1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7445727

Besoekers aanlyn

Ons het 81 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

ANC SE "SKIET DIE BOER" MAAR VVK WIL ONDERHANDEL?

Die ANC-regime gaan nou ook toetree tot die hofgeding tussen Afriforum en Julius Malema oor die omstrede “Skiet die boer”-lied. Volgens die ANC is die lied deel van hulle erfenis en kan daar nie toegelaat word dat die lied verbied word nie. Afriforum was geskok oor hierdie stap, veral ook in die lig van die klaarblyklike toename in plaasmoorde.

Wat moet hierin gelees word? Alhoewel Willie Spies van Afriforum reg is dat so ‘n erfenis getuienis bied waarom anargie, wanadministrasie, korrupsie en geweld aan die orde van die dag is in hierdie land, gaan die saak baie verder as net dit. Dit getuig van die haat en wrok wat die ANC-terroris steeds vir die Blanke koester en daarmee saam die voortdurende begeerte om, selfs al is hulle vandag aan bewind en aan die roer van sake, steeds voort te gaan om die Blanke uit te moor in hierdie land.

Daarby getuig dit van wat in die hart van die ANC-regime leef. As moord en doodslag deel van jou kultuur en erfenis is, getuig dit van ‘n lae ontwikkelde kultuur en ‘n barbaarse inherente ingesteldheid. Ja, Bulalani Abathakati (maak dood die towenaar) van Dingaan leef steeds vandag in die hart van die swart geweldenaar en moordenaar. Niks het gevolglik verander nie. 

Dat die toenemende gewildheid van die ANC Jeugliga dalk vir die ANC-regime ‘n bron van kommer is, kon dalk ook ‘n rol gespeel het waarom die ANC nou wil toetree, maar feit bly dat om jou te skaar by ‘n duidelike wilsuiting om die Blanke dood te maak, om meer as net gewildheid gaan. Dit gaan oor wat in jou leef! Dit is verder ook duidelik dat die magte van geld wat agter die ANC- terroris sit, klaarblyklik geen probleem het met hierdie stap van die ANC nie.

Dit bring ‘n mens by waarskynlik die belangrikste van die saak: Waarom wil Afrikaners met hierdie ANC-gespuis onderhandel as hulle weet dat die regime net een doel voor oë het en dit is om die Blanke uit te moor? Waarom braaivleis en vergaderings hou saam met Zuma? Waarom die Kommunis nooi na jou kongres? Waarom gaan kruip by die moordenaar van ons volk vir ‘n stukkie grond terwyl jy weet sy woord is niks werd nie? Het Piet Retief se wrede moord aan die hand van Dingaan se impi’s dan nie ewigheidswaarde nie?

Ontwaak jy wat jou as Afrikanerleier voordoen, ontwaak! En as jy dan nie wil luister na vermanings soos hierdie nie, moet jou nie bekla as jyself as verraaier en meeloper gebrandmerk word nie. Want om by die pappotte van die moordenaar van jou volk aan te sit, is niks anders nie as verloëning van jou Witmanskap!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie