1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8529368

Besoekers aanlyn

Ons het 68 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

RASSISME EN DEMOKRASIE. WAT BETEKEN DIT IN VANDAG SE TERME?

Die AVP is van mening dat die tweeduisend-agthonderd twee-en-negentig lesers wat blootgestel was aan die bogenoemde artikel wat in Februarie 2011 op hierdie webblad verskyn het, nie naastenby genoeg was nie en pleit dat u wat nou weer hier lees dit wyd sal versprei in die lig van die ontwikkeling in Suid Afrika.

Die antwoorde per hedendaagse definisie  is kort en kragtig:

Rassisme is enige kritiek teen enige stommiteit wat die regime begaan.

Demokrasie is Swart Meerderheidsregering (Majority Rule). 

Wat dit vir die Blanke in die algemeen en vir die Afrikanervolk in besonder hier in Suid Afrika beteken, het veel meer om die lyf as bloot hierdie nuut geformuleerde definisies!  Gebeure in veral Libië waar Muamar Ghadafie verbete aan sy 41 jaar millitêrbeheerde bewind vasklou, hou vir ons ‘n les in. 

Military fighter jets fired live ammunition at protesters Monday as they marched on Ghadafi's Tripoli compound, eyewitnesses told Al Jazeera. There was no independent verification of the report.

The National Front for the Salvation of Libya, an opposition group, said in a CNN blog that Libyan helicopter gunships were firing into crowds of protesters.

Al Arabiya television reported 160 had been killed in clashes in Tripoli. Diè eg Afrika wyse van probleemoplossing, nl. Die gebruikmaak van uiterste geweld as ‘n middel om in politieke beheer te bly, is geruime tyd in Suid Afrika reeds sigbaar. Benewens die toenemende aantal geweldsmisdade wat teen blankes gepleeg word met die uiterste vorm van barbaarse wreedaardigheid, is daar oral tekens wat ‘n tendens aandui.

Namate Zuma sy betrokkenheid by die wapenskandaal, wat hom in dieselfde liga as Selebi en nou ook Cèle plaas, stil stil agterlaat en dus met groter vertroue en sonder vrees vir vervolging sy amp begin beklee, kom sy ware kleur ook meer na vore.

Blankes wat meegedoen het en steeds meedoen om die “Utopia” van die Reënboognasie te maak werk, en reeds berus en aanvaar het dat dit ons verantwoordelikheid is om daaraan deel te neem, se ontnugtering lê voor die deur!   Die sekerste bewys setel in die onbeheersde moorde, verkragtings en aanvalle op ons blankes.   Misdadigheid op die skaal wat dit in Suid Afrika gepleeg word, is nie moontlik behalwe as die owerheid dit doelbewus toelaat nie.

As Jeff Radebe, die “minister” van Justisie se somme oor misdaadstatestiek lyk soos diè van die matrieks wat ons in die laaste wiskunde olimpiade laaste in Afrika laat kom het, sou ‘n mens graag wou aanvaar dat dit bloot is omdat hy nie kan somme maak nie.   Feit is egter dat die doelbewuste wanvoorstellings deur manipulasie van die beskikbare gegewens dui op die toesmeer van die werklikheid wat nié, soos wat sommige koerante bespiegel, daarop gerig is om die “ministers”  van Justisie en Polisie goed te laat lyk nie maar doelgerig die volksmoord waarmee hulle besig is, toe te smeer!

As die verantwoordelike minister slegs 276 gevalle uit 47,322 neem en dan beweer dat daar 86% suksesvolle vervolgings was terwyl dit inderdaad minder as 1% is, behoort dít as misdadig bestempel te word!  Hy trek ‘n kombers oor die bloed en lyke en ontering van duisende slagoffers, tien maal erger as Ghadafi wat met helikopters, vegvliegtuie en ingevoerde swart huursoldate op betogers in Libië lostrek!

Maar wat sê Zuma?  Die “President” met wie “reggeaarde” Afrikaners wil onderhandel om ‘n stukkie van ons eie land terug te kry, hy moet net sê hoe groot en waar!   In sy repliek in die parlement sê Zuma dat die skade van apartheid op swart mense kan nie in ‘n skrale 17 jaar uitgewis word nie.  Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie gaan bly want die oposisie ken nie die letsels wat swart mense dra en wat alles oorblyfsels van apartheid is nie.  Ook die kleurlinge wat bekend is vir die gebruik van die woord “darkie”, kry ‘n frons van Zuma met sy opmerking dat die woord darkie nie mooi is nie.

Nou het Zuma self vooruit  die “reggeaarde “onderhandellaars geantwoord.  Nie ‘n Orania nie!   Nie ‘n afgebakende grondgebied waar grense getrek is nie, Afrikaners moet bereid wees om te deel waarin al die ander deel.   Die AVP, en in besonder my eie onkunde volgens die verduideliking van Andries Breytenbach van die HNP, word nou verwesentlik in ‘n “sielkundige tuiste” wat Zuma sê die Afrikaners moet gaan vind, want daar sal hy veilig wees.   Dít is die realiteit van die HNP en VVK se voorgenome onderhandelde volkstaat  wat diègene wat deur hulle oortuig is om daarin te glo, kan verwag!  ‘n “Sielkundige tuiste”!   Met ander woorde, niks, nul, in plein Afrikaans, bokkerol!

Dit was Jaap Marais wat gewaarsku het dat dit die liberaliste is wat ‘n saak vanuit omstandighede beredeneer.   Gister, vandag en móre sal dus drie verskillende standpunte verteenwoordig na gelang die omstandighede verander.   Dit het nou die skuilplek vir koersverandering geword, diè standpunt van Breytenbach dat  omstandighede nou anders is.   Hoor nou maar weer uit die “onkunde” van die AVP:   Daar is geen heil in onderhandelinge met die vyande van die Afrikanervolk nie!   Dit is behalwe vir al die ander geldige en logiese argumente wat u elders op die webblad kan gaan lees, ‘n oefening in vernedering en ‘n vertoon van gebrek aan selfrespek en geloof!

Neem kennis van gebeure in Noord Afrika en die Midde Ooste.  Suid Afrika sal dit nie vryspring nie.  Om die waarheid te sê, al die luukshede en arrogansie wat daarmee gepaard gaan, saamgelees met die wedywering tot die dood toe vir poste en plekke op die soustrein, wys reeds in verskeie gebiede soos nou weer in Ermelo die onrus wat daardeur opgewek word.

Die pad na vryheid vir die Afrikanervolk loop nie deur  onderhandelingskamers van die vyande van ons volk nie.  Nie oorsee nie, en ook nie hier nie!   Omstrede staatkundige oplossings veroorsaak slegs verdeeldheid en onderlinge wantroue.   Samewerking oor sake waaroor daar nie verskil word nie is die beginpunt vir die strewe na eenheid wat nodig is vir ons vryheidstryd. 

Rassisme sal nooit weggaan nie.   Ras as onderskeidingsfaktor is nie mensgemaak nie net so min as wat demokrasie majority rule is.   Albei begrippe wat deur omstandighede aangepas is om die gees van die tyd terwille te wees, word vandag teen die Afrikaner gebruik.   Die oorsprong daarvan bly egter vir ewig onveranderd en so ook die betekenis daarvan.  Die tyd om hierdie twee begrippe weer in hulle oorspronklike definisies en betekenis te herstel, is nie meer ligjare ver nie en vereis van ons meer as om op Afrikawyse met  omhaal van woorde jou bedoelings te versluier en nog probeer te kenne gee dat jy steeds staan by wat jy gister propageer het!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie