1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7441669

Besoekers aanlyn

Ons het 14 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

HERSTEL ONS, O HEER!

BybelPsalm 80:1-20

“O HERE, God van die leërskare, herstel ons;  laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!”  (:20).

Ons leef in ‘n samelewing waar baie min dinge funksioneer soos wat dit veronderstel is om te funksioneer.  Presies soos wat die Bybel ons leer dat dit met ‘n goddelose samelewing sal toegaan omdat die land van bo (staatkundig) sal vrot na onder.  Dit het dalk vir ‘n paar jaar gelyk asof die nuwe, goddelose, Suid-Afrika nie so erg is as wat aanvanklik deur die sogenaamde dwarstrekkers gewaarsku is nie.  Hierdie illusie was natuurlik van korte duur en noudat die samelewing in Suid-Afrika as ‘n geheel vrot raak weens sy afvalligheid en vervreemding van God, is mense heeltemal verward en raak selfs beangs oor dit wat aan die gang is in ons land.

Die gevolge van mense se roekelose en goddelose lewens het nou ons samelewing in ons eens trotse Suid-Afrika in ‘n modderpoel van sedeloosheid en morele verval laat beland.  Die arbeidsmag getuig lui buike wat verwag dat almal dieselfde vergoeding en behandeling moet kry, maar daar word nie ewe veel insette gelewer nie.  Hierdie is ‘n praktyk lynreg in stryd met die Evangelie en sal noodwendig armoede en ellende tot gevolg hê. 

Die mens word gevlei deur emosionele dwalinge dat hy/sy moet optree na gelang van hoe reg ‘n saak “voel”, ongeag wat die Bybel daaroor sê.  Dit veroorsaak dat die gevoel van wellus verwar word met liefde en het verbrokkelde huwelike en uitmekaargeskeurde gesinne tot gevolg wat ‘n volk swak maak in sy fondasie, aangesien die gesonde gesinslewe die boublokke van ‘n volk is.  Jongmense word wysgemaak dat hul ouers outyds is en derhalwe nie relevante raad aan hulle sal gee vir hul lewens nie.  Hierdie kommunistiese aanslag van die Satan veroorsaak dat menige jongmense hul lewens wegsmyt deur eerder na hul vriende se “relevante” raad te luister.  Dit is dan ook hierdie selfde “vriende” wat soos mis voor die son sal verdwyn wanneer die vet in die vuur is.

 

Ek kan aangaan met die lys van uitdagings en probleme van ons samelewing wat ons volk in die gesig staar, maar dit sal ‘n mens se moed tot in jou skoene laat sak.  Ons as mense het egter menige slim planne en oplossings om uit ons ellende te kom, maar ons moet onthou dat ons nie sonder God se hulp verlos kan word nie.  Ons volkslewe skreeu na geestelike genesing, wat die voorvereiste vir genesing van die uiterlike en derhalwe ons volk en land se toekoms is.  Ons kan die slimste planne, die mees nasionalistiese strewes uitdink en opstel, maar wat sal iemand met dit maak wat in ‘n modderpoel van sedeloosheid en morele verval is?  Daar sal geen waardering wees hiervoor nie.  Dit sal wees asof jy jou pêrels voor die varke gooi. 

Dit is weliswaar so dat menige volksgenote doodeenvoudig hulself nie sal bekeer van hul verkeerde weë nie en derhalwe die oordeel van ongelowiges sal ontvang.  Dit is so dat ons volk in ellende verkeer weens ons verkeerde weë en handelinge en ons verloëning van God in ons volkslewe, maar dit is weliswaar ook so dat God vir Homself ‘n oorblyfsel uitverkies het om Sy werk voort te sit en te volbring.  Dit voel menigmaal vir hierdie oorblyfsels (die bittereinders van ons tyd) onder ons volk wat weier om aan te pas by ‘n goddelose regering en samelewing se afvalligheid, asof ons tot vervelens toe moet luister na die wekroep dat ‘n volk homself moet bekeer.  Dit is omdat God se lankmoedigheid so bitter groot is en omdat Hy nie individue en ook ons volk se vernietiging begeer nie, maar ons bekering.  Dit is nie Sy Wil dat ons verlore gaan nie, maar dat ons onsself sal bekeer tot Hom.  Dit is egter ook waar dat Sy lankmoedigheid eendag tot ‘n einde sal kom, waarna daar nie ‘n tweede kans is nie. 

Daar is steeds menige volksgenote wat die beste van ‘n goddelose samelewing wil geniet, maar so louerig saampraat na die strewe van ‘n Godvresende volk, sonder om die opofferings te maak op die pad na laasgenoemde.  Dit is diegene wat God op hulle voorwaardes wil dien en nie op Sy voorwaardes nie.  Dit is diegene wie se lig sal skyn wanneer dit vir hulle gerieflik is, maar nie te alle tye nie.  Dit is diegene wat maar saampraat van ‘n samelewing en ‘n Godsvresende volk omdat hulle nie uitgesluit wil wees daarvan, sou dit ‘n werklikheid word nie.  Hulle wil egter ook nie in die huidige samelewing uitgesluit word nie.  In die proses om by ‘n Godvresende samelewing en volkslewe ingesluit te wil word, maar ook nie uitgesluit te word in ‘n goddelose samelewing nie, word die beginsels maar die enigste konstante wat blyk uitgesluit te word. 

Ons word in vers 9 van die gelese gedeelte herinner aan ‘n volk wat geplant is nadat hy deur God uit ‘n vreemde land gehaal is en nadat God nasies voor hierdie volk uitgedryf het.  Die Afrikaner is vir die behoud van die Evangelie van vrede gedurende die 16de eeu uit Europa uitgehaal en geplant aan die Suidpunt van Afrika nadat Hy nasies voor hierdie geringe volkie uitgedryf het.  Hy het vir ons plek gemaak sodat ons volk kon wortel skiet hier aan die Suidpunt van Afrika en kon groei tot ‘n trotse Republiek in 1961 wat die eer van ons volkwees aan Hom gegee het!  Was hierdie volk nie soos ‘n seun wat Hy vir Homself grootgemaak het nie?  (verw. :18).

In ‘n posisie van ballingskap in ons eie land weerklink die spotlied van menige ook op oor die behoudende Afrikaner van vandag wat besef het dat die Afrikaner se stryd veel dieper as net ‘n staatkundige stryd is, maar ‘n stryd om die behoud van die Christendom in ons land.  Nie net vra die goddelose soos in Psalm 137 van ons om ‘n lied te sing vir ons God nie, maar word ons uitgedaag om te probeer standhou teen die een goddelose vloedgolf na die volgende.  As die golwe nie is oor ons onderwysstelsel nie, is dit in ons kerke.  Die storms in die landbou, ekonomie en feitlik elke faset van die samelewing maak dit vir mense moeilik om volgens die behoudende waardes van die Skrif te leef, want dit is asof dit vir ‘n mens onmoontlik gemaak moet word om hiervolgens te leef. 

Ons is egter geplant om te skyn as ligte in ‘n donker wêreld en hoe donkerder die duisternis rondom ons, hoe helderder sal ons ligte skyn.  Mooi en opbouende artikels bemoedig ‘n mens, maar dit verander egter nie die huidige omstandighede nie, dit sit nie kos op die tafel nie, dit maak nie dat my kind verstaan waarom ek so streng is nie.  Dit is derhalwe belangrik dat ons sal besef dat ons egter wel oor die mag beskik om die omstandighede wat vir ons ondraaglik raak te kan verander met die krag van gebed.   Ons MOET vir ons volk bid, want watter ander wapens kan ons op die oomblik gebruik in ‘n stryd waar ons geestelik verpletter word? 

Die geskiedenis het alreeds bewys dat die Afrikaner op sy knieë is ‘n mag om mee rekening te hou, maar die God wat ons in waarheid aanbid en aanroep om hulp, ons herstel en ons Redder is, is nie bloot  ‘n mag nie,  Hy is die Almagtige!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie