1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953202

Besoekers aanlyn

Ons het 109 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

Die Kroon van die Lewe

 UIT DIE WOORD

OPENBARING 2: 8-11

 

EN skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het:

9   Ek ken jou werke en verdrukking en armoede — maar jy is ryk — en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ’n sinagoge van die Satan.

10   Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

11   Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

O Vader wat in die hemel is, gee dat ons tog sal let op U Woord, dat ons dit sal bestudeer en nie net lees nie. Dit sal verstaan, daaraan gehoorsaam wees sodat ook ons Afrikanervolk as ’n gemeente van U kan oorwin sodat ons deur die tweede dood nie skade sal ly nie en in aanmerking sal kom vir die kroon van die lewe volgens U welbehae, want aan U behoort die Koningryk, die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. In die Naam van ons Here Jesus Christus pleit ons by U, amen.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie