U is reg! Bly eerder weg!
Al wat ‘n voorvadergees is nadergetrek om hierdie verkiesing weer in ‘n oorwinning vir die ANC/SAKP te omskep. En alles dui daarop dat hierdie bangmaakstories nogeens gaan slaag! Dit sê natuurlik alles van die intelligensie van die gemiddelde ANC-kieser en ook van sy geloof en sy denke as hy deur sulke praatjies en die gebrek aan prestasie van sy eie party, steeds vir daardie party gaan stem. Vir die DA moet hierdie tendens, naamlik dat die Swarte maar elke keer weer vir die ANC gaan stem, natuurlik slegte nuus wees, want die DA het hulle op liberale waardes en die ontevredenheid van die kiesers in die algemeen beroep om ‘n bres te slaan in hierdie verkiesing.
Dit wil voorkom of die DA, ondanks ‘n reuse veldtog om Swart steun te kry, gaan misluk. Seker daarom dat die ANC so stellig is om te beweer dat hulle tot die Wederkoms sal regeer. Die verkiesing is dus maar net weer ‘n koppetellery. Dit gaan nie oor dienslewering en waardes nie, dit gaan oor swart en wit. Ja, dit gaan oor ras!
As dit dan waar is dat niks die Swarte kan oortuig om vir ‘n “beter” party te stem nie en Swartes hulle meerderheid gebruik om daarna te maak net wat hulle wil, wat is die nut van ‘n gestemmery? Waarom saam met die barbaar in ‘n tou staan net om te sien dat jou stem geminag word? Waarom jouself verder verneder in ‘n stelsel wat ten doel het om jou ten gronde te rig?
In hierdie proses speel die media natuurlik ‘n vername rol om die Blanke te oortuig om te stem. Dit ondanks onder meer oop toilette, slaggat paaie, vervalle hospitale, vrot water en ‘n politiek en land wat deurtrek is van Afrika onbevoegdheid. Die media se base moet geld maak, die gepeupel moet besig gehou word met nuttelose oefeninge soos verkiesings. Elke paar jaar word die “kiesers” soos skape aangejaag na die verkiesings krale – tot groot vermaak van die geldmagte!
Die Blanke moet dringend tot die besef kom dat sy kruisie geen betekenis in hierdie land het nie. Deur Blankes se deelname verkondig die ANC aan die wêreld dat die Blanke tevrede is met hierdie “demokrasie”, terwyl elkeen wat goed nadink oor die saak sal besef dat die ANC-regime nie ‘n flenter vir die Blanke omgee nie.
Voeg u dus eerder by die groeiende meerderheid en wees reg deur weg te bly!