'n Beduidende aantal afgevaardigde predikante en ouderling van die Hervormde Kerk het verklaar dat hulle hul distansieer van die Algemene Kerkvergadering se belydenis dat apartheid sonde is. Hulle het onderneem om die saak vir hulle gemeentes voor te lê vir beslissing. Daarna sal verdere optrede volg.
STEM TEEN DIE UITSPRAAK BY : http://www.steedshervormers.co.za/
By die pas afgelope Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika wou die vergadering nie 'n belydenis uitspraak maak oor die basiese kern geloofswaarhede van die maagdelike geboorte van Jesus Christus en die historiese gebeurtenis van Sy opstanding nie, en is dit vir verdere studie en interpretasie verwys. Daarteenoor het die vergadering tog kans gesien om 'n skuldbelydenis (soos deur die voormalige WARC voorgeskryf) onder aandrang van die dosente met 'n 58.6% stem te maak.
Die skuldbelydenis lees:
“Die 69ste Algemene Kerkvergadering maak in die lig van die 68ste Algemene Kerkvergadering se besluit dat dit verkeerd was om ‘n bepaalde regeringsbeleid (apartheid) goed te praat, onomwonde die uitspraak dat apartheid nie teologies geregverdig kan word nie. Die kerk verwerp sy regverdiging van Apartheid omdat dit:
Die vergadering beklemtoon die Bybels-teologiese aard van die verklaring.”