side we can make contact with Mr. Van der Merwe as soon as Mr. Ramaphosa indicates his availability.

 

Thank you again for the meeting yesterday and we look forward to future discussions.

 

Towards Peace.

 

cc. Gill Marcus

      Ivor Jenkins, Regional director, IDASA Pretoria

 

INSTITUTE FOR A DEMOCRATIC ALTERNATIVE FOR SOUTH AFRICA

Trustees:  Dr. A. Boraine, Prof. A. du Toit, Prof. J Gerwel, Archbishop D. Hurley, Mrs. E. Mokolong, Dr. B. Naude, Prof. S. Saunders, Dr. F. Van Zyl Slabbert, Rev. De V Saga, Prof P Vale, Rev CM Xundu

 

*********************

 

Prof Viljoen vertel in sy brief dat die CDP beoog om gesprekke tussen Afrikaners en die ANC te reël oor onder andere “land distribution” en onderhandelings.   En hy sê:   ”For this project  to be effective we would appeal for your support”

 

Prof Viljoen het dus die samewerking van die ANC-SAKP gehad vir IDASA se Conservative Dialogue Programme waardeur beoog is om Afrikaner weerstand teen De Klerk se volks verraad te verydel.

 

So, u sien , die CDP waarby u betrokke is, is ‘n onmiskenbare produk van anti-Afrikaner- en pro-ANC-SAKP-politiek.

 

Die doel van die program was, soos dr. Van Zyl Slabbert dit self op 14 September 1993 in ‘n

Brief aan ‘n Duitse instansie gestel het:

 

“To promote and sustain dialogue between the center right, i.e. Die Afrikaner Volksfront and the ANC.......“To reduce the potential for violent confrontation;

 

“To reach some constitutional compromise between die Afrikaner Volksfront and the ANC;

 

“To promote Die Afrikaner Volksfront to support and participate in the forthcoming elections”.

 

Hieruit is dit duidelik dat IDASA gebruik is om die NP se program van volks verraad te laat vlot deur Afrikaners in pratery te verstrik en sodoende gewelddadige verset teen die verraad te verhoed.  

 

Daardeur is die grondslag gelê om aan die bekookte onderhandelings en die nog erger bekookte daaropvolgende verkiesing van April 1994 deel te neem.   Die IDASA-aksie het dus presies be-oog wat die NP nodig gehad het, en wat tegelyk ook die ANC-SAKP se behoefte was.   Die ANC-SAKP het op 30 Januarie 1994 aan die Chicago Tribune gesê:  “It is our aim to keep the right wing talking for as long as possible in order to prevent a White backlash”.    Dit is waartoe u deur IDASA ingespan is.  

In ‘n dokument wat deur prof. Viljoen opgestel is, sê hy dat die einddoel van die CDP is:

“to normalise the relationship between the Afrikaner and the ANC”,  dit wil sê die Afrikaners moet hulle versoen met hulle verraderlike onderworpenheid aan ‘n Kommunisties-beheerde Swart regering.    Dit is waartoe u medewerking verleen is.

Hierdie linkse program van ondermyning van die Afrikanervolk is grootliks uit die buiteland gefinansier, onder andere deur die Hollandse en die Kanadese regerings.   Hierby is byvoorbeeld ‘n fotostaat van ‘n brief van die Hollandse ambassade in Suid-Afrika, vergesel deur ‘n tjek van R25000, sowel as ‘n fotostaat van ‘n brief van 6 Februarie 1992, van die Kanadese ambassade in Suid-Afrika aan IDASA oor ‘n skenking van R83,532-42.

Natuurlik kon hierdie politieke aksie van IDASA nie die daglig verduur nie en moes dit in die geheim gevoer word.   Prof Viljoen skryf in ‘n oorsig in Maart 1992 oor sy “major problems” en sê dan:  “First of all the need for discretion and even secrecy in whatever reporting is necessary on the project.   This does not only relate to reporting within IDASA but also to media reports on specific issues”.  (My beklemtoning).

Dit beteken dat selfs binne IDASA daar geheimlik te werk gegaan is, en dat in verhoudings met die media daar met “diskresie” opgetree sou word, dit wil sê nie openlik nie, ten einde in pas te wees met die geheime aard van die program.

In dieselfde oorsig van Maart 1992 skryf prof. Viljoen:  “For the time being the center of activity........ remains the CP caucus in Cape Town”.   Terselfdertyd bring prof Viljoen dan die CDP nader aan uself en dr Piet Gous.   Prof Viljoen sê nuwe strategieë sou gevolg word, soos, “To make use of the existing structures of the farmers unions”.   Dus, in hierdie linkse aksie om die Afrikanervolk te ondermyn, sou van die georganiseerde landbou gebruik gemaak word, natuurlik deurdat dit tot die CDP se beskikking gestel sou word deur die betrokke leiers.

Prof Viljoen laat geen twyfel oor hoe hy die Transvaalse en die Vrystaatse Landbou-unies sou indring en manipuleer nie.   “The two most powerful men in the CP caucus”, skryf hy, “are

Mr. Dries Bruwer (President of Transvaal) (TLU) and Dr Piet Gous (President of the Free State)”(VLU).   Dus, hy het u en dr Gous aangedui as die skakels wat hy nodig gehad het vir sy program om IDASA se politiek teen die Afrikanervolk te bevorder.

Nadat hy u en dr Gous só aangedui het, sê  prof Viljoen: “We have been able to establish very good contact with them”.   Dit sê sowat alles wat gesê hoef te word: mnr. Dries Bruwer, KP-LP, president van die TLU, en dr Piet Gous, KP-LP en president van die VLU, was in hegte kontak met ‘n polities linkse wat ‘n aksie gevoer het om Afrikaners verset loos te laat onderwerp aan ‘n Kommunisties-beheerde Swart regering!

Wat daarop volg, is uiters interessant en baie belangrik.   Dit is:  “and (we) now need to implement with their support programs of action that will have the widest possible reach”.

Let wel: “with their support”, dit wil sê u en dr Gous was kop in een mus met prof Viljoen.  En dié samewerking was om programme van aksie deur te voer “that will have the widest possible reach” – sewe woorde wat onheilspellend dui op dinge wat die daglig nie mag sien nie,  omdat dit bedoel was om die volksverraad te bevorder.   Dit is hoe u te voorskyn tree uit die betrokke dokumente.   En dit was reeds in Maart 1992!

In September 1993 skryf dr Van Zyl Slabbert in ‘n brief aan ‘n Duitse instansie oor die program om Afrikanernasionalisme te ondermyn:  “Most likely persons involved: Afrikaner Volksfront – General Constand Viljoen, General Tienie Groenewald, General C. Visser, Dr Piet Gous, Mr. B. Bruwer (klaarblyklik D Bruwer).

So, waarmee u, genl. Tienie Groenewald en ander in die geheim besig was om onder leiding van IDASA Afrikaners in te lyf by die De Klerk-Slovo—Mandela-program, is nou in die openbaar.   Dit bring ‘n baie belangrike vraag na vore:  het u die goedkeuring van die TLU se gesagsliggame gehad toe u by hierdie linkse politieke gekonkel betrokke was?   Het u die TLU se gesagsliggame in u vertroue geneem toe u so ‘n belangrike rat in IDASA se Conservative Dialogue Programme geword het?  U skuld dié antwoord aan die boere wat u vertrou het en wie se vertroue u op dié wyse verraai het.

Uit u en ander se verraderlike verhouding met IDASA se politieke knoeiery is die Afrikaner  Volksfront (AVF) in Mei 1993 gestig, met die doel om IDASA se program in die guns van die NP-ANC-SAKP-politiek te laat vlot.   U het daarby ‘n sleutelrol gespeel, saam met veral genl. Tienie Groenewald, die selferkende outeur van De Klerk se Rooi Vrydag toespraak

Van 2 Februarie 1990 en tans u senatoriale kollega op die ANC-SAKP-soustrein.

Die stigting van die AVF was ‘n verraderlike daad om die doelstellings van Afrikaner vyande te bevorder.   Daarom was daar op die betrokke vergaderings ‘n totale afwysendheid om teen De Klerk ‘n veldtog te voer en Blanke verkiesings te eis ten einde in sy planne in te gryp en die verraad te stuit.   Dit was waarskynlik IDASA se voorskrif aan u en andere.

