1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10517209

Besoekers aanlyn

Ons het 38 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

MUNISIPALE ROWERKARTELLE WOEKER MET HULLE TALENTE

Newsday berig:Die AVP haal enkele stellings uit ‘n berig van Newsday aan om aan te toon dat die voorspelde tendens, waaroor deur verskeie Afrikaner politici, tydig gewaarsku was, nie net reg was nie, maar besig is om alle beskaafde norme te oortref!

Moor en roof neem toeMunisipale politieke rowers fokus op faksiegevegte, magsvergrype en eie gevestigde belange. Dienslewering is bysaak.

Die ouditeur-generaal het  opgemerk dat onreëlmatige uitgawes rofweg verdubbel het. (Voormalige adjunk Kommisaris van polisie vermoor terwyl hy besig was met hoë profiel ondersoek)

Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het verklaar dat die betrokke munisipaliteite sedert die 2022-boekjaar R145,21 miljard in onreëlmatige uitgawes opgehoop het.

Dit sluit R40,14 miljard in die 2025-boekjaar in, tesame met R118,13 miljard in ongemagtigde uitgawes en R24,12 miljard in vrugtelose en verkwistende besteding.

 

Ouditeur-generaal Tsakani Maluleke het lig gewerp op die oorsake van voortgesette swak oudituitkomste en munisipale mislukkings. Maluleke het verduidelik dat hierdie probleme teruggevoer kan word na volgehoue mislukkings in die aanspreeklikheidsekosisteem op verskeie vlakke.

“Rekeningkundige beamptes, senior bestuurders, burgemeesters en rade doen nie hul werk nie, of hulle is nie effektief in die uitvoering van hul pligte nie,” het die uitvoerende beampte van Business Leadership South Africa CEO Busi Mavuso gesê.

Sy beveel aan dat politieke partye die vermoë en integriteit van die kandidate wat hulle vir raadslid- en burgemeestersposte voorstel, voorkeur verleen.

“Ongelukkig het die grootste deel van die betrokke munisipaliteite soortgelyke oproepe wat vir meer as 10 jaar gemaak word, grootliks geïgnoreer,” het Mavuso gesê.

“Ondersteuning kan nie vir ewig wees nie. Iets moes gee, en nou moet aanspreeklikheid die prioriteit word.”

Dit dryf Suid-Afrika tot op die rand van wydverspreide munisipale ineenstorting, is hierdie “uitvoerende hoof” se waarneming na tien jaar! Die ander twintig jaar van mishandeling van gesag en verantwoordelikheid het tragies by haar verby geglip!

Wat egter slegter is, is die deelname van  blanke Afrikaanssprekendes uit die geledere van die DA en VF-positief! Hulle betrokkenheid projekteer Afrikaner teenwoordigheid tot nadeel van ons volk se vryheidstryd! Nie eers die sigbare vervulling van die kundigste politieke leier wat die wêreld opgelewer het se waarskuwings, was instaat om hulle tot nugterheid te bring nie! Siende blind en horende doof, ploeter hulle voort binne die soustrein se kompartemente, ten koste van ons volk se vryheid!

 

In die voortgang van de Klerk Stigting se verwerping van die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling, deur Solidariteit en Afriforum, gedy die nuwe beleid van magsdeling met toegang van die meerderheid tot alles wat die Afrikanervolk opgebou en instand gehou het. Hulle het alles in puik werkende toestand op ‘n skinkbord gekry en binne enkele jare tot ‘n rommelhoop verinneweer!

Die kanse dat die moslems hulle tande in die buit gaan kry met die swart regime se onbeheerste geldgierigheid, is baie groot. Des-nie- teen-staande word die beleid wat hulle aan bewind geplaas het, steeds deur hierdie politieke verdwaalde Afrikaners as ‘n oplossing beskou en ondersteun.

Die verdeeldheid wat nou in ons volk hoogty fier sal noodgedwonge gestuit moet word indien ons as ‘n volk wil bly voortbestaan!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie