1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8335100

Besoekers aanlyn

Ons het 122 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

AFRIKANERORGANISASIES EN DIE ANC

Media

Gepubliseer op 14 Junie 2017 | Geskryf deur Danie Varkevisser | | | Trefslae: 2386

Flip Buys en Gwede MantasheDit gebeur nou  gereeld dat daar gesprekke plaasvind tussen die ANC/SAKP regime en Afrikaanssprekendes waar dan los en vas van Afrikaners gepraat word asof hierdie Afrikaanspratende persone die Afrikaners verteenwoordig en dan namens die Afrikanervolk praat.

Laat ons nou ten enemale hierdie saak duidelik en onomwonde stel:  Die gesprekke wat plaasgevind het en weer, soos berig in Beeld van Vrydag 4 Maart 2011 tussen die Sekretaris-generaal van die ANC en  verteenwoordigers van wat genoem word, “tradisionele Afrikaner-organisasies, mag dalk aanspraak kan maak dat hulle namens die "Afrikaanses" praat, maar hulle praat ongetwyfeld nie namens die Afrikanervolk nie!  

Nie in enige voorafgaande gesprekke, nie in enige huidige gesprekke en beslis ook in géén toekomstige gesprekke het of sal hulle ooit namens die Afrikanervolk praat nie!   Die AVP distansieer hom van enige gesprek, onderhandeling en/of ooreenkoms wat hierdie sogenaamde  “verteenwoordigers”  met die onwettige, kommunistiesbeheerde swart meerderheidsregime bereik, ooreengekom of onderhandel het.

Die Afrikanervolk is bv. nie ‘n minderheidsgroep soos waarna Mantashe verwys nie.  Diégene wat na hulleself as ‘n minderheidsgroep verwys, werk met ‘n getalsbegrip waar ‘n minderheid noodwendig ondergeskik is aan ‘n meerderheid.  Die Afrikaners is nie ‘n groep nie!   Ons is ‘n volwaardige volk wat volgens elke volkeregtelike beginsel tot stand gekom het en deur die hele Wêreld as sulks erken, aanvaar, mee handel gedryf en ooreenkomste gesluit is.   Aan wie die Republiek van Suid Afrika behoort omdat dit die Afrikanervolk was wat hierdie land beskaaf, ontwikkel en tot ‘n Republiek onder die Engelse juk uit bestuur het met bekwaamheid en harde en

Botha gouvernment 1910

DIE EERSTE KABINET VAN DIE UNIE VAN SUID-AFRIKA.

Agter: J.B.M. Hertzog, Henry Burton, F.R. Moor, C. O'Grady Gubbins, Jan Smuts, H.C. Hull, F.S. Malan, David Graaff

Voor: J.W. Sauer, Louis Botha, Abraham Fischer

verantwoordelike werksmetodes onder die seënende hand van God! Beslis nie gesteel het van enige swart volk of ras nie! Praatjies van ons grond vat omdat ons dit van hulle gesteel het, is oorlogspraatjies! Oorlogspraatjies wat tot bloedvergieting gaan lei waarin baie van hulle onskuldige rasgenote wat saamgesleep word deur hierdie uiters onverantwoordelike en duidelik ondeurdagte propaganda sal sterf!

Elke tradisionele Afrikaner-organisasie wat soos die Nasionale Party en NG-Kerk geswig het onder internasionale druk en op verraderlike wyse ons Godgegewe erfenis op die mees diaboliese wyse denkbaar aan die kommuniste oorhandig het, het hulleself vervreem van die Afrikanervolk en kan nooit weer namens die volk praat nie.

Terwyl die land leeg gesteel en sy binnelandse inkomste vinnig en onomkeerbaar herverdeel word soos wat die Freedom Charter dit uitspel, sê Mantashe op eg Afrika wyse: “Afrikaners, moenie op jul heuwelkruin sit en opmerkings maak nie.   Reik uit en help jul mede-Suid Afrikaners boontoe”.   Amen! Hoor ek die AHI, Afrikanerbond, Agri SA, ATKV, NG-Kerk, SAOU, Fedsas en nog ‘n koor ander, sê! 23 Jaar lank het hulle geleentheid gehad om vir die wêreld te wys dat hulle instaat is om 'n eerstewêreldland te regeer en klaaglik gefaal! Hierdie doodgebore eksperiment van de Klerk en kie, op aandrag van die Internasionale Imperialiste wat duidelik soos voorspel, hulle hande op Suid Afrika wou lê vir die voordeel wat hulle daaruit kon kry ten koste van ons ganse Afrikanervolk was veragtelik.

Die Afrikanervolksparty verwerp dit met veragting soos wat die grootste gedeelte van die Afrikanervolk  dit verag, is ek oortuig van. Die bewys dat de Klerk en genote dit ook besef het is die feit dat hulle die referendum wat gehou moes word, vermy het! Net soos die hensoppers, Joiners, vredepraters en onderhandelaars van die verlede verag is, só word hulle deur die Afrikanervolk verag!   Gaan lees gerus Abert Blake se boek oor die teregstellings van Boereverraaiers tydens die Anglo Boereoorlog en begryp iets van die lesse uit die geskiedenis!   Julle praat namens julleself en julle word vinnig al minder soos wat die ontwaking van Nasionalisme in Europa en elders dit bevestig!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie