DIE MALEMA OPTOG VAN 27 EN 28 OKTOBER 2011
Die landswye gebede wat opgegaan het teen die potensiële gevaar van geweld met die Malema optog, behoort weereens vir die Afrikanervolk te wys waar ons krag vandaan kom! Vraag is net, wat maak ons met die ruimte en tyd wat God ons gun om te hergroepeer?
PSALM 2:1-12
1 WAAROM woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:
3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
4 Hy wat in die hemel woon, lag; die HERE spot met hulle.
5 Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:
6 Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.
7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
9 U sal hulle verpletter met ’n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot.
10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
11 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.
12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
Beskerm ons o Vader teen onsself en ons ongehoorsaamheid en ontvang ons dank vir die beskerming wat U ons weer wonderbaarlik verleen het sonder dat baie van ons dit besef!
Aan U bring ons al die eer en lof en dank van ons harte, in die Naam van U Seun en ons Middelaar wat vir ons by U intree met onuitspreeklike sugtinge. Amen.