Deur die stigting van die AVF is dit moontlike gemaak vir militêre pensioenarisse om sonder meriete as politieke leiers aangewys te word, en tegelyk en selfs belangriker, leiersrolle te kry in die Boerekrisisaksie (BKA), sodat dié organisasie verhoed kon word om oor te gaan tot geweld teen die volks verraad.

U samewerking in die geheime IDASA-komplot het baie bygedra tot die uitverkoping aan die  ANC-SAKP en tot die gevolglike haglike toestand waarin die Afrikanervolk hom tans bevind en waarin sy taal onderdruk, sy skole vervreem, sy regte misken, sy eer aangetas en sy geskiedenis verdraai word.

Om saam te vat:

  • IDASA is gestig deur dr F van Zyl Slabbert, die voormalige leier van die linkse PFP(nou DP), die politieke tuiste van byvoorbeeld mev. Helen Suzman en mnr. Harry Oppenheimer en ander betuigde vyande van Afrikaner-nasionalisme.

 

  • IDASA is in die openbaar bestempel as ‘n front van die Nasionale Party (NP), soos andere deur dr.  Sipho Mzimela in die boek Marching to Slavery.

 

  • IDASA is gebruik om deur die Dakar- en ander ekspedisies die openbare proses aan te skakel waardeur die ANC en die SA Kommunistiese Party se verbanning opgehef kon word in die voorspel tot die vredesonderhandelings waardeur Suid-Afrika uitgelewer is aan ‘n Kommunisties-beheerde regime.

 

  • IDASA het deurgaans gedien om buitelandse invloed na Suid-Afrika te kanaliseer in hulle stryd teen Afrikaner-nasionalisme.

 

  • Vanuit dié agtergrond het IDASA die Conservative Dialogue Programme (CDP) geloods met dr Van Zyl Slabbert as die voorsitter van die Loodskomitee en ‘n voormalige kandidaat van die PFP (nou DP), prof Abraham Viljoen, as koördineerder, om regse politiek ten gunste van die De Klerk-Slovo-Mandela-agenda te beïnvloed en die volks verraad sonder geweld te laat verloop.

 

  • Prof Viljoen, broer van genl. Constand Viljoen en ‘n bekende linkse, het volgens die geskrifte wat hierin behandel word, getuig dat hy ‘n hegte verhouding met u en dr Piet Gous as president van onderskeidelik die TLU en die VLU opgebou het in die komplot om die landbou organisasies te gebruik om Afrikanernasionalisme te ondermyn en die ANC-SAKP se mag strewe te bevorder.

 

  • Soos hierin aangehaal, het prof Viljoen u en dr Gous se volle steun gehad om IDASA se programme van aksie te loods “that will have the widest possible reach”.

 

  • Die belangrikste van hierdie aksies was die stigting van die Afrikaner Volksfront in Mei 1993, waardeur beoog is om die hele regse politiek ingeskakel te kry by IDASA se agenda om die magsoordrag aan ‘n ANC-SAKP-regime verset loos te laat plaasvind. U het deur die TLU ‘n sleutelrol van verset teen De Klerk se politieke verraad en dit onder leiding van Militêre Pensioenarisse te stel waarvan een waarskynlik ‘n agent van die De Klerk-regering en/of ander instansies was(is).   Sy eie getuienis is dat hy deur Nasionale Intelligensie ondersoek was, klaarblyklik omdat hy as ‘n veiligheidsrisiko beskou is, en dat hy De Klerk se Rooi Vrydag-toespraak van 2 Februarie 1990 geskryf het.

 

  • Dit is dinge wat die Afrikanervolk moet weet. Die Afrikaners sal weer volkstrots en selfrespek hê wanneer hulle besef dat hull nie weens swakheid gekapituleer het nie, maar dat hulle verraai is deur mense wat deur hulle vertrou is.

 

As u die feite en afleidings hierin wil betwis, verneem ek graag spoedig van u, want dié saak moet verder geneem word.

Agtend die uwe,

JA MARAIS

LEIER VAN DIE HNP

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie