1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10056381

Besoekers aanlyn

Ons het 41 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

CYRIL OF NIE-CYRIL

Klaas WaarseggerWat maak dit nou eintlik saak? Daar is nog vele “onskuldige” swendelaars in die parlement om hom op te volg. Die DA en VF+ het ons land verswendel vir ‘n Afrika tipe demokrasie wat gepaard gaan met lieg, bedrieg, menseregte skendings, rassehaat, wetteloosheid ens, ens. Viva rassisme viva!!

Paradoksaal verwys die DA en VF+ na die 1994 verkiesing as die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika. Wat hulle ook nie vir jou sȇ nie, is dat die Slovo grondwet vereis dat blankes polities en ekonomies verwurg moet word. Volgens die DA en VF+ is die nuwe grondwet (neem in ag grondroof) van wêreld gehalte.

Jy moet jou geensins bekommer oor die aanhitsing van “kill the farmer, kill the boer” nie, want die howe het besluit dit is vatsoenlik volgens die revolusionere demokrasie van die nuwe Suid-Afrika, ongeag al die veelvuldige plaasmoorde. Dit is ook so bevestig in Trump se kantoor waar Versteenhuisen ‘n sekondant was.

Die illusie van ‘n funksionele staat in hierdie land ly steeds net ‘n illusiel, terwyl die RNE hulself besig hou met vrugtelose beloftes van ‘n utopie verpak in ‘n pikswart ironie wat gaan neerdaal as jy vir hulle gaan stem. Jy moet innerlik verdwyn as ‘n Afrikaner en ‘n Afrikaan word soos die VF+ dit stel.

Dit is skokkend dat die RGN se polisie ‘n rooftog geloots het op hul eie wapenmagasyn en gewere, ammunisie asook dwelms gebuit het. Volgens die Madlanga Kommissie weet ons dat hierdie wapens dan verkoop word aan mede kriminele en ook gebruik word in sluipmoord aanvalle teen fluitjieblasers. Die Judasboere (DA en VF+) sit hand om die blaas met hierdie regime se mense in die RGN. Moet ons nou genadig wees teenoor ons eie mense wat ingekruip is in die nes van ‘n genadelose vyand, wat ons nasie en land verwoes.

Hierdie mense se politieke misleiding behels doelbewuste verdraaiing van feite, oneerlikheid, korrupsie en manipulasie van gebeurlikhede. Dit ondermyn demokratiese instellings en skep ‘n kultuur waar magswellus en beheptheid bo die welsyn van ons land en ons volk gestel word, en pleeg sodoende ‘n misdaad teen die mensdom.

Dink maar aan die gestelde droompakt (moonshot) van die DA en VF+ voor die vorige verkiesing, en hul dans van die duiwel se koalisie met die ANC na die verkiesing.

As jy die beginsels van die Batho Pele lees, wat by elke Munisipaliteit opgeplak is, sal jou gal opstoot tot in jou keel. Ten laaste, anker jou hart en Afrikaner strewe in die onvervreemde reg van selfregering. Die “Parlementêre buffels het lankal reeds gestruikel.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie