1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9806283

Besoekers aanlyn

Ons het 75 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAAROM RASSE INTEGRASIE NOOIT SAL SLAAG NIE

Blankes, en in besonder die Afrikaner blanke se standpunt oor misdaad is dat ’n mens nie steel omdat jy honger of werkloos is nie, maar omdat jy skelm is.

Die “president” van Suid-Afrika, Jacob Zuma, word op die voorblad van  Beeld van Woensdag 7 September 2011 aangehaal:  “Swart mense is werkloos en honger en dan beland hulle in die tronk.”

Op dieselfde bladsy, direk onder die bo-vermelde berig verskyn ’n opskrif wat lui,  “Polisiebeampte wat wag hou, besteel sy minister.”

Hierdie dief was nie werkloos óf honger nie maar in diens en het nie kos gesteel nie maar ’n selfoon en skootrekenaar.  Daarbenewens was hy nie ’n gewone swart man nie, maar ’n skelm wat paradeer as 'n geregsdienaar wat ander inwoners moet beskerm teen juis dit waaraan hy nou skuldig is en waarvan Zuma in die koor van onbeholpenes sing  dat hy werkloos en honger moes gewees het.


 

Dié soort van vergoeiliking van die misdaadspiraal wat besig is om met rasse skrede handuit te ruk omdat skelms voorgehou word as werkloos en honger, komende van die “president” van ’n land, spel niks goeds vir die toekoms van die ekonomies bedrywige deel van die bevolking nie.  In Amerika en Australie is 80 % van die tronkbevolkings swart.  Omdat hulle werkloos en honger is?  Die ou mense sou onomwonde vir jou gese het, perde@!... is nie droe vye nie!

Wolf in skaapsklere

As ons na die res van Zuma se rede by die spitsberaad vir swart sakelui kyk, dan hoor ons Malema praat en begryp ons onmiddellik, as ons daarop ingestel is, dat die tugstappe waarvan daar gepraat word, slegs bedoel is om ’n sluier te trek oor die ware oogmerke.  In wese self ’n stuk bedrieglikheid wat bedoel om te paai terwyl daar tyd gekoop word soos in Rhodesië, Mosambiek, Angola en Suidwes-Afrika.

Zuma se verder:   “Suid-Afrika se tronke is vol swart gesigte omdat swart mense nie geleenthede in Suid-Afrika het nie. Daar is baie min wit  gevangenis, want hulle is besig om sake te doen, maar ons het nie geleenthede nie.”

Dit is simptomaties van die swart ras om, terwyl hy wéét wat die probleem is, dit nie te erken nie maar die blanke die skuld te gee vir sy onvermoë en dan as oplossing die volgende katastrofale weg te volg:  “Ons sien nie dat swart mense of vroue groot fabrieke of myne besit nie.”   Hoor u Malema?  Ons is reeds 17 jaar lank ’n demokrasie.  Ons weet wat gedoen moet word………”

Maatskappye en die openbare sektor gaan gedwing word om ’n sekere persentasie van hulle aankope van plaaslike ondernemings onder swart beheer te doen en die fokus op SEB moet verdiep word.  Regstellende aksie moet verskerp word.

Of hierdie bedekte Malemapraatjies die jeugliga se vertroue in die ANC se topstruktuur gaan herstel is te betwyfel.  Of blanke sakelui verlief sal neem met verskerpte maatreëls om die Freedom Charter se oogmerk van ’n vinnige en onomkeerbare herverdeling van rykdom te bespoedig vir die korttermyn welwillendheid van die swart massa, is voorspelbaar negatief.

DIE TAFEL IS GEDEK

Dat die spanning tussen rasse aan die oplaai is, is onbetwisbaar en dan praat ek nie van bloot spanning tussen swart en wit nie.  Selfs die liberale DA wat die nageslag IS van die liberalisme van die vroegste tye, konsekwent  Afrikanernasionalisme beveg het, besef dat Zuma besig is om ’n skermmuur om homself en die Zuluvolk te bou en af te rond met sy keuse van regters vir die Regterlike Dienskommissie, wat nou vrugte begin oplewer met die aanwys van Mogoeng Mogoeng  as hoofregter.

Die potensiaal vir konflik is groot tussen die onderskeie etniese swartes, met internasionale spanning tussen Moslem en Jood wat in hierdie potpourri regime knoei vir ’n plek waarvandaan hulle na hulle eie kan omsien deur beïnvloeding van die beïnvloedbare opportunistiese swart regeringsamptenare.

Dat die blanke “melkkoei”  ten bloede toe gemelk gaan word, behoef nie uitermate hoe intelligensie nie.  Inteendeel, dit kan selfs op die vlak van die regime s’n, met ’n stok aangevoel word.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie