In wat sekerlik een van die beste Engelse briewe is aan ‘n redakteur van ‘n dagblad wat gevind kan word, het Gaye Derby-Lewis, die eggenote van Clive Derby-Lewis, vir Tim du Plessis behoorlik afgeransel.
In die brief, in keurige en voortreflike Engels, wat Shakespeare met instemming sou laat glimlag het, wys Derby-Lewis vir Du Plessis daarop met hoeveel minagting laasgenoemde behoort beskou te word. En die AVP stem heelhartig saam: Tim du Plessis verdien net die grootste veragting.
Nie net vir sy standpunt oor Clive Derby-Lewis nie, maar ook vir sy rol as skoothondjie van die internasionale geldmagte. Hoe lekker blaf en kwyl hy tog nie elke keer as hy gevra word om dit te doen nie! En hoe lekker lag die terroris en Kommunis nie vir die “nuttige idioot” (soos Lenin dit beskryf het) nie. Maar bowe alles: Hoe ver het hy homself nie verwyder van sy volk in die proses nie. Hoe ironies dus dat ‘n Engelse dame dit vir hom moet sê!
Ons is gelukkig nie almal so nie, mev Derby-Lewis, maar dan weet u dit. U en u man het u immers lankal by die vegtende Afrikanerdom geskaar. Vir julle stryd het ons net die grootste waardering. En saam met u het ons net die grootste mate van afkeur vir Tim du Plessis en alles wat hy (probeer) verteenwoordig. Hy sal nie die moed hê om die brief te plaas nie; nie slegs omdat sy meesters dit van hom verwag nie, maar omdat die eise van Afrikanerskap lankal vir hom te swaar geword het en hy boonop nie in staat is om sy man in ‘n geveg soos hierdie te staan nie.